TRACKLISTING
1) This Morning
2) Mors [extended version]
3) Jy's In My Bloed (ft Glenda Millar) [video edit]
4) Iewers
5) Electric (ft Nathi Louw) [single edit]
6) Gee Voor Jy Groet
7) Verslaaf [2015 Remix]
8) Dis Elektries (ft Yolandi)
9) Vlieg (duet met Yolandi)
10) Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix)
11) Kom Red My
12) Jy's In Paradys (ft Slay)

ALBUM CREDITS:
• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (12) musiek ook deur Algorrid3m.
• Opgeneem tussen Jun 2003 en Aug 2015.
• Opnames gedoen by Air Studios (1, 3, 5, 7, 10), Shilling Fox (9), AdRock Studios (2, 4, 6) Barend du Plessis (8), Pieter de Bruin (8), Marc Skarda (12) en Sesalos (11).
• Finale produksie en meng deur Bernie Millar (1, 3, 5, 7, 10), Marc Skarda (12), Shilling Fox (9), Renier Henn (2, 4, 6).
• Remixes behartig deur Arnaldo Suarez (10) en Egmond (7).
• Oorspronklike produksie en programering deur Egmond (8, 10), Thabang Makoe en Kgotso Shomang (5), Sandy Robbie (9, 11).
• Addisionele produksie en programering deur Sandy Robbie (12).
• Agtergrond stemme deur Glenda Millar (1 & 3).
• Agtergrond stemme deur Esti Henn en Marisela (6).
• Agtergrond stemme deur Marc Skarda (12).
• Kitaar deur Sandy Robbie (1, 3, 5, 7, 10, 12).
• Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg.
• DJ Slay / Algorrid3m verskyn op Jy's In Paradys.
• Nathi Louw verskyn op Electric.


INLIGTING

UITGEREIK 19 AUGUSTUS 2015
1 DOSYN - GROOTSTE TREFFERS

Na 'n "dosyn jare" in die industrie, maak Egmond sy buiging met 'n versameling van sy grootste treffers tot dusver (let wel nie almal nie, bygesę!) op die album 1 Dosyn. Sę Egmond "My 12 jaar herdenking in die musiek industrie het voorgelę en wat 'n beter manier om dit te vier deur 'n Grootste Treffers album uit te reik!!! Aangesien daar alreeds 3 singles vanaf die Vuil Wasgoed EP uitgereik was, en verskeie ander nuwe snitte nog in produksie was vir die opvolg EP Nog Vuil Wasgoed, was daar meer as genoeg materiaal om in te sluit op die album."

Die 12-stuk album skop af met sy debuut 2003 opname This Morning, en word gevolg deur 'n string bekende snitte en voorheen onbeskikbare juwele, insluitende die house-treffer Electric (ft Nathi Louw) (wat naas This Morning nog nie voorheen op enige Egmond-album beskikbaar was nie), 'n spesiale single-edit van Verslaaf en Jy's In Paradys, 'n nuwe weergawe van die 2014 treffer Paradys (ft Slay). Die musiek video van Jy's In Paradys en die single is op 1 Junie 2015 uitgereik. Verslaaf is uitgereik as die 2de single vanaf die album ook in Augustus en sy promosie video is in Julie 2015 bekend gestel.

Wat die album ook uniek maak is dat die versameling bestaan uit verskeie voorheen onbeskikbare weergawes van verskeie liedjies (soos die musiek video weergawes, oorspronklike asook langer weergawes, en nog vele ander). Die album se loop orde is ook chronologies gerangskik, en lys die musiek soos wat dit voltooi was deur die jare.

Die album vier die kunstenaar se loopbaan vanaf 2003 tot 2015 en sal menige aanhanger in ekstase hou. Die promosie video vir die album is in 2016 aanlyn beskikbaar gemaak.


SINGLES

© 2018 Egmond.