OPKOMENDE CD

WORD UITGEREIK VROEG 2018
SIRKUS APPLOUS



Egmond se tweede grootste treffers album, Sirkus Applous, is 'n versameling van sy mees populerste treffers wat uitgereik is as enkelsnitte tydens sy loopbaan wat strek vanaf 2003 tot 2017.

SÍ Egmond, "Dit was altyd die plan om Sirkus Applous uit te reik na die Vuil Wasgoed album. Daardie projek het toe anders uitgedraai en 1 Dosyn se verskyning (om Egmond se eerste 12 jaar in die industrie te vier) het die Sirkus Applous album op ys gehad tot na die verskyning van Nog Vuil Wasgoed in 2016."

Die Sirkus Applous projek is saamgestel asof dit 'n splinternuwe studio album is wat Egmond se onmiskenbare klank sou verteenwoordig. Die album sluit sy grootste treffers in, asook die nuwe liedjie Koebaai en Better Days, 'n Engelse weergawe van die snit Paradys. Iets baie unieks aan die album is die insluiting van die musiek video weergawe van die 2016 Remake van Dis Elektries wat met Yolandi spog. Die album het 'n totaal van 3 liedjies waarop die sangeres sing.

Die album titel Sirkus Applous het Egmond uitgedink in 2013 kort nadat hy verlief geraak het op Lady Gaga se liedjie 'Applause'. Egmond is self 'n groot Britney Spears aanhanger, en haar album 'Circus' was op sy lessenaar toe hy die 2 bymekaar gesit het in 'n titel wat hy geweet het hy eendag wou gebruik. "Dit is die regte titel vir die album wat my musiek loopbaan in twee woorde vasvat - 'n holderstebolder ervaring van 'n skouspel wat menige aanhangers gekweek het!" Die titel word ook ingesluit in die lirieke van Koebaai. Vir eers, 'n buiging gevolg deur 'n rondte sirkus applous...





TRACKLISTING
1) Kom Red My [2015 Remake]
2) Koebaai
3) Better Days (with Algorrid3m)
4) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
5) Dis Elektries (ft Yolandi) [2016 Remake]
6) Gee Voor Jy Groet
7) Vlieg (duet met Yolandi)
8) Iewers
9) Melkweg ReŽnboog
10) This Morning
11) Brug Lelies (ft Yolandi)
12) ReŽn (Aan Die Brand Steek) [2016 Remake]




SINGLES




VIERDE ALBUM

UITGEREIK 31 AUGUSTUS 2016
NOG VUIL WASGOED



Die opvolg op Egmond se derde studio album, Vuil Wasgoed, is die 7-stuk album Nog Vuil Wasgoed. Vuil Wasgoed was oorspronklik beplan as 'n 10 of 12 stuk album maar is later in twee gedeel omdat dit te lank geneem het om te voltooi. Snitte wat nie betyds gereed was vir die Vuil Wasgoed uitreiking nie is gebÍre vir die tweede helfde van die album wat gedoop is Nog Vuil Wasgoed.

Na die uitreiking van die 4-stuk EP Vuil Wasgoed, is die Grootste Treffers album 1 Dosyn uitgereik in 2015. Een van die beplande Nog Vuil Wasgoed snitte, Jy's In Paradys, is daar ingesluit om die drie projekte te koppel. Naas hierdie snit was die sogenaamde tweede helfde van die projek nie veronderstel om enige 'ander' of nuwe weergawes van bestaande snitte in te sluit nie. Liedjies wat destyds bekend gemaak was vir die album (naamlik SÍ Nou, Papparazzi en Een Ding wie se demos op die iTunes Connect Demos album verskyn) het agtergebly weens die reaksie op DJ se transformasie in die studio.

"Ek was so in my skik daarmee dat ek besluit het om Kom Red My en ReŽn (Aan Die Brand Steek) ook weer te laat opneem want skielik het ons die regte klank gehad wat ek envision het vir die Vuil Wasgoed album. Ongelukkig moes party snitte agterbly weens die besluit maar dit was beslis die regte een," sÍ Egmond. "As ek nie destyds DJ onttrek het van die Vuil Wasgoed EP nie sou hierdie produk nooit bestaan het nie. Die nuwe weergawes / remakes het die album tot sy volle reg gebring. En al het dit 5 jaar geneem om tot hier te kom is ek baie trots op Nog Vuil Wasgoed. Dis beslis my beste album nog."

Die promosie video / advertensie van Nog Vuil Wasgoed is in mid September 2016 op You Tube uitgereik ter bemarking van die album en het 'n voorsmakie van die opkomende ReŽn (Aan Die Brand Steek) [2016 Remake] musiek video ingesluit asook 'n snippet van die Nog Vuil Wasgoed-weergawe van die Vlieg (duet met Yolandi) musiek video wat laat in September 2016 op You Tube uitgereik is.





TRACKLISTING
1) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
2) Jy's In Paradys (ft Slay)
3) Melkweg ReŽnboog
4) Kom Red My [2015 Remake]
5) Vlieg (duet met Yolandi)
6) Paradys (ft Slay)
7) ReŽn Aan Die Brand Steek [2016 Remake]








SINGLES



DERDE ALBUM

UITGEREIK 4 OKTOBER 2014
VUIL WASGOED



Vuil Wasgoed se titel is reeds in 'n 2008 onderhoud bekend gemaak nadat die vraag gevra is oor wat die toekoms inhou na die debuut album. Egmond se antwoord was dat hy "reeds besig was om te werk aan die opvolg album Vuil Wasgoed." Drie jaar later, in 2011, is Vlieg, die eerste single vanaf Vuil Wasgoed, uitgereik. Die duet met Yolandi was 'n top 5 treffer in 2011/12 op Uitsaaines.

Egmond vertel dat hy 'n hele klompie liedjies geskryf het vir die album. SÍ Egmond, "Kort voordat verdere opnames in 2012 sou begin het, het ek verhuis en moes die album nuwe wortels skiet in Natal. Dit was een van die redes hoekom die album so lank geneem het om te voltooi." Opnames het eers weer in 2013 gevolg. Kom Red My, die tweede single, was in September 2013 opgeneem en uitgereik as die opvolg enkelsnit. Die musiek video wat in Oktober gepremiere het op Channel24.Co.Za het baie aandag getrek op sosiale netwerke met meer as 11 000 kykers op You Tube.

Ten tyde van die album opname het Egmond se paaie gekruis met die van EDM meester Slay, aka Algorrid3m. Die kunstenaars het twee liedjies opgeneem, waaronder Paradys in Julie 2014 uitgereik is as derde single vanaf die album. Die ballade ReŽn Aan Die Brand Steek is opgeneem in Augustus 2014, dieselfde dag as die treffer DJ. Laasgenoemde sou oorspronklik die Vuil Wasgoed album geopen het, maar daardie weergawe was nie sterk genoeg nie en is dit op die laaste oomblik weggelaat.

Aangesien die album reeds vertraag was met 2 jaar, is die besluit geneem om 'n EP uit te reik op 4 Oktober 2014. Die 4 voltooide snitte was volgens Egmond sterk genoeg om 'n los-staande EP te vorm. Daar was afgekondig dat die balans van die album, naamlik DJ en Melkweg ReŽnboog, later uitgereik sou word op 'n opvolg suster-EP, getiteld as Nog Vuil Wasgoed.

In Februarie 2016 is 'n Deluxe weergawe van Vuil Wasgoed uitgereik. Dit sluit die demo weergawes van Melkweg ReŽnboog en DJ in asook ander weergawes van beide Paradys en ReŽn Aan Die Brand Steek.





TRACKLISTING
1) Kom Red My
2) Vlieg (duet met Yolandi)
3) Paradys (ft Slay)
4) ReŽn Aan Die Brand Steek
5) Melkweg ReŽnboog - Demo **
6) DJ (ft Slay) - Demo **
7) Paradys (ft Slay) - Extended Version **
8) ReŽn Aan Die Brand Steek - Version 2 (ft Marc Skarda) **
9) Kom Red My (Vocal Up Remix) **
10) Vlieg (ft Yolandi) - Acapella **

** Deluxe Edition only bonus track








SINGLES



DEBUUT ALBUM

UITGEREIK 17 OKTOBER 2011
ONGEVRAAGDE "HELLO"



Egmond se 10 stuk debuut album is opgeneem tussen 2003 en 2011. Die album se sukses is te danke aan die musiek video van Gee Voor Jy Groet, die eerste single, wat op ASTV begin draai het in Maart 2010. Die album het nog 'n groter treffer opgelewer, Dis Elektries featuring Yolandi, wat vir 8 weke lank nommer een was op Uitsaaines. Die uitstekende videos vir Iewers, Mors en V'more is geprys vir hul spesiale effekte. Die album het, soos wat die musiek video treffers uitgereik was tussen 2010 en 2011, gegroei na 'n volwaardige meesterstuk in sy eie reg. Watter kunstenaar kan spog met 8 treffers op net een album? (10 as jy die ander 2 latere uitreikings ook in tel!)

'n Gratis EP van die album was uitgereik in 2007 en het 5 liedjies bevat. Die eerste enkelsnit wat uitgereik was vanaf die album was Gee Voor Jy Groet en is gevolg deur die solo weergawe van Brug Lelies in 2008. Egmond het in 2008 die album uitgetoets aan die publiek deur radio onderhoude te voer. Verskeie snitte is ook gespeel op stasies regoor Suid-Afrika. Daar was slegs 50 van die album samplers gedruk in 2008 en is vandag 'n raar versamelaars item. Weens die goeie reaksie op verskei snitte en goeie raad deur verskeie bekendes in die industrie, is die vrystelling van die album teruggehou en die album is van 2008 tot 2011 verder aan gewerkskaf.

In 2009 het Egmond sy eerste nommer een treffer gehad - die dans nommer As Jy Wil, wat die mees gewildste download op die webwerf Wildhorse.Co.Za was in Januarie van daardie jaar. Verskeie enkelsnitte is uitgereik op Channel24.Co.Za, waarvan 'n promosie snit van Verslaaf ook deel was. Die snit Dis Elektries is in 2010 weer opgeneem vir die album as 'n duet met Yolandi, en die paar het weer in 2011 dieselfde gedoen met die treffer Brug Lelies wat laaste voltooi was vir die album. Die solo weergawe van Brug Lelies, asook die alternatiewe weergawe van Dis Elektries (herdoop as "Deel 2"), is ingesluit op die Ongevraagde "Ritmes" album.

Die meerderheid van die album is opgeneem by Bernie Millar van AIR Studios. Nog opnames is gedoen deur Renier Henn, Barend du Plessis, Yolandi van Deventer, Pieter de Bruyn en Egmond. Die talent van Nathi Louw, Tshepo Mohapi, Esti Henn, Marisela en 2 lede van die kult groep Clout (Glenda Millar en Sandy Robbie) is op verskeie van die liedjies gebruik.

Die debuut album was in Desember 2011 in Musicco winkels uitgereik vir 'n beperkte tydperk en is sedertien slegs op digitale platforms beskikbaar. In 2015 en 2016 is al die enkelsnitte ook uitgereik op iTunes met verskeie b-sides en demos as deel van die album se 5-jaar herdenking. 'n Spesiale remake van Dis Elektries het gevolg in Oktober 2016, terwyl 'n remix van Gister ook uitgereik is op iTunes Connect.





TRACKLISTING
1) Mors
2) V'more
3) Gee Voor Jy Groet
4) As Jy Wil
5) Dis Elektries (ft Yolandi)
6) Iewers
7) Gister
8) Jy's In My Bloed
9) Verslaaf
10) Brug Lelies (ft Yolandi)








SINGLES





NUWE ALBUM

UITGEREIK 23 NOVEMBER 2017
LIGHTS BLINDING



Egmond se eerste Engelse (mini) album, Lights Blinding, is 'n versameling van al sy Engelse opnames, met die nuwe single Better Days aan't hoof van die EP.

Volgens Egmond het die album amper nie gebeur nie, maar dat Better Days die hele versameling saam gegroepeer het en na 'n eerste playback het die album vorm gekry. Die titel is te vinde in die lirieke van Better Days. Die album bevat ook 'n voorheen onbeskikbare snit, Proudly African, wat Egmond in 2007 opgeneem het. Die agtergrond stemme was 3 van sy kollegas, nl. Pumi, Kefilwe en Sonto. (Die liedjie was oorspronklik opgeneem as 'n jingle vir 'n winkelgroep maar is vir die album insluiting aangepas en ietwat verander.)

Die album sluit ook sy ander twee Engelse enkelsnitte, This Morning en Electric (ft Nathi Louw) in. 'n Alternatiewe weergawe van Better Days verskyn ook op die album. Hierdie weergawe bevat die oorspronklike intro van die Algorrid3m Remix wat later verander in die standaard single weergawe.

Die album is opgeneem in 2003, 2007 en 2017 en sou oorspronklik reeds in 2014 uitgereik geword het, maar Better Days was destyds op sy geplaas om plek te maak vir die Afrikaanse weergawe daarvan, nl. Paradys. Drie jaar later is die liedjie voltooi soos oorspronklik beplan en het die album finaal vorm gekry. Bernie Millar het gesorg vir opnames vir This Morning, Electric en Proudly African, met kitaar op die eerste twee snitte deur Sandy Robbie. Sandy Robbie het die produksie van Better Days gehandhaaf terwyl die oorspronklike produksie van die liedjie die werk is van die briljante kunstenaar Algorrid3m.





TRACKLISTING
1) Better Days (ft Algorrid3m)
2) This Morning
3) Electric (ft Nathi Louw)
4) Proudly African
5) Better Days (ft Algorrid3m) - Alternate Intro








SINGLES




TREFFERS ALBUM

UITGEREIK 19 AUGUSTUS 2015
1 DOSYN - GROOTSTE TREFFERS



Na 'n "dosyn jare" in die industrie, maak Egmond sy buiging met 'n versameling van sy grootste treffers tot dusver (let wel nie almal nie, bygesÍ!) op die album 1 Dosyn. SÍ Egmond "My 12 jaar herdenking in die musiek industrie het voorgelÍ en wat 'n beter manier om dit te vier deur 'n Grootste Treffers album uit te reik!!! Aangesien daar alreeds 3 singles vanaf die Vuil Wasgoed EP uitgereik was, en verskeie ander nuwe snitte nog in produksie was vir die opvolg EP Nog Vuil Wasgoed, was daar meer as genoeg materiaal om in te sluit op die album."

Die 12-stuk album skop af met sy debuut 2003 opname This Morning, en word gevolg deur 'n string bekende snitte en voorheen onbeskikbare juwele, insluitende die house-treffer Electric (ft Nathi Louw) (wat naas This Morning nog nie voorheen op enige Egmond-album beskikbaar was nie), 'n spesiale single-edit van Verslaaf en Jy's In Paradys, 'n nuwe weergawe van die 2014 treffer Paradys (ft Slay). Die musiek video van Jy's In Paradys en die single is op 1 Junie 2015 uitgereik. Verslaaf is uitgereik as die 2de single vanaf die album ook in Augustus en sy promosie video is in Julie 2015 bekend gestel.

Wat die album ook uniek maak is dat die versameling bestaan uit verskeie voorheen onbeskikbare weergawes van verskeie liedjies (soos die musiek video weergawes, oorspronklike asook langer weergawes, en nog vele ander). Die album se loop orde is ook chronologies gerangskik, en lys die musiek soos wat dit voltooi was deur die jare.

Die album vier die kunstenaar se loopbaan vanaf 2003 tot 2015 en sal menige aanhanger in ekstase hou. Die promosie video vir die album is in 2016 aanlyn beskikbaar gemaak.





TRACKLISTING
1) This Morning
2) Mors [extended version]
3) Jy's In My Bloed (ft Glenda Millar) [video edit]
4) Iewers
5) Electric (ft Nathi Louw) [single edit]
6) Gee Voor Jy Groet
7) Verslaaf [2015 Remix]
8) Dis Elektries (ft Yolandi)
9) Vlieg (duet met Yolandi)
10) Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix)
11) Kom Red My
12) Jy's In Paradys (ft Slay)








SINGLES




TWEEDE ALBUM

UITGEREIK 30 NOVEMBER 2012
ONGEVRAAGDE "RITMES"



Een middag in Junie 2012, terwyl Egmond 'n tweet uitgestuur het oor demos waarop hy afgekom het, word die idee vir die Ongevraagde "Ritmes" EP gebore. "Na die debuut album het werk begin vir die opvolg studio album Vuil Wasgoed. Maar ek het skielik verhuis kort nadat die eerste single vir daardie album uitgereik was. Planne vir die verdere opnames van Vuil Wasgoed was onverwags vir 'n wyle op ys geplaas en ek was baie depressief daaroor."

"Ek het toe op 'n dag afgekom op 'n boks vol demos." 'n Handjie vol ongebruikte en alternatiewe weergawes van snitte op die debuut album het Egmond se oog gevang en gesmeek om bekend gestel te word. Na 'n klomp e-posse Suid Amerika toe vind die EP vorm en word Ongevraagde "Ritmes" in Julie 2012 aangekondig op Facebook as 'n nuwe opkomende uitreiking.

Die eerste single wat uitgereik was heet Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix). Die liedjie verskyn in 2 vorms op die EP. 'n Tweede single, Jy's In My Bloed, spog met die stem van die superster Glenda Millar van Clout. Die idee van die EP was om luisteraars 'n alternatiewe kyk te gee op die debuut album. Ongelooflik, wat oorspronklik deel sou vorm van die debuut album maar later verwyder is, rond die 6-stuk EP af wat bestaan uit 'ander' weergawes van Egmond se liedjies wat nog nooit voorheen beskikbaar was nie.

Die "Deel 2" van Dis Elektries is 'n solo 'house' weergawe wat reeds in 2007 opgeneem is, maar onttrek is van die debuut album nadat die snit in 'n duet verander is met Yolandi. Nog 'n snit wat aandag trek op die album is die insluiting van die voorheen onbeskikbare solo weergawe van Brug Lelies. Na die sukses van Dis Elektries (feat Yolandi) het 'n nuwe weergawe van Brug Lelies verskyn op die album met Yolandi ook deel daarvan. Die juweel het dus verdwyn vir 'n tydjie maar het te danke aan die Ongevraagde "Ritmes" EP uiteindelik sy plekkie in die son gekry.





TRACKLISTING
1) Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix)
2) Dis Elektries [Deel 2]
3) Jy's In My Bloed (ft Glenda Millar)
4) V'more [Extended Weergawe]
5) Brug Lelies [Solo Weergawe]
6) Ongelooflik (Ruddha.Com Mix)








SINGLES



ANDER SINGLES

NON ALBUM RELEASES




© 2017 by Egmond.