ARGIEWE

25 DES '17
MELKWEG REňNBOOG MUSIEK VIDEO



Die nuwe video word offisiŽel uitgereik op Kersdag. Egmond stel 'n splinternuwe musiek video bekend vir sy enkelsnit Melkweg ReŽnboog. Die video, wat geinspireer is deur 'n Natalie Imbruglia musiek video waar sy self die kamera vashou, is op Kersdag uitgereik op YouTube. Aanhangers kon die video eksklusief op Egmond.Co.Za sien 'n paar dae voordat dit uitgereik was op YouTube op 25 Desember 2017.





12 DES '17
THIS MORNING KERS-WEERGAWE VERRASSING



'n VroeŽ Kerskous vir almal. Egmond se debuut 2003 opname, This Morning, is nou uitgereik in 'n Kers-weergawe met die subtitel Christmas For The Broken-Hearted. Die enkelsnit gaan gepaard met 'n "xmasized" weergawe van die oorspronklike musiek video. Kyk hier na die musiek video op YouTube.






30 NOV '17
BETTER DAYS MUSIEK VIDEO VRYGESTEL



Die video is 'n effek-gedrewe clip. Better Days se offisiŽle musiek video is vandag op Egmond se YouTube blad bekend gestel. Die 80's-inspired video bevat verskeie ander elemente van die era, onder andere video speletjies en Japanese animť effekte.





23 NOV '17
LIGHTS BLINDING ALBUM UITGEREIK



Engelse 5-stuk EP uitgereik vandag. 'n Week voor die uitreiking van Better Days se musiek video word Egmond se eerste Engelse album getiteld Lights Blinding uitgereik op iTunes en ander digitale platforms. Kyk hier na die promosie video op YouTube.






2 NOV '17
BETTER DAYS REMIX UITGEREIK



Die nuwe single kry ook 'n Algorrid3m remix. Egmond se nuutste enkelsnit Better Days, saam met EDM kunstenaar Algorrid3m, is uitgereik vandag in 'n spesiale remix weergawe op iTunes en ander digitale platforms. Die enkelsnit bevat 'n radio-vriendelike weergawe en ook 'n extended 7 minute lange mix. Volg Algorrid3m op Facebook hier.






31 OKT '17
'N ONGELOOFLIKE HALLOWEEN CELEBRATION



Die Ongelooflik remix kry 'n video vir Halloween. Egmond se 2012 Halloween enkelsnit, Ongelooflik word vandag op Halloween (en boonop die single se 5de herdenking!) weer uitgereik op YouTube in 'n remix vorm. Die Ruddha.Com remix, wat alreeds in 2009 voltooi is, maar eers in 2012 op die album Ongevraagde "Ritmes" verskyn het, kry vir Halloween 'n musiek video!





13 OKT '17
BETTER DAYS ENKELSNIT & LYRIC VIDEO UITGEREIK



Nuwe single uitgereik op iTunes terwyl lyric video spog met He-Man, She-Ra en ThunderCats. Better Days, die nuwe enkelsnit met Algorrid3m, is vandag bekend gestel op YouTube met 'n lyric video - 'n eerste vir Egmond se vrystellings. Die single is terselfde tyd uitgereik op op iTunes en ander digitale platforms wÍreldwyd.






8 JUL '17
BETTER DAYS VOLGENDE SINGLE



Nuwe Engelse enkelsnit Better Days oppad Oktober. In 'n verbasende skuif word daar bekend gemaak dat Better Days, 'n collab met EDM kunstenaar Algorrid3m, Egmond se volgende single gaan wees.

Lees meer oor hierdie opkomende single hier.





19 MAR '17
NOG 'N EXCLUSIVE UITGEREIK OP ITUNES CONNECT



Die liedjie Een Ding kry 'n spesiale uitreiking. Egmond se debuut album sou in 2010 reeds die snit Een Ding gehad het op die album maar die liedjie is teruggehou weens verskeie redes. Daardie snit het nou in remix vorm verskyn as 'n iTunes Connect Exclusive, nes die debuut album se ander snit Gister wat verlede jaar op die platform uitgereik is. Die enkelsnit bevat twee remixes deur Arnaldo Suarez van Ongelooflik-faam.





19 MAR '17
GISTER REMIX KRY MUSIEK VIDEO



Die iTunes Connect Exlusive enkelsnit spog met 'n nuwe video. Die musiek video vir die 2016 Remix van Gister is vandag beskikbaar gestel op You Tube en iTunes Connect. Die video bestaan uit 'n reeks fotos wat geneem is tydens die foto sessie vir die debuut album se omslag in 2004.





17 NOV '16
"AFRIKAANSE KUNSTENAARS EN NUWE ALBUMS" SKRYF OOR VLIEG OP FACEBOOK



Die Afrikaanse vermaaklikheids groep deel die Vlieg video op Facebook. Die bladsy deel mee dat Egmond "Nog een opkomende kunstenaar wat nog gaan naam maak" is met die skakel van die Vlieg duet met Yolandi.





18 OKT '16
DIS ELEKTRIES 2016 REMAKE VERRAS



Die enkelsnit word uitgereik ter viering van die debuut album se 5de herdenking. Egmond se groot treffer Dis Elektries word uitgereik vandag in 'n nuwe vorm. Na die sukses van die remakes van beide Kom Red My en ReŽn (Aan Die Brand Steek), is die liedjie spesiaal opgeneem ter viering van die debuut album se 2011 uitreiking. Die liedjie gaan ook gepaard met 'n nuwe musiek video en bevat nuwe stem opnames deur Egmond. Die remake is deur Sandy Robbie behartig.






13 OKT '16
GISTER KRY EXCLUSIVE 2016 REMIX



Die enkelsnit word slegs op iTunes Connect uitgereik. Die enigste snit vanaf Ongevraagde "Hello" wat nooit as enkelsnit uitgereik was nie word vandag in 'n nuwe formaat uitgereik slegs op iTunes Connect. Die liedjie is 'n nuwe weergawe van die oorspronklike 2005 opname ter viering van die debuut album se 5de herdenking.





7 OKT '16
MUSICAL VENTURE RADIO BERIG OOR NOG VUIL WASGOED



Die nuwe album kry 'n aanlyn berig. Musical Venture Radio se webwerf het vandag 'n berig geplaas oor die nuwe album, tesame met 'n skakel van die musiek video ReŽn (Aan Die Brand Steek. Lees die berig hier.





17 SEP '16
VLIEG SE NOG VUIL WASGOED WEERGAWE TREF OOK DIE LIG



Die duet met Yolandi kry 'n tweede musiek video. In 2011 het die oorspronklike musiek video vir Vlieg die lig gesien. In 2016 kom 'n tweede weergawe - die weergawe wat oorspronklik in 2012 sou verskyn het! Die nuwe "aangepaste" video is uitgereik vir verdere promosie vir die Nog Vuil Wasgoed album wat verlede maand uitgereik is. Die musiek video word op dieselfde dag uitgereik as die nuwe video vir die treffer ReŽn (Aan Die Brand Steek).





17 SEP '16
REňN (AAN DIE BRAND STEEK) VIDEO VRYGESTEL



Die see en strand video vir die hartseer ballade is voltooi. Die offisiŽle musiek video word bekend gestel op You Tube kort nadat 'n gedeelte daarvan verskyn het in die promosie advertensie van die Nog Vuil Wasgoed album. Egmond vertel dat die Kruger-broers wat in die musiek video verskyn alreeds in 2014 afgeneem was en dat dit destyds vir Paradys se video bedoel was, maar dat toe toe gebÍre was en nou eers gebruik is.





31 AUG '16
NOG VUIL WASGOED WORD UITGEREIK



Egmond se vierde album nou beskikbaar. Die susters-projek van die EP Vuil Wasgoed is vandag bekend gestel. Die album, wat 7 snitte bevat, is nou beskikbaar.

Die album speellys is as volg:
1) DJ (ft Algorrdi3m & Sandy Robbie)
2) Jy's In Paradys (ft Slay)
3) Melkweg ReŽnboog
4) Kom Red My [2015 Remake]
5) Vlieg (duet met Yolandi)
6) Paradys (ft Slay)
7) ReŽn (Aan Die Brand Steek) [2016 Remake]






30 AUG '16
DOUBLE A-SIDE SINGLE WORD UITGEREIK



Melkweg ReŽnboog en ReŽn (Aan Die Brand Steek) is nuwe enkelsnit. As voorganger vir die nuwe album Nog Vuil Wasgoed reik Egmond sy eerste double A-side single uit met twee liedjies wat nog groot treffers gaan word. Die jare lange bespreekte Melkweg ReŽnboog is uiteindelik in sy volledige studio weergawe beskikbaar, terwyl ReŽn (Aan Die Brand Steek) die 2016 remake weergawe van die liedjie is. Musiek videos volg vir beide liedjies in die volgende paar maande.






16 FEB '16
VUIL WASGOED WORD DELUXE



Egmond se derde album kry 'n Deluxe Edition. Die 4-stuk EP Vuil Wasgoed is vandag uitgereik as 'n deluxe 10-stuk album. Die 6 bonus snitte op die album sluit onder andere twee nuwe demos in van die liedjies wat oorspronklik weggelaat was van die EP in 2014, nl. Melkweg ReŽnboog en DJ. Kry die album vandag nog.

Die album speellys is as volg:
1) Kom Red My
2) Vlieg (duet met Yolandi)
3) Paradys (ft Slay)
4) ReŽn (Aan Die Brand Steek)
5) Melkweg ReŽnboog [Demo]
6) DJ (ft Slay) [Demo]
7) Paradys (ft Slay) [Extended Version]
8) ReŽn (Aan Die Brand Steek) [Version 2] (ft Marc Skarda)
9) Kom Red My (Vocal Up Remix)
10) Vlieg (ft Yolandi)- Acapella






4 JAN '16
DJ - REG OF WEG?



Pieter Cloete vra wat dink jy van DJ. Maak jou stem dik in die nuwe poll wat uitgereik is op PieterCloete.Com en laat hoor of jy dink die nuwe video is "Reg" of "Weg". Stem hier.





2 JAN '16
DJ VIDEO OOK OP VIMEO



Die nuwe musiek video word elders ook gelys. DJ se kraakvars musiek video is nou ook te sien op Vimeo. Loer hier na die video.





1 JAN '16
SKOP DIE NUWE JAAR AF MET DJ SE NUWE VIDEO



Die DJ musiek video skop 2016 af. Egmond se enkelsnit DJ is in Augustus uitgereik en sedert Oktober verlede jaar word daar gespog met fotos vanuit die video op Google+ en Facebook. Die video, wat spog met Rose Pahl as 'n mannequin DJ, is vandag uitgereik.





11 NOV '15
KOM RED MY KRY DIE REMAKE TREATMENT



Die 2013 treffer kry 'n nuwe baadjie. Egmond se 2013 treffer Kom Red My is vandag uitgereik in 'n nuwe weergawe. Die liedjie het, te danke aan die produksie van DJ, 'n nuwe voorkoms. Volgens Egmond was daar 'n spesiale "magic" wat DJ gehad het wat hy ook in die liedjie wou hÍ, en hy het dit aangestuur na Sandy Robbie toe om die liedjie weer te ontwikkel. Die enkelsnit vervang al die vorige weergawes van die oorspronklike treffer en vervang ook die musiek video met 'n nuwe donkerder filter wat die video die nodige "edge" gee. Die liedjie kry ook sy premiere op Uitsaaines.






21 AUG '15
DJ IS HIER!



Egmond verbaas met splinternuwe enkelsnit dae na Treffers album. DJ is die lead single vanaf Egmond se vierde studio album Nog Vuil Wasgoed wat in 2016 uitgereik gaan word. Die enkelsnit is 'n dans nommer wat reeds in 2012 geskryf is vir die Vuil Wasgoed album, maar op die laaste oomblik weggelaat is vanaf daardie album. Die liedjie feature die talente van Sandy Robbie en Algorrid3m (voorheen bekend as Slay). 'n Musiek video word tans opgeneem vir die liedjie.






19 AUG '15
1 DOSYN GROOTSTE TREFFERS ALBUM UITGEREIK



Egmond vier sy eerste 12 jaar in die industrie. Egmond vier sy 12de musiek jaar in die industrie met 'n 12-stuk treffers album wat 'n klompie van sy bekendste liedjies bevat, met 2 nuwe iterasies van sy treffers Paradys (aka Jy's In Paradys) en Verslaaf.

Die album speellys is as volg:
1) This Morning
2) Mors [extended version]
3) Jy's In My Bloed (ft Glenda Millar) [video edit]
4) Iewers
5) Electric (ft Nathi Louw) [single edit]
6) Gee Voor Jy Groet
7) Verslaaf [2015 Remix]
8) Dis Elektries (ft Yolandi)
9) Vlieg (duet met Yolandi)
10) Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix)
11) Kom Red My
12) Jy's In Paradys (ft Slay)






14 AUG '15
VERSLAAF REMIX UITGEREIK



Tweede enkelsnit vanaf 1 Dosyn word uitgereik. Met net dae oor voordat die nuwe grootste treffers album uitgereik gaan word, verras Egmond vandag met 'n 2015 Remix van Verslaaf. Die single-edit van die liedjie is van vandag af beskikbaar op iTunes en ander platforms. 'n Verkorte weergawe van die musiek video is op 30 Julie 2015 uitgereik op You Tube ter promosie van die album maar Egmond het op Facebook gespog dat daar wel 'n vollengte musiek video vir die liedjie sal volg in die volgende paar maande.






1 JUN '15
EGMOND TERUG MET JY'S IN PARADYS VIDEO & ENKELSNIT



Die 2014 dans-treffer kry nuwe lewe in alternatiewe weergawe. Na maande se stilte keer Egmond terug met 'n nuwe herdoopte weergawe van Paradys, (getiteld Jy's In Paradys), vir sy opkomende treffers album 1 Dosyn. Die enkelsnit en musiek video is vandag vrygestel. Die enkelsnit bevat ook 'n besondere b-side: 'n "live" weergawe van DJ, die liedjie wat oorspronklik op die Vuil Wasgoed album moes verskyn. Die treffers album word in Augustus uitgereik.






24 OKT '14
DIE POS SKRYF OOR VUIL WASGOED



Koerant in die Bosveld noem Egmond se nuwe EP in insetsel. Die Pos Koerant wat lesers in die Waterberge vermaak het 'n insetsel in hul nuutste uitgawe oor Egmond se nuwe EP Vuil Wasgoed geplaas.





4 OKT '14
VUIL WASGOED UITGEREIK



Egmond stel sy nuwe album bekend in EP-formaat. Die lang bespreekte album Vuil Wasgoed is vandag uitgereik op iTunes as 'n 4-stuk EP. Die album sluit die onlangs voltooide opname ReŽn (Aan Die Brand Steek) in wat beplan gaan word as die vierde enkelsnit in 2015. Die liedjie DJ wat op die album geplaas moes word is teruggehou weens verskeie redes en sal later uitgereik word op 'n beplande suster's projek van die album.

Die album speellys is as volg:
1) Kom Red My
2) Vlieg (duet met Yolandi)
3) Paradys (ft Slay)
4) ReŽn (Aan Die Brand Steek)





1 AUG '14
PARADYS HAAL PLAASLIKE KOERANT



The Hornbill skryf oor die nuwe enkelsnit. Skaars 'n paar maande nadat The Hornbill oor Kom Red My geskryf het, rapporteer die plaaslike Zululand koerant weer oor Egmond se nuwe enkelsnit Paradys.





21 JUL '14
EGMOND REIK PARADYS VIDEO & ENKELSNIT UIT



Die EDM-dans nommer is 'n collab met Slay. Die derde uitreiking vanaf die Vuil Wasgoed album is Paradys, 'n Afrikaanse weergawe van die bespiegelde snit Better Days deur Slay, vir wie Egmond in 2013 'n demo opgeneem het maar nog nie enige verdere werk studio opnames voltooi het nie. Die liedjie, waarvan daar ook 'n tweede weergawe opgeneem is (en later uitgereik sal word), is nou beskikbaar aanlyn. Die musiek video is ook uitgereik vandag op YouTube.






5 MEI '14
KOM RED MY VIDEO STEEK 10 000 KYKERGETALLE VERBY



Die nuwe musiek video haal oor die 10 000 kykers. Skaar 'n paar maande nadat Kom Red My op Channel24 verskyn het, spring die kykergetalle van die nuwe enkelsnit oor die 10 000 views op You Tube wat dit tot op hede Egmond se grootste treffer maak. Die liedjie het in sy eerste week van vrystelling 7000 kykers gelok, en namate stewig gegroei in die daaropvolgende maande.





19 JAN '14
SEASIDE RADIO SPEEL KOM RED MY



Die Nederlandse Radio Stasie lys die nuwe treffer. Kom Red My is vandag die "plugplaat" op die stasie Seaside Radio in die Nederlandse dorp Egmond Aan Zee. Die liedjie is heel toevallig ook gelys saam met Substitute deur Clout, wat die stasie se "oudje van de week" is.





17 JAN '14
DUITSE KOERANT BERIG OOR KOM RED MY



Die liedjie se musiek video word bespreek in Duitsland. Duitse koerant SŁdwest Presse het verlede jaar 'n artikel geskryf oor buitelanders wat in die verlede die stad Ulm besoek het ter viering van die bekende Ulmer MŁnster kerk se 125ste verjaarsdag-vieringe. Egmond was in die artikel gelys met 'n foto van sy besoek aan die kerk toring. Die jaar skop af met nog nuus uit Duitsland waar die koerant rapporteer oor die Duitste gaste afkomstig van die nabye stad Senden wat in die Kom Red My musiek video speel. Lees hier die artikel in Duits en kyk ook na die YouTube video van die artikel hier.





1 JAN '14
ELECTRIC ENKELSNIT SIEN DIE LIG MET NATHI LOUW



Die Nathi Louw-featured titel van 2007 word uitgereik. Dit is reeds 7 jaar sedert Electric oorspronklik opgeneem was vir 'n klere winkel groep. Die house dans treffer, is nou uitgereik tesame met 'n verkorte promosie musiek video. Die enkelsnit bevat ook 2 voorheen onbeskikbare liedjies, insluitend die oorspronklike 2008 opname van Ongelooflik en 'n remix van Gee Voor Jy Groet.






10 NOV '13
ARTIKEL OOR EGMOND IN ZULULAND KOERANT



Die dorps-koerantjie The Hornbill skryf oor sanger. 'n Interessante rubriek het verskyn in die maand se koerantjie wat in Egmond se tuisdorp Mtunzini uitgereik word. Die artikel bespreek die sanger se nuwe treffer Kom Red My, die video se sukses en meer.





14 OKT '13
KOM RED MY VIDEO PREMIERE



Channel24 stel Egmond se nuwe musiek video bekend. Kom Red My is Egmond se splinternuwe enkelsnit vanaf sy opkomende album Vuil Wasgoed. Die treffer video is ook vandag bekend gestel op Channel24 en spog met 2 Duitsers as deel van die cast. Die liedjie is ook nou beskikbaar op iTunes.





11 SEP '13
KOM RED MY IS EGMOND SE NUWE ENKELSNIT



'n Onverwagte nuwe liedjie word opgeneem in Durban. Kom Red My is vandag as voltooid afgemerk. Die liedjie, wat uitgereik gaan word as die tweede single vanaf Vuil Wasgoed, is opgeneem by die Sesalos Studios in Durban onder leiding van Kundai Vera. Die enkelsnit vervang DJ wat beplan was vir die opname - op aandrang van Egmond se Duitste vriende wat kom kuier het en dadelik deur die liedjie se ritme en wysie bekoor was. Die enkelsnit word eersdaags op iTunes uitgereik en sal die 13de September op Uitsaaines premiere om 13:13pm. 'n Musiek video word ook in die volgende twee weke opgeneem.





20 JUN '13
DJ (EN BETTER DAYS!!) IS OPPAD



Egmond tart foto vanuit die opkomende video vir enkelsnit DJ op Twitter. 'n Onlangse tweet het DJ bekend gestel as Egmond se opkomende enkelsnit vanaf sy derde album Vuil Wasgoed wat tans opgeneem word. Om aanhangers nog meer gretig te maak, het Egmond aangekondig dat op sy verjaardag 'n 30 sekonde video van die liedjie bekend gestel gaan word op Facebook wat meer inligtign rakende die oog in die foto sal verklap. Daar kan bevestig word dat DJ se produksie waargeneem word deur DJ Slay, 'n briljante Suid Afrikaanse musikant wat reeds sy eerste single Better Days internasionaal uitgereik het. Egmond gaan ook 'n vocal version opneem van Better Days binne die volgende paar weke as collaboration met DJ Slay.





1 JUN '13
NEXT MUSIC



Next Music reik Egmond se musiek uit aanlyn. Egmond se musiek het weer 'n groot sprong gemaak op die digitale front. Sedert die aanlyn winkel RhythmMusicStore.Co.Za sy deure toegemaak het in Februarie vanjaar, was daar geen opsie meer om die sanger se musiek te koop aanlyn nie. Van vandag af is Next Music die offisiŽle distrubeerder van Egmond se katalogus en word sy musiek tans op iTunes, Amazon.Com en meer uitgereik.





16 MEI '13
JY'S IN MY BLOED GELYS OP CHANNEL24



Nog 'n liedjie haal Channel24 se voorblad. Skaars twee weke nadat die musiek video vir Ongelooflik die briljante Channel24.Co.Za se bespiegelde lys gehaal het, is Egmond weer terug op die voorblad - die keer vir 'n gratis download vir sy nuwe single Jy's In My Bloed (feat Glenda Millar). Die tweede single vanaf die tweede album Ongevraagde "Ritmes", kan nou direk op die bladsy afgelaai word.





30 APR '13
CHANNEL24 LYS SKOK-EGMOND VIDEO



Die vermaaklikheids webwerf plaas Ongelooflik se musiek video op 'n bespiegelde lys. Die musiek video vir Ongelooflik is vandag gelys op die briljante Channel24.Co.Za as een van die "swakste Afrikaanse musiek videos" in hul sogenaamde 'reloaded' artikel wat gedugte Afrikaanse videos lys. Die skreeusnaakse video wat op Halloween 2012 uitgereik is, word van menige oorde bespiegel! Egmond het op sy Twitter account Channel24 "bedank" vir die nominasie, waarop hul tong-in-die-kies reageer het met "LEGEND".





1 APR '13
JY'S IN MY BLOED FT. GLENDA MILLAR VIDEO & ENKELSNIT



Verdwaal in speelgoed land saam met Egmond en Glenda Millar. Jy's In My Bloed, die lang verwagte tweede single vanaf Ongevraagde "Ritmes", se musiek video is voltooi. Die nuwe enkelsit wat die gas kunstenaar Glenda Millar insluit, word vandag bekendgestel. Die video is Egmond se 10de Afrikaanse musiek video wat uitgereik word in sy 10de jaar in die musiek bedryf. Die video is ook in HD verfilm. Die fotos in die video van Glenda Millar is met permissie gebruik deur fotograaf Tiaan Volschenk. Glenda Millar is 'n lid van die bekende kult groep CLOUT. Die liedjie sal ook sy radio premiere hÍ op Uitsaaines op 18 April.





30 NOV '12
ONGEVRAAGDE "RITMES" ALBUM UITGEREIK



Egmond verbaas met tweede album. Egmond se 2de album Ongevraagde "Ritmes" word vandag uitgereik. Die nuwe album bestaan uit 'n string treffers - 3 wat reeds as enkelsnitte uitgereik is vanaf die debuut album. Die lead single vanaf Ongevraagde "Ritmes" is die treffer Ongelooflik wat op Halloween uitgereik is. Die musiekvideo het reeds briljante aftrek gekry in die laaste maand sedert uitreiking. Nog nuus is dat die snit Jy's In My Bloed as die 2de enkelsnit uitgereik gaan word vanaf die album in vroeg 2013. Daar is ook, ter viering van die album, 'n 2de musiek video saamgestel vir Dis Elektries (Deel 2) wat vandag op You Tube uitgereik word.

Die album speellys is as volg:
1) Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix)
2) Dis Elektries [Deel 2]
3) Jy's In My Bloed (ft Glenda Millar)
4) [Extended Weergawe]
5) Brug Lelies [Solo Weergawe]
6) Ongelooflik (Ruddha.Com Mix)





17 NOV '12
ONGELOOFLIK WORD BESPIEGEL IN DIE PERS



Die nuwe enkelsnit en opkomende album haal die koerante. Daar is hierdie naweek 'n berig oor die bekendstelling van Ongelooflik asook die opkomende vrystelling van Ongevraagde "Ritmes" in die koerant Die Pos, wat verskyn in Bela Bela/Modimolle/Mookgopong in Limpopo. Kry jou kopie vandag.





31 OKT '12
NUWE ENKELSNIT ONGELOOFLIK UITGEREIK



Trick or treat!!! Die Halloween launch van Egmond se nuwe treffer, Ongelooflik, wys 'n baie meer volwasse kant van die kunstenaar wat min luisteraars (en kykers!) verwag. Die eerste single vanaf die opkomende Ongevraagde "Ritmes" album ('n reimagined weergawe van die 2008 uitreiking - wat op 30 November uitgereik word), is 'n remix deur 'n Argentynse musikant, Arnaldo Suarez. As jy in 2008 al Egmond.Co.Za besoek het, sou jy destyds gelees het van die "skelm" opname van hierdie liedjie skaars dae voordat Egmond uit Johannesburg verhuis het. Maar die liedjie het 'n stil dood gesterf, en in 2010 het 'n ander remix daarvan (die Ruddha.Com Mix) die lig gesien. "Ek hou baie van daardie weergawe," het Egmond vertel, "maar dit het nie by die destydse finale weergawe van die debuut album gepas nie." So - hoe klink die nuwe weergawe? Dis rock vs club. En Egmond is weer oop sy stukke met "oohs" en "aaahs", asook die hier en daar se lag! Ongelooflik is nie jou gewone Egmond pop nie, maar dis beslis 'n baie sterk wysie met 'n refrein wat in jou kop vassteek. Die musiek video is verfilm in Kwazulu Natal en Argentinia (ja, jy't reg gelees!!). Die video is 'n baie anderste video as sy gewone kleurvolle stories. "Dit is baie donker - freaky, weird, en onverwags. Amper ongevraagd - soos die ritme!!" Egmond vertel dat die idee vir die video gegroei het soos wat dit ontwikkel is, en die verskyning van Arnaldo Suarez aan die begin en einde van die video het die rede vir die totale "kens" video ge-justify. "Dis The Ring meets Scream," sÍ Egmond, wat 'n groot aanhanger is van beide horror-franchises. "As jy die e-mail oopmaak en kliek op die link, sal dit nie 'n goeie einde hÍ nie. So don't watch this!! (not)"





16 JUL '12
BRUG LELIES DUET VIDEO UITGEREIK



Die 2011 duet met Yolandi spog met 'n nuwe video. Egmond & Yolandi het laat verlede jaar die 2008 enkelsnit vanaf Egmond se debuut album stilletjies getakel en saam opgeneem as 'n duet vir die Ongevraagde "Hello" album se uitreiking in Oktober 2011. Die liedjie Brug Lelies se oorspronklike musiek video is aangepas en Yolandi is bygevoeg. Die juweel van 'n video is nou voltooi en beskikbaar op You Tube en Facebook. Geniet die pragtige ballade wat tot sy volle reg gekom het met Yolandi se engel stem. Volgens Egmond is die verf effek op die video op nommer 99 bygewerk om die video 'n "Enya"-rigge gevoel te gee.





15 MAR '12
SUGAR MUSIC NEWS RAPPORTEER OOK OP VLIEG OP CHANNEL24



Nog 'n webwerf lys die nuwe enkelsnit. Die duet Vlieg met Yolandi se Channel24 verskyning word ook bespreek deur Sugar Music News. Lees die beskrywing hier.





14 MAR '12
VLIEG OP CHANNEL24 SE VOORBLAD



Die nuwe enkelsnit met Yolandi haal nog 'n voorblad. Vlieg, die nuwe kraakvars duet met Yolandi, het hierdie week die Channel24 webwerf se voorblad gehaal as een van die "Free Music" keuses. Besoek vandag nog die webwerf!





14 JAN '12
EGMOND SE GUNSTELING BOEKE



Die Pos Koerant lys Egmond se gunsteling boeke. Skaars 'n paar dae na die onderhoud op die webwerf van Black Mountain Magazine, volg nog 'n artike oor Egmond. Die plaaslike koerant Die Pos het Egmond gekies vir hul eerste uitgawe van 2012 as hul weeklikse plaaslike bekende wie se 8 gunsteling boeke ten toon gestel word. Egmond moes sy gunstelinge boeke kies en ook vertel hoekom hy daarvan hou. Sy gunsteling boeke is The Lord of The Rings, die Harry Potter-reeks, die Hannibal Lecter-reeks, If Only (van Geri Halliwell), The God of Small Things, Brolloks & Bittergal, Child in Darkness en The Lost Symbol. Interessante keuse of hoe?





9 JAN '12
ARTIKEL OP BLACK MOUNTAIN MAGAZINE



Nuwe artikel verskyn op die net. Laat 2011 is Egmond gekontak deur die uitgewers van die tydskrif "Black Mountain Magazine" vir 'n moontlike onderhoud vir die tydskrif se webwerf. Die onderhoud, wat heelwat onbesproke geheime bekendstel, is vandag geplaas op die tydskrif se webwerf. Besoek gerus die webwerf nou by www.bmmag.co.za.





4 JAN '12
BOSVELD STEREO SPEEL VLIEG



Nog 'n radio lys Egmond se musiek. Vlieg, die duet treffer met Yolandi, is ingesluit op die speellys van Bosveld Stereo, die briljante stasie wat vanaf Ifafi in Hartbeespoort uitsaai. Kontak gerus die ateljee om aan te dring om Vlieg te speel - ateljee@bosveldstereo.co.za. Sms ook jou versoek na 34061.





23 DES '11
NOMMER 1 (EN NOMMER 5!) MET YOLANDI



Egmond & Yolandi tref nommer 1 vir 8ste week in 'n ry. Dis Elektries (ft Yolandi) het vir die 8ste week in 'n ry koning gekraai op Uitsaaines as die #1 liedjie gestem deur die publiek. Die nuwe enkelsnit Vlieg, die duet met Yolandi, het geklim van die nommer 7 posisie na die nommer 5 posisie op die Uitsaaines Top 10 om 10.





22 DES '11
OOSTENRYKSE RADIO SPEEL EGMOND



Die sanger se debuut Afrikaanse enkelsnit word gespeel tydens program oorsee. Om 1pm vanmiddag het die Oostenrykse Stasie RADIO ST. FLORIAN AM INN (http://www.rsf1.at/) 'n spesiale program het waar die aanbieder Frans Maritz van Independant SA Superstars Egmond se 1ste Afrikaanse enkelsnit Gee Voor Jy Groet in die speel lys ingesluit het.





9 DES '11
ARTIKEL OOR VLIEG IN DIE POS KOERANT



Egmond verskyn weer in die plaaslike koerant "Die Pos" hierdie naweek. Met 'n berig wat fokus op die sanger se onlangse sukses, rapporteer Die Pos ook oor die album en CD-single wat in Mussico winkels te koop is, asook die duette Vlieg en Dis Elektries se prestasie op die Uitsaaines treffersparades. Daar is ook 'n advertensie in die koerant van die poster wat tans in Musicco winkels is.





4 DES '11
EGMOND CD'S IN MUSICCO WINKELS TE KOOP



Kry vandag jou kopie van Egmond se debuut album en nuwe enkelsnit op CD. 'n Maand nadat die duet Vlieg met Yolandi op Uitsaaines opgeneem is, word die splinternuwe single, asook die debuut album Ongevraagde "Hello" uitgereik in Musicco winkels. Diegene wat onlangs gelees het op Facebook dat daar groot nuus bekend gemaak gaan word het in spanning gewag vir die bekendmaking daarvan! Die kettingwinkel groep Musicco verkoop Egmond se debuut album Ongevraagde "Hello" teen R99.95, asook die enkelsnit Vlieg (duet met Yolandi) teen R49.95 (laasgenoemde sluit ook die #1 Uitsaaines treffer Dis Elektries ft. Yolandi in). Musicco se drie Limpopo winkels is in Thabazimbi, Ellisras en Bela Bela.





11 NOV '11
VLIEG ENKELSNIT & MUSIEK VIDEO PREMIERE



Vandag word Vlieg, die nuwe duet met Yolandi, bekendgestel op Uitsaaines om 11.11am. Die nuwe treffer, wat reeds hewig bespreek word, maak sy debuut op www.uitsaaines.co.za, met 'n nuwe musiekvideo wat ook uitgereik is op Egmond.Co.Za en YouTube. Die duet kan ook gekoop word op RhythmRecords.Co.Za. Die liedjie sal ook vanaand om 11.11pm speel op Uitsaaines.





5 NOV '11
VLIEG DUET MET YOLANDI VOLTOOI



Egmond is terug in die studio met Yolandi. Gister aand 6:30 is Egmond se opkomende enkelsnit, die duet Vlieg met nagtegaal Yolandi van Deventer, voltooi in Sandton, Johannesburg. Daar is groot opgewondenheid oor die duet wat op 11.11.11 om 11.11am en 11.11pm premiere op Uitsaaines. Skakel in om te luister na Vlieg op www.uitsaaines.co.za.





19 OKT '11
MORS OP CHANNEL24



Die nuwe single Mors is deur Channel24.Co.Za opgetel. Die liedjie verskyn tons op die briljante kanaal se voorblad as 'n gratis download. Egmond word beskryf as 'n emerging artist op die webwerf. Dis die 7de liedjie wat vanaf Egmond se debuut album op Channel24.Co.Za se webwerf geadverteer word - die eerste was Gee Voor Jy Groet, gevolg deur Brug Lelies, As Jy Wil, Verslaaf, Dis Elektries asook Iewers. Gaan vandag nog na die briljante webwerf toe vir die nuutste nuus oor als "entertainment"!!





17 OKT '11
ONGEVRAAGDE "HELLO" ALBUM FINALE WEERGAWE UITGEREIK



Egmond se debuut album word vandag in sy finale vorm bekendgestel. Ongevraagde "Hello", wat reeds sedert 2008 in verskeie formate uitgereik was, word vandag uitgereik op Egmond.Co.Za. SÍ Egmond: "Die uitreiking is 'n celebration van die pad wat ek gestap het met die album." Brug Lelies, die laaste liedjie wat voltooi is, is nou 'n duet met Yolandi van Dis Elektries-faam (Brug Lelies was reeds as die album se tweede enkelsnit uitgereik in 2008, maar is nou opgeneem as 'n duet spesiaal vir die album se bekendstelling). Die album is hier te koop en word later die maand op RhythmRecords.Co.Za uitgereik.

Die album speellys is as volg:
1) Mors
2) V'more
3) Gee Voor Jy Groet
4) As Jy Wil
5) Dis Elektries (ft Yolandi)
6) Iewers
7) Gister
8) Jy's In My Bloed
9) Verslaaf
10) Brug Lelies (ft Yolandi)





11 OKT '11
BRUG LELIES DUET VOLTOOI



Die nuwe weergawe van die treffer Brug Lelies is nou voltooi. Die snit, wat spesiaal vir die album se opkomende uitreiking opgeneem is, is 'n duet met Yolandi - die engel stem agter Dis Elektries. Die nuwe duet is volgens Egmond ongelooflik pragtig en hy noem ook dat haar stem die liedjie tot sy volle glorie bring. Die liedjie het sy premiere op Uitsaaines Donderdag 13 Oktober in die program Lip Lapa. 'n Musiek video vir die liedjie sal opgeneem word met Yolandi in die nabye toekoms.





26 SEP '11
MORS VIDEO PREMIERE



Die sewende (!!!) video vanaf die debuut album is voltooi.. Daar was reeds sprake van die musiek video se opname in Oktober 2010 op Facebook, alhoewel die verfilming eers plaasgevind het in Julie 2011. Mors was die tweede snit wat vir die debuut album voltooi was, en het in 2004 sy debuut op Radio Pretoria gehad. Die musiekvideo se premiere van 30 September 2011 op Egmond.Co.Za is ge-"rush release" nadat een van die sterre in die video die You Tube link per ongeluk op Facebook geplaas het. Die video is dus van vandag af beskikbaar. Dit word ook eersdaags verskaf aan ASTV. Daar was reeds in Augustus 'n "Making Of" uitgereik van die musiek video.





28 AUG '11
OPTREDE BY WALLIESE MANNEKOOR KONSERT



Egmond vermaak weer gehore in die Limpopo. Egmond het die afgelope Vrydag 26 Augustus 2011 as gaskunstenaar opgetree tydens die Walliese Mannekoor van Suid-Afrika konsert by Shangri-La net buite Modimolle. Egmond het die 2de helfde van die aand geopen met Dis Elektries, wat gevolg is deur Iewers. Die program is afgesluit met Gee Voor Jy Groet en die gehoor is verras deur 'n spesiale duet met die Waterberg Kinderkoor wat tydens die koor gedeeltes van die treffer gesing het. Die Waterberg Kinderkoor was onder leiding van Susan Brummer.





23 AUG '11
ONDERHOUD OP UITSAAINES



Egmond voer ekslusiewe onderhoud met Uitsaaines. Op Maandag 22 Augustus het Uitsaaines 'n onderhoud gevoer met Egmond tydens omroeper Raymond Greenberg se program Lip Lapa. Die geselsie het gegaan oor allerlei dinge, insluitend Egmond se gunsteling liedjie vanaf die album (Gee Voor Jy Groet), die sukses van die Top 10 treffer Dis Elektries (feat Yolandi) en die opkomende snit Vlieg vanaf sy tweede album Vuil Wasgoed. Die sukses van die onderhoud het gelei tot 'n herhaling daarvan, wat sal plaasvind op Donderdag 25 Augustus om 9pm op Uitsaaines, net voor die Top 10. Op die foto is Egmond tydens die onderhoud met omroeper Raymond.





11 AUG '11
HOSA RADIO



Hosa Radio program speel 8 Egmond-treffers. Hosa Radio is 'n nuwe Afrikaanse internet radio stasie wat reeds luisteraars van regoor die wÍreld het om mee te spog, en saai vanuit Nederland uit. Die uitstekende stasie spog met Afrikaanse musiek en Egmond is gelys op die stasie se webwerf. Egmond het gister sy debuut op die stasie gemaak om 10h00 die oggend tydens die program Koffietyd, waartydens 8 (!!!) van sy liedjies gespeel was, in die volgende volgorde: Gister, Gee Voor Jy Groet, V'more, Dis Elektries, Iewers, Jy's In My Bloed, Mors en Brug Lelies. Die musiek is tussendeur onderbreek deur omroeper Sylvia wat gesels het oor Egmond se loopbaan tot op hede. Skakel vandag in nog in by www.hosaradio.com en like hul facebook blad!





15 JUL '11
UITSAAINES FOKUS OP EGMOND



Uitsaaines gesels oor Egmond op die program LipLapa. Twee van Egmond se treffers is gespeel op die program, en is afgeskop met Dis Elektries (feat Yolandi) en later voltooi met V'more. In die program het omroeper Raymond Greenberg Egmond geprys vir sy musiek videos en almal aangeraai om daarna te gaan loer. Die program het plaasgevind tussen 21:00 en 22:00. Egmond het tydens die program saam ge-"Twitter", waarvan die skreeusnaakste opmerking die kommentaar was oor hoe sy naam uitgespreek word. Omroeper Raymond Greenberg is 'n bekende op die Afrikaanse musiek toneel en het reeds gesorg vir die bekendstelling van Gee Voor Jy Groet op die stasie in 2008. Skakel in elke aand en luister na lekker Afrikaanse musiek op jou rekenaar! Onthou om 'n epos te stuur na studio@uitsaaines.co.za om te stem om Egmond se liedjies in die Top 10 te kry.





8 JUL '11
KOERANT BERIG OOR V'MORE



Daar verskyn vandag weer 'n artikel oor Egmond in die plaaslike koerant "Die Pos". Die koerant berig oor V'more se nuwe video en ook op Gee Voor Jy Groet se sukses op die kanaal ASTV. Kry vandag jou kopie!





27 JUN '11
V'MORE VIDEO UITGEREIK



Die sesde (!!!) musiek video word uitgereik. V'more, die nuutste musiek video vanaf Egmond se debuut album Ongevraagde "Hello" is voltooi. Daar was reeds sprake van die video se opname in Oktober 2010, en die verfilming het plaasgevind in Januarie 2011. V'more is reeds in 2003 voltooi, en het vinnig in 2004 en 2005 'n paar keer op radio gespeel. Die musiekvideo se premiere is eksklusief op Egmond.Co.Za en word eersdaags verskaf aan ASTV.





6 JUN '11
OPTREDE BY HARTKLOP KUNSTEFEES



Tweede optrede vir die jaar vind plaas in Pretoria. Egmond het Saterdag 4 Junie 2011 by die Hartklop Kunstefees in Pretoria opgetree wat gehou is by die HoŽrskool Gerrit Maritz. Die optrede het 'n rapsie na 1nm plaasgevind. Egmond het vier treffers van sy debuut album gesing, insluited Dis Elektries, Gee Voor Jy Groet, As Jy Wil en Iewers.




27 FEB '11
IEWERS VERSKYN OP CHANNEL24



Die nuwe enkelsnit word digitaal uitgereik. Iewers, die nuutste enkelsnit vanaf Egmond se debuut album, is nou ook gelys of die uitstekende Channel24.Co.Za. Besoek vandag nog die webwerf en luister na al jou gunsteling Egmond treffers hier.





9 JAN '11
DRUIWEFEES OPTREDE



Egmond skop 2011 af met sy eerste optrede in Modimolle. Egmond het gister opgetree by die jaarlikse Druiwefees om 4h00 die middag. Die vertoning, wat bestaan het uit 5 liedjies, het volgens Egmond baie goed afgeloop. "Daar was 'n great crowd en die mense het die meeste gecheer vir Dis Elektries," (waarmee hy die show afgesluit het).





ARGIEWE VERVOLG


3 JAN '11
IEWERS MUSIEK VIDEO UITGEREIK



Egmond stel 'n kleurvolle nuwe video (en liedjie bekend). Die splinternuwe video van Iewers is gister middag voltooi. Die vyfde musiek video vanaf Ongevraagde "Hello" is van vandag af beskikbaar. Die video, wat in Desember 2010 opgeneem is, is in rekord tyd voltooi volgens Egmond, en is reeds op 22 Desember voorafgegaan deur 'n "Making Of" video wat geheime verklap het van die video en ook 'n sneak preview gehad het van 15 sekondes. Die karakters in die video is vertolk deur Liezel Joubert (ballerina), Patric du Toit (fopdosser), Pieter van Wyk (rugbyspeler), Martin en Evan Henn (tweeling) en Zaakirah Nakudah (mistress of spices). "Die mense was great fun en dit was 'n eer om saam met hul te werk," noem Egmond. Die enkelsnit word ook eersdaags digitaal bekend gestel.





26 OKT '10
ALBUM NOU OP RHYTHM ONLINE



Die debuut album is nou te koop in digitale vorm. Ongevraagde "Hello" se re-release is nou beskikbaar op RhythmOnline.Co.Za se webwerf. Jy kan hier al Egmond se snitte download teen slegs R7.00 per mp3. Wat die bladsy nog meer uniek maak is die feit dat Egmond se musiek videos ook gelink is op die bladsy.





23 SEP '10
KOMPETISIE IN "DIE POS"



Lesers kan die re-release van Ongevraagde "Hello" wen. Daar verskyn 'n berig vandag in die plaaslike koerant DIE POS oor Egmond en Yolandi se nuwe treffer, Dis Elektries, asook die album se relaunch. Tien gelukkige lesers kan 'n CD/DVD combo wen deur hul besonderhede te stuur na die adres in die berig. Kry die naweek se uitgawe van die koerant vandag.





10 SEP '10
DEBUUT ALBUM KRY RE-RELEASE



Ongevraagde "Hello" word uitgereik met 2 bonus snitte. Na maande van nuus oor die debuut album se hervrystelling het die dag uiteindelik gekom. Ongelooflik en die duet weergawe van Dis Elektries is die twee nuwe snitte wat op die album ingesluit is. Die oorspronklike weergawe van Dis Elektries staan nou bekend as "Deel 2". Ongelooflik se weergawe is 'n remix wat gedoen is deur Ruddha.Com - 'n briljante musikant. Dit is dus nie die weergawe wat in 2008 opgeneem was nie. 'n Derde nuwe snit wat op 99 ontrek is van die album is Een Ding, 'n dans nommer wat ook 'n duet sou wees met Yolandi, maar as gevolg van tyds beperkinge is die liedjie teruggehou. Die CD, wat slegs hier te koop is, sluit ook 'n enhanced afdeling in met 4 musiek videos, remixes en mp3s.





5 SEP '10
DIS ELEKTRIES FT. YOLANDI UITGEREIK



Die nuwe duet weergawe van die dans nommer uitgereik met nuwe musiek video. Die enkelsnit Dis Elektries, asook die nuwe musiek video, word vandag bekend gestel. Na amper 2 maande se geswoeg is die nuwe single vandag op die lug geplaas. Die musiek video wat direk volg op As Jy Wil se video, bevat baie fantasie elemente en dieselfde karakters wat in Gee Voor Jy Groet gespeel het. Die video sal eersdaags op ASTV begin draai. Daar is ook 'n "Agter Die Skerms - Die Making of Dis Elektries" video ekslusief op You Tube wat die kyker agter die skerms toegang gee rakende die video produksie.





16 JUL '10
TERUG IN "DIE POS"



Egmond haal weer die plaaslike koerant "Die Pos". Egmond maak die naweek weer 'n draai in die plaaslike koerant Die Pos wat vir meer as 47 000 lesers nuus berig oor die Bosveld distrik van die Limpopo. Die keer is daar berig oor die nuwe video As Jy Wil wat vandeesweek op ASTV begin draai het. Daar is ook berig oor die album se rerelease en die duet Dis Elektries met Yolandi. Kry jou kopie vandag. Vir meer inligting oor Die Pos, besoek die webwerf www.diepos.com.





6 JUL '10
EGMOND VIDEOS OOK OP CHANNEL24



Die sanger se musiek videos word nou ook gelys. Sedert Brug Lelies in Januarie gelaunch is word Egmond se videos ook op Channel24.Co.Za gelys. Die kanaal, wat deel vorm van die internasionale 24.Com groep, het reeds sedert 2008 Egmond se mp3's op hul website, waarvan al 3 Egmond se singles gelys is met briljante kommentaar en beskrywings. As Jy Wil se video is die nuutste byvoeging en is tans ook gefeature as die main video met die briljante opsomming van "The Afrikaans dance pop star goes (goes) channel surfing in this bakgat video off "Ongevraagde "Hello".





27 JUN '10
EGMOND STEL AS JY WIL SE MUSIEK VIDEO BEKEND



Die derde musiek video vanaf Ongevraagde "Hello" is uitgereik. Na maande se geskarrel om die video klaar te maak, word dit vandag 3 dae voor die release date bekendgestel eksklusief op Egmond.Co.Za. Sedert Maart 2010 was daar nuus oor die video wat einde April gereed sou wees, maar die video is keer op keer uitgestel weens verskeie redes. "Sedert die besluit om die album te rerelease het alles stadiger begin gaan. Die video was telkemale opsy geskuif vir ander goed. Maar ek is verheug om te noem dat dit klaar is!" In Mei is 'n minuut van die video op Facebook bekend gestel om fans 'n voorsmakie te gee daarvan. "Op daardie stadium het dit seker gelyk of die video nie sin maak nie," vertel hy, "maar as jy vandag na die hele video kyk sal dit. Dit was ook 'n bonus om Yolandi in die video te kon inwerk en so ook die intro vir Dis Elektries te maak. Dit gaan baie cool wees!!" Die volgende stap, noem Egmond, is dat die video op TV kom, wat moontlik iewers in Julie sal begin draai. Die video word op 30 Junie ook op Facebook gelaai, maar bly tot dan eksklusief aan die website (en natuurlik You Tube, waarvandaan dit stream!).





11 JUN '10
OPTREDE BY WINDPOMPFEES



Egmond vermaak in Naboomspruit. Vir diegene wat uitgemis het op Egmond se optrede by die Bela Bela Karnaval was daar gister nog 'n geleentheid om die nuweling te sien in aksie. Egmond se 2de optrede vir 2010 was gister 10 Junie by die jaarlikse Windpompfees in Naboomspruit van 16:45 - 17:00. Die vertoning het plaasgevind op die Rapport se verhoog, en was geopen deur Etha, nog 'n nuweling in die musiek industrie. Die vertoning het bestaan uit 4 snitte, waarvan Egmond begin het met As Jy Wil, gevolg deur die treffers Gee Voor Jy Groet en V'more, en afgesluit het met Dis Elektries, die duet met Yolandi.





22 MEI '10
OPTREDE BY KARNAVAL



Die sanger lewer sy beste vertoning nog. Egmond het weer die verhoog betree vir die eerste keer sedert sy optrede in Maart 2009 by die Bela Bela Karnaval op Vrydag 21 Mei om 7:00. Die vertoning was volgens die gehoor se reaksie 'n reuse sukses. Die program, wat begin het met As Jy Wil, het bestaan uit 6 liedjies, waarvan Dis Elektries, die nuwe duet met Yolandi, vir die eerste keer bekend gestel is aan die publiek. Die liedjie het naas Gee Voor Jy Groet die beste reaksie gelok.





19 APR '10
DIT GAAN "ELEKTRIES" WEES MET YOLANDI



Nuus breek op Facebook oor 'n nuwe duet met Yolandi van Deventer. Dit is offisiŽel - Egmond se debuut album gaan weer uitgereik word met nuwe bonus-snitte. Een van die highly anticipated snitte wat op die re-release van Ongevraagde "Hello" kom is 'n nuwe weergawe (en duet!) van Dis Elektries. Die liedjie wat in 2009 as duet uitgereik sou word, is oor opgeneem met niemand anders as Yolandi nie, Egmond se hoŽrskool-sangmaat. Met die onverwagte blast from the past kan daar afgekondig word dat die nuwe weergawe van Dis Elektries gaan debuteer tydens Egmond se 21 Mei optrede by die Bela Bela Karnival. Op die foto is Egmond en Yolandi tydens 'n skool revue in 1996 waar hul "Do You Speak English" opgevoer het.





19 MAR '10
KOERANT BERIG SPOG MET EGMOND



Egmond verskyn weer in Die Pos. Skaars 'n week of twee na Egmond se videos op TV begin draai het, word daar 'n berig geplaas oor Egmond in die plaaslike koerant Die Pos, wat 47 000 lesers bereik elke Vrydag. Die uitgawe wat vandag uitgereik is, spog met 'n foto vanuit die Gee Voor Jy Groet video, asook 'n berig oor Egmond se geskiedenis en sy loopbaan planne. Volgens redakteur Keina Swart, is sy aangenaam verras met die videos.





9 MAR '10
MYVIDEO.CO.ZA



Egmond se nuwe musiek video skop goed af. Die video van Gee Voor Jy Groet is van vandag af ook beskikbaar op die briljante website www.myvideo.co.za! Besoek dit gerus en ondersteun Egmond daar! Nuwe videos sal voortaan ook hier bygelas word.





5 MAR '10
EGMOND OP DIE NUWE ASTV KANAAL



Dit het uiteindelik gebeur! Egmond se musiek word van vandag af uitgesaai op die nuwe satelliet kanaal ASTV!!! Die Afrikaanse TV kanaal wat gratis beskikbaar is op satelliet, het kontak gemaak met Egmond mid Februarie - nie lank na die video van Brug Lelies die lig gesien het nie. Die splinternuwe video van Gee Voor Jy Groet wat einde Februarie voltooi is, het sy official premiere gehad op die kanaal en is ingesluit op die kanaal se speellys! Besoek gerus die kanaal se webwerf by www.astv.co.za en kliek op Alles oor ASTV vir presiese instruksies hoe om die gratis kanaal in te stel.





25 FEB '10
GEE VOOR JY GROET KRY OOK 'N MUSIEK VIDEO



Egmond se debuut enkelsnit spog nou ook met 'n musiek video. Die splinternuwe video van Gee Voor Jy Groet is voltooi! Die video is nou te siene op Egmond.Co.Za en Egmond se YouTube kanaal. Egmond vertel dat die video groot fun was en dat die fairy in die video gespeel was deur sy bure se pragtige 6-jarige dogtertjie.





27 JAN '10
BRUG LELIES KRY 'N MUSIEK VIDEO



Die lang wag vir die video van Brug Lelies is verby. Die video, wat vir die 2de enkelsnit vanaf Ongevraagde "Hello" is, is van vandag af beskikbaar. Die kleurvolle Enya-geinspireerde video is ook op You Tube geplaas. Egmond het genoem dat hy graag vir Nathi Louw, die musikant van die musiek geskryf het, in die video sou wou plaas, maar weens omstandighede kon dit nie gebeur nie. Die inspirasie vir die musiek video het in Desember 2009 gekom toe Nathi op Muvhango verskyn het en die melodie op kitaar gespeel het. "Dit het my daar en dan laat besef dat ek 'n regte musiek video vir die snit moes maak," sÍ Egmond. Alhoewel daar reeds drie ander sogenaamde musiek videos bestaan, sÍ Egmond dat hierdie geklassifeseer word as 'n regte video weens die produksie wat daarby betrokke was.





17 OKT '09
VERSLAAF ENKELSNIT UITGEREIK



Verslaaf is die 5de digitale uitreiking vanaf die debuut album. Die liedjie word uitgereik as gratis digitale download op Wildhorse.Co.Za vandag. Die besluit om nog 'n single na Mors uit te reik is volgens Egmond weens die konstante aanvraag vir nog musiek van hom af. Verslaaf het wel reeds in Februarie 2009 op Channel 24 'n draai gemaak as 'n promosie single vir die debuut album.





13 JUN '09
MORS TERUG IN DIE KOLLIG



Die liedjie word skielik as enkelsnit uitgereik. Mors is vandag as die vierdie digitale enkelsnit vanaf die debuut album op Wildhorse.Co.Za uitgereik. Volgens berigte sou 'n nuwe duet weergawe van Dis Elektries uitgereik word met 'n briljante sangeres, maar weens agter-die-skerms probleme is daardie uitreiking geskraap en het Mors die plek ingeneem. Die liedjie het al reeds sedert 2004 radio speeltyd op verskeie stasies.





30 APR '09
GEE VOOR JY GROET VERSKYN OP VERSAMELINGS ALBUM



Die treffer is ingesluit op die Independent SA Artist Vol 1. Die compilation album Independent SA Artists Vol 1 is die afgelope maand uitgereik in The Matrix Warehouse winkels landswyd en Gee Voor Jy Groet is ingesluit as een van 20 treffers. Die album sou oorspronklik die liedjie Ongelooflik ingesluit het, wat in Augustus 2008 opgeneem is vir die projek, maar op die laaste oomblik onttrek is van die album. Volgens Egmond sal Ongelooflik vir sy tweede album Vuil Wasgoed gebÍre word.





14 MAR '09
TERUG OP DIE VERHOOG



Egmond tree vir die eerste keer weer op in twee jaar. Egmond het gister aand, Vrydag 13 Maart 2009, opgetree by die skouspelagtige Music In The Park byeenkoms te Bela-Bela. Egmond het 3 liedjies gesing vanaf sy debuut album as opening act vir die groep Safire Duo. Die vertoning het begin met die debuut enkelsnit Gee Voor Jy Groet, wat gevolg is deur die eerste vertonings van s Jy Wil en Brug Lelies. Laasgenoemde is ook baie goed ontvang. Hier verskyn hy saam met sy suster Elda backstage.





1 MAR '09
AS JY WIL #1



Egmond spog met sy eerste nommer 1 treffer. As Jy Wil, die 3de enkelsnit vanaf Ongevraagde "Hello", is met die nommer een posisie bekroon op die Independent SA Artists se charts dieselfde week toe dit daarop vrygestel is. Dit is die hoogste posisie wat Egmond se musiek op die charts behaal het. Die eerste enkelsnit, Gee Voor Jy Groet, het die nommer 2 posisie behaal, en die opvolg Brug Lelies was nommer 3.





28 FEB '09
VERSLAAF OP CHANNEL24



Die liedjie Verslaaf word tans bemark op Channel24.Co.Za. As deel van die bemarkings veldtog vir Egmond se debuut album, word die liedjie as gratis download beskikbaar gestel op die vermaaklikheids webwerf - presies een jaar nadat die liedjie opgeneem is. Die enkelsnit sal later vanjaar uitgereik word op digitale platform Wildhorse.Co.Za.





17 NOV '08
RSG LYS EGMOND ONDER "E"



Nasionale radio stasie RSG se webwerf lys die sanger. Nog 'n voorloper in plaaslike musiek, RSG, het die afgelope week die sanger op hul webwerf gelys, waar kunstenaars alfabeties geplaas word.





15 NOV '08
ARTIKEL VERSKYN IN DIE POS KOERANT



Die Waterberg-area in Limpopo se Die Pos Koerant berig oor Egmond. Daar verskyn die afgelope naweek 'n berig oor Egmond wat vertel oor die kunstenaar se doen en late die afgelope 5 jaar. Die opskrif is ďWaar die hart van vol is, loop die (Eg)mond van oorĒ. Die artikel kom kort op die hakke nadat Egmond verhuis het na die Bosveld toe, en ook nuus bekend gemaak het dat hy tans besig is met sy tweede studio album Vuil Wasgoed. Hy het ook genoem dat hy reeds vyf nuwe liedjies geskryf, en sy gunstelinge is Melkweg ReŽnboog en Onverdiende Pyn.





21 AUG '08
ONGELOOFLIK - NUWE SNIT OPGENEEM



Egmond neem 'n nuwe liedjie op vir "geheime" projek. Die debuut album Ongevraagde "Hello" is skaars 6 maande beskikbaar, of Egmond is terug in die ateljee by Bernie Millar van AIR Studios. Die eksklusiewe liedjie, getiteld Ongelooflik, is spesiaal opgeneem vir 'n opkomende kompilasie album wat deur die IDSAA uitgereik gaan word. Die album, wat snitte gaan bevat van nuwe opkomende Afrikaanse sangers, sal ook in verskeie musiek winkels beskikbaar wees. Gevra oor die liedjie, vertel Egmond dat hy die produksie van die self-gepende liedjie se musiek self waargeneem het, en dat Bernie Millar die finale verwerking gedoen het met stem opnames en bykomende kitaar deur die briljante Sandy Robbie. Besoek die webwerf www.wildhorse.co.za en ondersteun Egmond en die kunstenaars deur hul musiek af te laai.





9 AUG '08
KOEKSISTER POP OP 24.COM



Egmond is onlangs gelys op die 24.Com website onder die musiek hofie. Die snitte Gee Voor Jy Groet en As Jy Wil is beskikbaar gestel om te sample voor die besoeker herlei word na die Rhythm Online musiek winkel. Die kommentaar is uitstekend: "Prolific Afrikaans heartbreaker gives fans of Modern Talking a reason to party with this synth-pop koeksister off his new CD, Ongevraagde "Hello"."





7 AUG '08
BRUG LELIES MAAK OPSPRAAK



Die debuut album se tweede enkelsnit word uitgereik. Na die radio onderhoud op Radio Kragbron in Julie vanjaar het die span agter Ongevraagde "Hello" besluit om nog 'n snit van die album gratis bekend te stel op die briljante WildHorse.Co.Za se Independent SA Artists website.

Update 14 Aug '08: Skaars 'n week na die liedjie bekend gestel is, het Brug Lelies in die nommer 3 posisie sy debuut gemaak as die mees afgelaaide liedjie vir die week, en sodoende ook 'n Silver Award ontvang. Die liedjie was nie die enigste snit in die top 10 nie - Gee Voor Jy Groet het dieselfde week in die nommer 10 posisie sterk gestaan, weke nadat dit ook op die webwerf bekendgestel is. Egmond vertel dat hy baie opgewonde is en dat daar nuwe verwikkelinge is met die IDSAA wat binnekort hier aangekondig sal word.





29 JUL '08
VIND EGMOND OP AFRIJAM.CO.ZA



Afrijam.Co.Za lys Egmond. Die webwerf www.afrijam.co.za spog met van Suid-Afrika se top talent - van Anke tot Frans & Cathy Maritz. Egmond het eersdaags ook by die webwerf aangesluit en tans is slegs Gee Voor Jy Groet beskikbaar. Daar sal binnekort ander snitte bekend gestel word. Gaan besoek dit vandag nog.





4 JUL '08
TERUG OP DIE LUG



Egmond kuier weer by Radio Kragbron. Egmond se eerste radio onderhoud sedert Desember 2005 het vandag, Vrydag 4 Julie om 13:15 plaasgevind op Radio Kragbron 93.1FM met omroeper Annelie Pretorius (foto inlas). Die halfuur lange geselsie het begin met die liedjie Gee Voor Jy Groet en het alles gedek rondom die album se ontstaan, Egmond se liefde vir musiek asook 'n bietjie meer insig oor die lied Brug Lelies (waarmee die onderhoud beeindig is). Na die onderhoud is daar ook 'n kopie van die album weggegee. Egmond se album is beskryf as 'n moet vir jou laserskyf collection wat iets vir elke dag bevat. Skakel gerus in by Radio Kragbron asook by hul webwerf op www.radiokragbron.co.za.





2 JUL '08
NOG 'N LISTING OP DIE INTERNET



Nog 'n webwerf lys Egmond. Egmond.Co.Za is vandag gelys onder die ANDER WEBTUISTES hofie (kliek op musiek daar binne) van die Afrikaanse webwerf Afrikaners.Org.Za. Die webwerf is 'n bron van waardevolle inligting. Besoek dit vandag nog.





19 MEI '08
ONGEVRAAGDE "HELLO" DIGITAAL BESKIKBAAR



Debuut album is van vandag af te koop op SA se top Mp3-webwerf, RhythmRecords.Co.Za. Met die tegnologie wat elke dag ontwikkel het Egmond besluit om die album digitaal beskikbaar te stel. "Die vrystelling kom op 'n goeie tyd," vertel Egmond, "omdat daar van vandeesmaand af baie blootstelling gaan wees vir die album." RhythmRecords.Co.Za en MyMusiek.Co.Za het saam oor die 10 000 mp3 snitte beskikbaar wat elke dag groei, en bekende kunstenaars sluit in Kurt Darren, Bok van Blerk, Chris Chameleon en Elizma Theron.





8 MEI '08
INDEPENDENT SA ARTISTS STEL GEE VOOR JY GROET BEKEND



Die debuut album se lead single word hier gratis vrygestel. Egmond se treffer Gee Voor Jy Groet is gratis uitgereik as lead single op die Independent SA Artists webwerf.

Update 15 Mei '08: Die liedjie het in sy eerste week reeds 'n Silver Award gekry vir 100 downloads en was in die nommer 2 posisie op die webwerf se top downloads.





6 MAR '08
SEWE ALBUM SNITTE OP REVERB NATION



Vir diegene wat na volledige snitte van die Ongevraagde "Hello" album wil luister, is daar van vandag af die geleentheid. Besoek www.reverbnation.com/egmond vir 7 van die album se snitte! Luister na Verslaaf, Gee Voor Jy Groet, Mors, V'more, As Jy Wil, Iewers en Gister. Daar is ook geleentheid om kommentaar te lewer oor die snitte en om 'n fan te word!!





29 FEB '08
ONGEVRAAGDE "RITMES" VRYGESTEL



Daar is min kunstenaars wat dit sou kon reg kry. Egmond reik vandag 'n 2de album uit!! Die eerste is natuurlik sy debuut album, en die 2de is 'n "Ekstras Album" wat getiteld is Ongevraagde "Ritmes". Die album is 'n accessory vir die debuut album en bevat raar demos en remixes. Wat hierdie vrystelling nog meer uniek maak is die bekendstelling daarvan in 2 formate - die eerste te koop op Lulu.Com en die 2de om af te laai absoluut gratis hier op Egmond.Co.Za vir 'n beperkte tydperk.

Die album speellys is as volg:
1) Dis Elektries (Demo)
2) Gee Voor Jy Groet (Badkamer Mix)
3) V'more (Mariano Suarez Mix)
4) Gister (Demo)
5) Jy's In My Bloed (Skoolsaal Mix)
6) Mors (Opgemorsde Mix)
7) As Jy Wil (Demo)
8) This Morning *
9) Electric (ft Nathi Louw) *
10) Proudly Africa (ft Pumi, Kefilwe & Sonto) *
* Download only bonus tracks





29 FEB '08
ONGEVRAAGDE "HELLO" VRYGESTEL



Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Ongevraagde "Hello", Egmond se debuut album, is vandag bekendgestel op Lulu.Com. Die album, wat 10 snitte bevat en 37:21 lank is, kan nou gekoop word op die webwerf. Egmond vertel dat hy verheug is oor die bekendstelling. "Dit het my baie lank geneem om tot hier te kom, maar ek is trots om te noem dat die dag aangebreek het en dat ek meer as net in my skik is met die finale produk!" Eksemplare sal voortaan aan radio stasies landswyd verskaf word.

Die album speellys is as volg:
1) Mors
2) V'more
3) Gee Voor Jy Groet
4) As Jy Wil
5) Iewers
6) Gister
7) Jy's In My Bloed
8) Dis Elektries
9) Brug Lelies
10) Verslaaf





28 FEB '08
DEBUUT ALBUM SE LAASTE SNIT OPGENEEM



Verslaaf, die laaste snit vir Egmond se debuut album, is voltooi! Die up-tempo liedjie, wat spog met verwysings na "The Lord Of The Rings", is die perfekte manier om die album af te sluit, vertel Egmond. Die ritme is geinspireer deur die Sugababes se musiek. Verslaaf is voltooi deur Bernie Millar met kitaar deur Tshepo Mohapi. "Ek wou eers die liedjie as 'n ballade gehad het, maar die musiek het deur my kop gemaal en ritme opgetel. Dit het reg gevoel." Verslaaf is dieselfde dag geskryf as Gister in 2004, en het sy pad na bo uitgeveg om opgeneem te word. "Dit was so ampertjies of Rooi was opgeneem, maar die liedjie is geskryf as 'n duet en sal vir eers eenkant geplaas word," sÍ Egmond.





28 NOV '07
BRUG LELIES LIEDJIE VOLTOOI



Die veel bespiegelde snit word voltooi vir die debuut album. Die eerste keer toe Brug Lelies genoem was op Egmond.Co.Za was in Maart vanjaar. Die ballade, wat saam met oud-kollega Nathi Louw geskryf is, het dadelik sy plek losgeslaan op die album en het die veel gedugte Rooi vervang (wat sedert 2004 hier bespiegel is). Vandag kan daar met trots aangekondig word dat die snit voltooi is vir die album. "Ek't reeds in Julie vir producer Bernie Millar die snit gegee om na te luister. Dit was amper opgeneem in Oktober, maar As Jy Wil het die ballade voorgespring. Die tyd was nou reg!". Die snit, wat 'n briljante diep liedjie is, verbaas tot die sanger. "Ek't nooit gedink dat die liedjie wat ontstaan het as 'n grap, so sou uitdraai nie!". Nathi vertel dat hy in die kantien besig was om op sy kitaar rond te speel toe hy na Egmond toe oorgeloop het en hom gechallenge het om woorde by die musiek te sit wat hy besig was om te ontdek. "It came naturally to him," herinner Nathi. "He just started humming to the melody and moments later he pulled out his diary and wrote the lyrics to the song." Egmond lag oor Nathi se probeerslae om die titel uit te spreek. Beide kunstenaars het in Julie vanjaar vir die eerste keer saam opgetree waar hul die snit Electric opgevoer het. Nathi speel kitaar op Brug Lelies en word ondersteun deur Tshepo Mohapi, 'n lid van Nathi se band, wat die solo gespeel het vir die liedjie.





25 OKT '07
AS JY WIL LIEDJIE OPGENEEM



As Jy Wil, 'n nuwe dans nommer, word voltooi. Na 4 jaar se gespog oor die liedjie As Jy Wil wat nog net 'n paar mense gehoor, kan daar met trots aangekondig word dat die liedjie voltooi is vir die album! "Dit is my beste liedjie ooit!" vertel Egmond. "Toe ek dit geskryf het in 2003, het ek geweet dis 'n cool liedjie. Ek't nooit geweet dat dit so sou uitdraai nie!!" Met 'n totale nuwe klank en ritme is As Jy Wil perfek vir die dansvloer! Die liedjie was veronderstel om saam met die ballade Rooi opgeneem te word, maar Egmond vertel dat daar besluit is om die ballade 'n ruskans te gee en eers volgende aan Brug Lelies te werk in November.





15 OKT '07
PROUDLY AFRICAN OPGENEEM



Egmond neem nog 'n tema liedjie op vir 'n winkel groep. Op 10 Oktober het Egmond weer die studio betree om Proudly African op te neem. Die Engelse liedjie maak gebruik van die agtergrond musiek en melodie van Gee Voor Jy Groet, maar met addisionele Afrika instrumente. Die snit, wat ook die maatskappy se jingle bevat, is ook opgehelder deur die 3 dames wat die langste vir die groep werk, naamlik Pumi, Kefilwe en Sonto. Die opname het plaasgevind by Air Studios van Bernie Millar. Egmond vertel dat die woorde geskryf is saam met Kgomotso Makokwe, een van die groep se werknemers.





13 JUL '07
ELECTRIC (FT. NATHI LOUW) OPGENEEM



Kort op die hakke van Dis Elektries is die skielike ontstaan van 'n Engelse weergawe getiteld Electric. Die liedjie is op aanvraag van 'n klere winkel ketting geskryf en opgeneem vir die maatskappy se opleidings program ACE. Egmond vertel hy was gevra om die liedjie te skryf deur die groep se area bestuurder Riko Slabbert nadat hul te hore gekom het van sy opnames. Die demo is ingedien as 'n voorbeeld en met 'n klein titel verandering is die liedjie gebore, opgeneem en uitgereik as 'n limited edition CD-single. Die liedjie is ook in Johannesburg opgevoer aan 130 geesdriftiges wat vir die ketting winkel werk. "Die crowd was amazing!" Nathi Louw (wat 'n nuwe liedjie Brug Lelies saam met Egmond geskryf het) het ook bygedra tot die snit en was deel van die vertoning.





11 JUL '07
DIS ELEKTRIES: 7DE LIEDJIE VOLTOOI



Wat onstaan het as 'n remix vir Gee Voor Jy Groet, het later ontaard in 'n liedjie van sy eie. Dis Elektries se lirieke is geskryf in Junie 2006 en nog dieselfde maand opgeneem by Barend du Plessis, maar die musiek se ontstaan het reeds in 2004 plaasgevind toe Egmond met sagteware 'n liedjie aanmekaar geslaan het was sou dien as 'n remix van Gee Voor Jy Groet. Daar was tot agtergrond stemme opgeneem daarvoor met Anndeline Botha (wat in die This Morning musiek video speel). Tot 2006 toe 'n ander deuntjie ontdek was in die musiek. "Ek't gehou van die rave weergawe wat ek in 2006 opgeneem het maar iets was missing. Tot ek een van my kollegas gevra het of hy die liedjie sou kon mix." Thabang Makoe (foto inlas) en sy vennoot Kgotso Shomang het die musiek oorgedoen en 'n house weergawe het ontstaan! Die oorspronklike musiek is voltooi in Maart 2007 maar die stem is eers verlede week 4 Julie voltooi. Om die liedjie daai bietjie ekstra skop te gee, het Bernie Millar voorgestel om weer vir Sandy Robbie te gebruik vir 'n bietjie elektriese kitaar. Die resultaat is elektries! Die liedjie is vandag as voltooi afgemerk.





7 JUL '07
GEE VOOR JY GROET WORD VOLTOOI



Gee Voor Jy Groet is voltooi!!!! Met meer as 3 jaar se gewag om die liedjie te voltooi, het Egmond ons baie in sy noppies vertel vandag dat hy die voltooide weergawe van Gee Voor Jy Groet van producer Bernie Millar ontvang het. Die liedjie is begin in Februarie 2004 saam met producer Renier Henn. Die liedjie het oorpronklik eers soos iets soorteglyk aan "Tussen Treine" geklink, maar iets was skort. Twee maande daarna is die musiek ooropgeneem en in Julie 2004 het stemopnames begin in Modimolle. Die agtergrond sangers was Renier se vrou Esti en Marisella, 'n plaaslike nagtegaal. Die lead vocals is opgeneem maar dinge het skeefgeloop. Die studio het geskuif, Egmond het getrek en vir meer as 'n jaar het die liedjie in die laai gelÍ. Todat 'n herskrywe as Jy's In My Bloed by Bernie Millar opgeeindig het en in Junie 2005 ooropgeneem was. Maar die oorspronklike musiek van Gee Voor Jy Groet het bly spook en 'n jaar daarna is 'n nuwe melodie saam met die musiek uitprobeer teenoor 'n gehoor. Die reaksie het was die regte boost om die snit terug in die studio te kry. Die stem is opgeneem by Bernie Millar op 4 Julie saam met 'n nuwe weergawe van Dis Elektries. "Die liedjie is nog beter as wat ek gedink het dit sou wees. Die musiek en die koor maak dit beslis!!" Volgens Egmond sal die liedjie dien as die album se lead single.





1 JUN '07
NOG RADIO STASIES BEGIN EGMOND SPEEL



Vier radio stasies lys Egmond se musiek op hul speellyste. Twee van RFM se stasies asook Radio Lichtenburg en Kraaipromosies het die afgelope paar maande Egmond se musiek begin speel. Op Sondag 27 Mei is die EP voluit gespeel tydens die Vrystaat Mambo op die internet stasie Uitsaaines, waar Egmond se musiek ten minste 1 keer per dag op die stasie gespeel word. Tydens die spesiale speling van die EP het omroeper Raymond Greenberg Egmond bekend gestel aan die luisteraars en die lewendige terugvoering van die gehoor was uit die boonste rakke.





30 APR '07
AFRIKAANSNET.CO.ZA SKRYF OOR EP



Die Ongevraagde "Hello" EP het nog 'n voorblad gehaal. Die keer rapporteer die AfrikaansNet.Co.Za webwerf oor die EP. Die site skryf nuus oor allerlei ditjies en datjies in Afrikaans. Besoek gerus die tuiste van Afrikaanse nuus en lug jou mening hier oor verskeie onderwerpe!





20 APR '07
BLADSY OP VETSEUN.CO.ZA



Die Ongevraagde "Hello" EP het sy eie bladsy gekry op die Vetseun.Co.Za website. Die webwerf van reeds die afgelope jaar rapporteer oor Egmond se musiek het 'n foto van die EP asook 'n volledige tracklisting daarvan geplaas, insluitende skakels na die musiek videos vir Mors, V'more en This Morning.





17 APR '07
ARTIKEL OP KUIER.CO.ZA



Kuier.Co.Za skryf oor die nuwe EP. Met meer as 10 000 besoekers binne 24 uur aan Egmond se webwerf kort na die EP bekendstelling, het die nuus nog verder versprei. Die vrystelling het opspraakwekkende gevolge gehad met listings op verskeie websites, insluitend Vetseun.Co.Za, Musiek.Co.Za asook Rieme.Co.Za. Die mees opspraakwekkende artikel het op Kuier.Co.Za verskyn. Skaars 'n jaar terug was die eerste artikel oor Egmond op die website - en nou is Egmond weer terug op die voorblad. Gaan besoek gerus www.kuier.co.za vir meer informasie oor die artikel.





12 APR '07
VRYSTELLING VAN EP



Die eerste offisiŽle EP vir Ongevraagde "Hello" word gratis uitgereik. Egmond.Co.Za stel vandag die EP vir gratis aflaai beskikbaar. Die idee vir die EP het onstaan met die geboorte van die opkomende "Ekstras Album" wat ook beplan word om later vanjaar bekend gestel te word. Die EP bevat 5 liedjies waarvan 4 reeds op radio gespeel het. Daar is ook 'n omslag vir die EP ontwerp wat jy kan aflaai en tuis druk. Besoek die ALBUMS afdeling om die EP af te laai. Die EP sal slegs vir 'n beperkte tydperk beskikbaar wees.





2 MAR '07
OPNAMES & OPTREDES



Twee nuwe liedjies word opgeneem maar nie voltooi nie. In Junie 2006 was daar sprake dat 2 liedjies opgeneem is vir die debuut album en dit kan bevestig word dat beide Dis Elektries en Gee Voor Jy Groet in Johannesburg by Barend du Plessis opgeneem was, maar die liedjies nie voltooi is nie. 'n Nuwe demo vir die beplande duet met Marisella, getiteld Rooi, is ook opgeneem maar nog geen datum is vasgemaak vir die opname nie. Egmond het ook nuwe musiek geskryf, onder andere die ballade Brug Lelies saam met Nathi Louw. Intussen is daar 'n handjievol vertonings gelewer vir klein gehore in Rosebank en Sandton.





2 JUN '06
OPTREDE IN BELA BELA LEWER NUWE MUSIEK OP



Egmond stel nuwe weergawe bekend van Gee Voor Jy Groet tydens vertoning. Na meer as 20 maande se gewerskaf aan die opkomende debuut album, het Egmond sy tuisgehoor vermaak met 6 liedjies waarvan 4 nog nooit voor 'n gehoor gesing is nie, en waarvan 2 vir die eerste keer aan die publiek bekend gestel is, insluitende Gee Voor Jy Groet - 'n nuwe weergawe met die oorspronklike musiek van 2004. Iewers, wat in Februarie vanjaar voltooi was, is ook vir die eerste keer opgevoer. Die vertoning was by die Bela-Bela Toerisme Fees die 27ste Mei. Die omstrede Gee Voor Jy Groet het die beste aftrek vir die aand gekry. Die optrede was kort voor Kurt Darren en Mandoza se vertonings.





9 MEI '06
DIE KNOOP LYS EGMOND



Webwerf lys Egmond. Vandag is Egmond.Co.Za geplaas as skakel op die webwerf DieKnoop.Co.Za onder Musiek/Kunstenaars. Dit is inderdaad 'n voorreg om op die webwerf geplaas te word waar kunstenaars en besighede van formaat daagliks gelys word. In plaas van om Google te gebruik, gebruik gerus Die Knoop.





21 APR '06
ARTIKEL OP KUIER.CO.ZA



Egmond se eerste "kuber-ruimte" nuusberig verskyn op Kuier.Co.Za. Die webwerf verskaf nuus oor allerlei interesanthede wat van grys hare tot nuwe musiek gaan. Egmond se "biografie" verskyn onder die Musiek afdeling. Besoek gerus die webwerf vandag nog.





2 FEB '06
IEWERS: 5DE LIEDJIE VOLTOOI



Die eerste liedjie vir 2006 is vandag voltooi. Na 'n 4 maande lange stilswye oor wat aan die broei is in die ateljee nadat daar in September '05 bekend gemaak is dat Iewers opgeneem gaan word, is die liedjie afgemerk as voltooid. Dit is die 2de liedjie wat vir die album by Renier Henn voltooi is, nadat Gee Voor Jy Groet verlede jaar ooropgeneem is as die herdoopte Jy's In My Bloed by Bernie Millar.





9 DES '05
ONDERHOUD OP RADIO KRAGBRONG



Egmond is terug op die radio. Egmond het weer sy verskyning gemaak op radio - die keer in Witbank by Radio Kragbron, 96FM. Die stasie met visie het Egmond vir 'n onderhoud genooi en dit het plaasgevind "live" die aand van 8 Desember. Egmond het 'n hele uur lank gesels met omroeper Martin Jansen wat hom uitgevra het oor waar sy loopbaan begin het en waarheen hy oppad is. Al 4 van Ongevraagde "Hello" se voltooide opnames het ook die lug gesien asook met 'n eerste speling van This Morning, Gister en Jy's In My Bloed. Die onderhoud was volgens Egmond "baie cool" en hy vertel dat dit vir hom 'n eer was om saam met die bekende omroeper op die lug te wees. Skakel gerus in by Radio Kragbron en dring aan op Egmond se musiek!!





19 AUG '05
GISTER OPNAME VOLTOOI



Gister is Egmond se Ongevraagde "Hello". Na drie maande se gesukkel om Gister die regte vibe te gee is die nuutste opname van Egmond voltooi en reg vir radio. Gister is opgeneem einde Junie / begin Julie maar die finale meng is eers voltooi vroeg Augustus. "Dis seker een van die weirdste songs wat ek nog gedoen het," vertel Egmond, "maar dis defnitief unique." Egmond het na 'n paar uitstellings - nl. griep (die kitaar speler was siek), fame (Glenda van Clout, wat onlangs weer geruinite het, was besig met optredes), verjaarsdae (Egmond was vir 'n paar dae weg by 'n spa) en werk - eers weer by die studio uitgekom. Dit is die "rofste" Egmond liedjie tot op hede. "Dit was tussen Gister of As Jy Wil en ek moes kies watter een volgende opgeneem gaan word," het 'n opgewonde Egmond meegedeel, "maar Bernie my producer het 'n great idee vir Gister in sy kop gehad en ek't met sy gut feel gegaan". Die debuut album se titel is bevat in die liedjie en volgens Egmond is dit 'n baie spesiale snit - aangesien dit ook sy eerste liedjie was wat hy van die begin af in Afrikaans geskryf het.





12 JUN '05
JY'S IN MY BLOED IS EGMOND SE DERDE OPNAME



Die finale meng vir Egmond se derde opname Jy's In My Bloed is vandag voltooi. Producer Bernie Millar (wat V'more opgeneem het in 2003) is agter die opname van Jy's In My Bloed (voorheen getiteld Gee Voor Jy Groet). Die woorde is volgens Egmond etwat herskryf en producer Bernie het sy eie weergawe van die liedjie geskep. Egmond noem dat hy baie jammer om die briljante weergawe van Gee Voor Jy Groet te verloor maar dat hy met die nuwe musiek besluit het om slegs die titel te verander, en so met 'n splinternuwe liedjie na vore gekom het. Die oorspronklike backtrack wat opgeneem is by Renier Henn vir Gee Voor Jy Groet is vir eers in die laai geplaas.





28 AUG '04
GEE VOOR JY GROET NUUS



Die nuwe opname word op ys geplaas nadat Egmond verhuis. Kort na die sukses van die W.M.O.T.Y vertoning hierdie maand word Gee Voor Jy Groet, wat vir die eerste keer opgevoer was, vir eers op ys geplaas. Volgens Egmond is die studio self geskuif na Johannesburg toe, en dat hy self ook verhuis na Gauteng. "Ons beplan om die liedjie weer te takel in die nabye toekoms." Tot dusver is daar verneem dat slegs die agtergrond stem opnames voltooi is met Esti Henn, Egmond en Marisella.





8 AUG '04
W.M.O.T.Y OPTREDE



Optrede in Modimolle spog met nuwe liedjie. Egmond het gisteraand opgetree by die Waterberg Model of the Year 2004 in Modimolle en was self een van die beoordelaars. Francois Lensleigh, beter bekend as Marco van 7de Laan, was ook een van die beoordelaars. Twee vertonings was geskeduleer voor en na pouse en die liedjies in sy repoirtaire was die splinternuwe Gee Voor Jy Groet en V'more. Mors het ook 'n onverwagte draai gemaak as encore aan die einde van die aand. Fotos van Egmond het selfs verskyn op die inskrywings vorm van die kompetisie.





31 MEI '04
BELA BELA OPTREDE



Egmond tree op voor sy grootste gehoor nog. Geskeduleer vir 2:30nm op Sat. 29 Mei by die Bela Bela Tourism Festival as Anke se voorskou (Idols 2003 wenner), moes Egmond die skare 'n halfuur lank opwarm voordat die main event sou begin om 3 uur. Maar 5 min. voor hy die verhoog sou betree met 6 liedjies wat spesiaal vir die konsert voorberei is, het die organiseerders opgedaag en meegedeel dat Anke haar show moes vervroeg omdat sy vroeg moes vertrek na die SAMA's wat by Sun City plaasgevind het. Die 30 min. wat op die program toegestaan was, is ingekramp in 'n korte 8 min. vir sy 2 liedjies V'more en Mors. Die vertoning was uitstekend en baie goed ontvang. Die fees was die grootste van sy aard nog met meer as 15 000 besoekers.





10 APR '04
MUSIEK OP RADIO LAEVELD



Mors begin speel op Radio Laeveld. "Dit was 'n groot eer om vandag uit die bloute uit gebel te word deur omroeper Robin J van Radio Laeveld," het Egmond opgewonde vertel. Na sy onlangse onderhoud op Radio Pretoria het omroeper Pieter sy vennoot in Mpummalanga geskakel en vertel van die nuwe opkomende kunstenaar. Die gras het skaars gegroei of Egmond is gekontak om sy liedjies ooste toe te pos vir Afrikaans-honger luisteraars. Robin het aan Egmond vertel dat Mors die beste ontvang is na die eerste speling en dat dit binnekort gereeld gespeel sal word.





1 APR '04
VIDEO VIR MORS BEKEND GESTEL



Mors kry 'n spesiale musiek video. Soos gerapporteer vroŽer vanjaar is die "memories" musiek video vir Mors vandag bekend gestel. Die video bevat fotos van Egmond se loopbaan tot en met hede en sluit ook sy vertoning by die AKK Kunstefees in.





28 MAR '04
A.K.K. OPTREDE



Modimolle was gisteraand in rep en roer oor die Gala Event van die jaar. 'n Modeskou gemeng met musiek vir oud en jonk deur plaaslike opkomende kunstenaars het in die Stadsaal plaasgevind met eregaste Connie en Simphiwe van 7de Laan. Egmond het opgetree as gaskunstenaar en het die liedjies Mors en V'more gesing vir 'n gehoor van meer as 250. Na die optrede het verskeie mense in die gehoor vertel dat hulle alreeds Mors op die radio gehoor het. Gedurende die mode parade het Egmond self sy lyf model gehou ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis se fonds insameling. Rocha Creations International se voorste modes is vertoon.





23 MAR '04
ONDERHOUD OP RADIO PRETORIA



Egmond voer sy eerste radio onderhou. In 'n ekslusiewe eerste onderhoud of Radio Pretoria het Egmond met Pieter Rischmuller vir 'n halfuur lank gesels oor die Fonds Insamelings Projek vir die AKK waarby hy betrokke is, asook sy opkomende debuut album waarvan beide Mors en V'more op die lug gespeel is. Die onderhoud saam met Margi Horak en Anneke van Deventer (een van die Entrepreneurs) het plaasgevind tydens die program 10/10 om 15:20.





16 FEB '04
VALENTYNS OPTREDE



Valentyns-optrede spog met eerste vertoning van Mors. Egmond was gistraand een van die gas kunstenaars te Avuxeni Modimolle waar Mors sy eerste publieke bekendstelling gehad het! "Dit was onbepland, maar dit was wonderlik. Die Valentyns bal was bedrywig en bestuurder en vriend Chris Dyzel het my gevra om op te tree nadat hy die liedjie by my gehoor het. Ek kon nie anders nie!" Die gehoor se reaksie was belowend en 'n teken dat die opnames vir sy debuut album in die regte rigting gaan.





9 FEB '04
MORS VOLTOOI



Die tweede liedjie vir Egmond se opkomende debuut album is in die kan! Opnames vir die eerste liedjie by AdRock Recording Studios & Productions het vlot verloop tydens vroeg Januarie, maar na hardeware probleme moes alle opnames gestaak word. Mors, wat 90% klaar was, moes van voor af begin word. Die 90% weergawe was aan 'n toetsgehoor in die Kaap geneem om uitspraak te kry oor die liedjie se rigting en die reaksie was baie goed. "Toe ek terug gekom het uit die Kaap uit, het ons die liedjie voltooi. Die weergawe wat vir my gewag het by die huis was amper onherkenbaar van die amper-klaar-weergawe! Ek't geweet dis hoe dit moet klink!" Daar is intussen gewerskaf aan 'n "memories" video vir Mors wat fotos insluit van die hele proses rondom die opnames.





2 FEB '04
FOTO-SESSIE IN CENTURION



Debuut album foto-sessie vind plaas. Tydens 'n onverwagte ontmoeting met 'n ou skool vriendin is Egmond genooi om te "poseer" vir die kamera. Die fotograaf, Jeanie de Beer, wat saam met Egmond groot geword het, het vandag 'n fantastiese foto-sessie opgelewer vir sy opkomende debuut album. Die foto-sessie het byna 'n uur geneem om te voltooi.





1 JAN '04
ALBUM TITEL BEKEND GEMAAK



Nuwe jaar, nuwe kanse, nuwe Egmond. Egmond spog met 'n nuwe voorkoms wat menige sal laat vra hoekom? "Dis 'n nuwe jaar vol geleenthede en ek't besluit om ontslae te raak van die ou jaar met al sy dinge". Volgens Egmond het hy en Renier Henn reeds begin met opnames vir sy debuut album en dat hy baie gelukkig was met die titel wat onverwags gekom het - aldus die verandering. Sy debuut album se titel heet Ongevraagde "Hello" en volgens Egmond sal meer inligting verskaf word met betrekking tot die titel soos wat die album opgeneem word.





31 DES '03
V'MORE MUSIEK VIDEO VRYGESTEL



V'more kry 'n musiek video. Egmond se eerste Afrikaanse liedjie het pas ook 'n musiek video ryker geword. Die video bevat 'n klomp scenarios wat self deur die sanger ontwerp en opgeneem is en gaan oor 'n obsessiewe aanhanger wat al die sanger se doen en late volg. Met 'n muur vol plakkate en die video van This Morning op TV, kon die aanhanger nie minder as om alles op te volg op die webwerf nie, met koerant en tydskrif uitknipsel orals in haar kamer. Die 2 hoogtepunte was natuurlike toe sy Egmond ontmoet het en ook die Oscars beskou het! Egtoon Network het ook hul weeklikse episode van Super Egg uitgesaai!! Loer hierbo na die musiek video.





13 DES '03
ONBEPLANDE OPTREDE LEI TOT DEBUUT ALBUM



'n Onverwagte cameo by 'n Adam Tas konsert lei tot groot dinge. Gistraand is Egmond genader deur die ene Mnr Renier Henn van AdRock Recording Studios & Productions vir die opname van 'n "onbeplande" album by sy studio in Modimolle. Skrywer en sanger Adam Tas het tehore gekom dat Egmond in die gehoor is en het hom gevra om te kom sing. Egmond het toevallig dieselfde dag nog die nuwe backtrack vir die pas voltooide V'more gekry. In 'n baie eksklusiewe onderhoud het Egmond vertel dat hy baie opgewonde was en nie sy ore kon glo toe hy genader is deur Henn nie. "Na ek geluister het na sy werk het ek geweet dis die rigting om te gaan!" Opnames begin iewers in Desember en die album sal beteken dat Egmond moet verhuis vanuit Hermanus binne die volgende paar weke. Wat sover bekend gemaak kan word is dat die eerste liedjie se titel Mors is.





3 DES '03
V'MORE WORD OPGENEEM



Egmond het vandag die opname van sy eerste Afrikaanse liedjie V'more voltooi. Egmond het gister in die Gauteng gearriveer vir die opname van This Morning se Afrikaanse weergawe. Egmond het kort na sy onverwagte optrede by die Nylstroomse Sang Fees verhuis na Hermanus, waarna hy 'n handjievol nuwe musiek geskryf het, insluitende Me, The Absolutely Fabulous en I'm A Flower. Laasgenoemde was veronderstel om sy volgende studio opname te wees, maar daar is besluit om This Morning in Afrikaans te probeer juis omdat die klank uit sou staan in die Afrikaanse mark. Daar word ook gerapporteer dat 'n musiek video opgeneem gaan word later in Desember.





15 AUG '03
AMOK MUSIEK



Plaaslike koerant "Die Pos" berig oor This Morning. Die Bosveld koerant Die Pos het 'n artikel geskryf oor die bekendstelling van This Morning, waarin hul alles vertel het oor die begin van Egmond se loopbaan. Die artikel het 'n foto ingesluit van 'n foto sessie wat einde Junie plaasgevind het deur fotograaf Yadie Schutte. Kommentaar oor This Morning was dat dit "wonderlike musiek" is. Joernalis Bea Emslie het die onderhoud gedoen. Intussen word This Morning gereeld gespeel by die vakansie oord Avuxeni.





13 AUG '03
THIS MORNING MUSIEK VIDEO OPGENEEM



Die nuwe musiek video is opgeneem in Egmond se kamer!! As gevolg van 'n "low budget" is 'n wit en swart musiek video met 'n paar van Egmond se vriendinne opgeneem in Modimolle vir die debuut enkelsnit This Morning. Die video gaan oor die meisies wat omtrent mekaar se hare uitpluk om by die sanger uit te kom, maar op die ou einde moet almal vrede maak dat vriendskap die in ding is en liefde uit. Die video sal op die CD-single ingesluit wees wat hier te koop aangebied gaan word later hierdie maand.





8 AUG '03
THIS MORNING DEBUUT OPNAME



This Morning is voltooi. Egmond se debuut opname is opgeneem in Junie en Julie by Bernie Millar in Johannesburg. Die liedjie is die afgelope paar maande opgevoer by 'n vakansie oord buite Nylstroom as deel van sy set list wat bestaan uit liedjies wat hy self geskryf het. Die finale liedjie is vandag ook opgevoer tydens Egmond se weeklikse konsert by Avuxeni Resort buite die dorp.




© 2018 Egmond.