TRACKLISTING
1) Dis Elektries [ft Yolandi]
2) Dis Elektries [Deel 2]

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO

Hulle sÍ as dit donker word en die maan se lig begin skyn | Is daar dinge wat verander en net die jonges kan dit voel | Hulle sÍ dis elektries | Hier staan ons | Ek sien jou hande soek verdwaald | Hier gaan ons | Na 'n plek dus anderkant die maan | Kom saam ons | En jou eend verander in 'n swaan | Voel jy dis elektries | Sien jy dis elektries | Hoor jy dis elektries | Ruik jy dis elektries | Verstaan ons | Die swart ring skadus is ons oŽ | Ontgaan ons | Die donker ritme hou ons bo | Bestaan ons in die buitekringe van jou naam | Vergaan ons en jy proe jou sintuie word naar...


INLIGTING

UITGEREIK 5 SEPTEMBER 2010
DIS ELEKTRIES
(ft Yolandi)

Die sesde single (en vierde musiek video treffer) vanaf Ongevraagde "Hello" is 'n duet met Yolandi wat opgeneem is in 2010. Die liedjie word sedert Mei 2010, vyf maande voordat dit uitgereik was, hewig bespreek nadat dit sy bekendstelling gehad het by die Bela Bela Tourism Festival. Vir diegene wat weet word daar eintlik reeds sedert 2006 berig oor die snit.

Dis Elektries se musiek is deur Egmond 'aanmekaar' geslaan met sagteware wat hy toevallig ontdek het in 2004. Dit was net 'n "kom-ons-kyk-wat-gebeur-as-ek-dit-en-dit-druk" sessie volgens Egmond, en die musiek was in die laai gebÍre. Toe daar in 2006 in die argiewe laai gekrap word, duik die musiek track weer op. Die mense in Egmond se binnekring het dit 'elektries' genoem. 'n Week later is daar bypassende lirieke geskryf. 'n Paar maande later is dit opgeneem by sy oom Barend du Plessis. En vir die wat gewonder het hoekom Egmond so stil was in die laaste helfde van 2006, was daar meegedeel in die Nuus afdeling dat hy 2 demos opgeneem het. Dis Elektries was een van die snitte.

Die opname het geklink asof iets kort, en Egmond het 'n vriend genader om die snit te remix. 'n House track het ontstaan en dit is opgeneem vir die album in 2007. Hierdie weergawe, herdoop met die suffix "Deel 2", is nie ingesluit op die debuut album nie. Dit het volgens Egmond nie by die album se styl gepas nie, maar in 2012 is dit ingesluit as deel van die Ongevraagde "Ritmes" versamelings-album.

Kort nadat As Jy Wil aandag getrek het op die internet toe dit as enkelsnit uitgereik was in vroeg 2009, het Egmond dit oorweeg om 'n vroulike stem by die oorspronklike opname van Dis Elektries te probeer. 'n Briljante sangeres het in Mei 2009 haar stem verleen aan die snit, en dit was geskeduleer om in Junie 2009 uitgereik te word, maar weens faktore buite Egmond se beheer, was die single onttrek en vervang deur Mors.

In 2010 nadat Gee Voor Jy Groet op ASTV begin draai en die aanvraag vir nog Egmond videos gegroei het, het Dis Elektries se tyd weer aangebreek. Yolandi van Deventer (wat saam met Egmond op skool gesing het) is genader om haar stem te verleen aan die snit. In vroeg Mei 2010 is die liedjie voltooi en is dit bekendgestel aan 'n gehoor tydens een van sy konserte. Die liedjie is eers in September 2010 uitgereik as enkelsnit aangesien die video van As Jy Wil toe in produksie was.

Om van die geleentheid gebruik te maak is die video van Dis Elektries beplan om 'n opvolg van As Jy Wil te wees, wat ge-eindig het met die woorde "Word Vervolg". Yolandi se cameo in lg. video het die tonge laat klap. In As Jy Wil se video word Egmond wakker na 'n droom en sien Yolandi op die TV wat hom blaas met "fairy dust", en nadat hy in die TV 'opgeneem' word, speel 'n hele avontuur af met presies dieselfde karakters wat in Gee Voor Jy Groet se video was."

Dis Elektries het in Julie 2011 gespeel tydens 'n program oor Egmond op die stasie Uitsaaines. In Augustus het die liedjie vanuit nÍrens die stasie se Top 10 betree in die nommer 8 posisie, en het die daaropvolgende week gespring na nommer 2. Die liedjie was vir 10 weke lank in die nommer 2 posisie voordat dit gespring het na #1 waar dit vir 8 weke lank koning gekraai het. Na 22 weke het Dis Elektries die Uitsaaines-charts verlaat. Dis Elektries is ook ingesluit op die CD-single van Vlieg, wat te koop was in Musicco winkels.

Die 5 jaar herdenking enkelsnit van Dis Elektries is in Desember 2015 uitgereik met die Deel 2 weergawe as b-side. 'n "Remake" van die liedjie is in 2016 uitgereik.

© 2017 by Egmond.