Met digitale verkope van oor die 800 duisend eenhede moet daar iets uniek wees aan die veelsydige liedjie skrywer en sanger wat die afgelope 15 jaar Suid-Afrika (en in baie gevalle, die res van die wÍreld) vermaak. As digter publiseer Egmond reeds op 19 'n klompie gedigte in Engeland. Sy liefde vir skryf en musiek het reeds op 17 bymekaar gekom toe hy sy eerste liedjie This Morning geskryf het, wat uiteindelik 6 jaar later opgeneem word. Die res is soos hul sÍ, geskiedenis.

Sy debuut album Ongevraagde "Hello" is Oktober 2011 uitgereik, maar sedert die treffer Mors in 2004 op Radio Pretoria gespeel het, word daar vir 7 jaar lank gesels in verskeie radio onderhoude oor die nuweling op die Afrikaanse musiek toneel. Sy deurbraak volg in 2010 op ASTV met die treffer video vir Gee Voor Jy Groet. Die album bevat ses top 10 treffers, waarvan Dis Elektries (ft Yolandi) vir 8 weke lank #1 gekraai het op Uitsaaines. 'n Tweede #1 treffer, As Jy Wil, was die top download op Wildhorse.Co.Za. Die album was ook te koop aangebied in Musicco.


Egmond se tweede album Ongevraadge "Ritmes" word in 2012 uitgereik. Ongelooflik, die eerste single, maak skokgolwe op Channel24 in April 2013 toe dit 'n bespiegelde lys haal. 'n Verwerkte weergawe van Jy's In My Bloed word as 2de treffer uitgereik en die kollig word gedeel met die internasionale superster Glenda Millar van die groep Clout.

In Oktober 2014 word sy derde album Vuil Wasgoed uitgereik, voorafgegaan deur Vlieg, 'n duet met die nagtegaal Yolandi. Die opvolg treffer Kom Red My breek nuwe rekords met 'n 11 000 kyker getal op You Tube. Sy versamelings album 1 Dosyn - Grootste Treffers word in Augustus 2015 uitgereik en bevat 'n nuwe (herdoopte) weergawe van die derde Vuil Wasgoed treffer Paradys. Die snit is getiteld Jy's In Paradys en word uitgereik as lead single in Junie 2015.


In Desember 2015 as geskenk aan sy aanhangers word die iTunes Connect Demos projek op die iTunes Connect platform uitgereik; 'n twee volume versameling van Afrikaanse en Engelse demos wat opgeneem is tussen 2003 en 2011 en waarna gratis geluister kan word op die streaming service.

DJ [ft Algorrid3m & Sandy Robbie] word in Augustus 2015 uitgereik as lead single vanaf die Nog Vuil Wasgoed album, wat ook die 2015 Remake insluit van Kom Red My (wat Uitsaaines se Top 20 in vroeg 2016 geklim het tot die nommer 17 posisie). Die Nog Vuil Wasgoed album word in September 2016 uitgereik, 'n week na die vrystelling van die double A-side single Melkweg ReŽnboog / ReŽn (Aan Die Brand Steek). 2017 word afgesluit met die Engelse single Better Days en die verrassende 5-stuk EP Lights Blinding, Egmond se eerste Engelse album. Kort voor Kersfees 2017 reik Egmond ook sy eerste feesseisoen enkelsnit uit, This Morning (Christmas For The Broken-Hearted), wat 'n kers-weergawe is van die oorspronklike 2003 debuut.


Na vier Afrikaanse studio albums, 'n Engelse EP en tonne kleurvolle musiek videos, wat hou die toekoms in? 2018 skop af met 'n remix enkelsnit van die treffer Melkweg ReŽnboog, wat se musiek video in die eerste maand reeds oor 'n duisend kykers getrek het op You Tube. Die liedjie word boonop in die Treffers Radio Top 30 opgeneem en in Februarie land dit in die nommer 1 posisie. ReŽn Aan Die Brand Steek haal die #4 posisie in April die Top 30 op Treffers Radio, terwyl Better Days skielik sukses behaal op HOSA Radio se Engelse Top 10. Die liedjie se musiek video steek verby 10 000 kykergetalle op You Tube in Mei. Sirkus Applous, Egmond se opkomende tweede grootste treffers versameling, word beplan om in Julie 2018 uitgereik te word. Die album word voorafgegaan met Koebaai, Egmond se nuwe Afrikaanse enkelsnit.

Egmond is 'n ThunderCats, She-Ra, Lord of the Rings, Harry Potter en Roxette aanhanger, het 'n trilogie geskryf getiteld The Stone Heroes, hou van flieks, tv reekse en sy ouma se koeksisters. Next Music distrubeer Egmond se musiek op iTunes en vele ander platforms.

Vir meer besonderhede, kontak musiek@egmond.co.za.

© 2018 Egmond