TRACKLISTING
1) Iewers [Single Edit]
2) Gister [Demo April 2004]

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO

Ek sit en drink my koffie | my bad's getap maar my neus loop nog steeds | (die son is halfpad op!) | Die spieel vertoon 'n glimlag | en strale van die son beginne reŽn | (die son is amper op!) | Wag nou eendag; die lesse van vandag moet ons nog leer | Wag nou eendag; emosies sonder klank maak minder seer | Iewers is 'n meegevoel | en daar's 'n bed en ek's daarin | snoesig opgekrul maar so alleen | Iewers is 'n wanbalans | en dis 'n pad wat ek ook stap | salig, onbewustelik, gemeen | Vandag se nuus is oud | en ek twyfel of ek dit 'n oor gaan gee | (die maan is halfpad op!) | Elke dag is skielik anders; | ek's naar maar is steeds honger vir nog meer | (die maan is amper op!)


INLIGTING

UITGEREIK 3 JANUARIE 2011
IEWERS

Die sewende uitreiking vanaf Ongevraagde "Hello" is die "summer-song" Iewers. Die video is opgeneem op 12 Desember 2010 by die Elephant Springs Hotel in Bela Bela en spog met 'n uitstekende cast: die Mistress of Spices, die fopdosser Tellulah, 'n Springbok rugbyspeler, 'n tweeling asook 'n Ballerina met attitude!! Die kleurvolle video se eerste foto is op 13 Desember 2010 beskikbaar gestel op Facebook en is gevolg deur 'n "Making Of" video wat die eerste 15 sekondes van die video bevat het. Die liedjie se "live" weergawe was beskikbaar gestel vir 'n beperkte tydperk op YouTube en MyVideo.Co.Za - 'n maand voor die musiek video release - en het ongelooflike goeie aftrek gekry by Egmond-aanhangers.

In 2005 was 40 sekondes bekend gestel van die liedjie wat nog net halfpad voltooi was en almal het gewonder wat die storie agter Iewers was. 'n Baie interessante Engelse titel (Me, The Absolutely Fabulous) het Renier Henn laat wonder wat om met die liedjie te doen. 'n Mellow weergawe se backtrack is voltooi en die demo was aan gehore bekend gestel op die webwerf. "Jy kon hoor ek't met effects rondgespeel," het Egmond vertel toe hy uitgevra is oor die demo. "Ek wou self hoor hoe die liedjie sou klink as dit opgeneem is."

Iewers is in Februarie 2006 voltooi. Die ritme is catchy, die woorde weird en die refrein se dubbel Abba stemme maak die song. Die liedjie was verafrikaans in 2004 en herskryf kort voor die opnames. Die oorspronklike titel was Iewers in Pretoria - die herskrywing het die Pretoria verwysings iewers agter gelaat...

Die musiek video het puik aftrek gekry op die internet - waar dit met 5 sterre beloon is op You Tube en My Video.Co.Za.

Ter viering van die 5de herdenking van die musiek video is die enkelsnit uitgereik in vroeg 2016, met 'n voorheen onbeskikbare single edit en 'n spesiale b-side, die oorspronklike demo vir die liedjie Gister.

© 2017 by Egmond.