Uitgereik
15 Julie 2018



NUUS!

8 OKT '18
EGMOND OP DIE VAN COKE SHOW



Die Kom Red My musiek video draai in nuwe klets program. Die tong-in-die-kies klets program, die Van Coke Show, met aanbieder Francois Van Coke, het 'n gedeelte van die Kom Red My musiek video gespeel ten tyde van die eerste episode van die program wat op KykNet in vroeg Oktober 2018 begin draai het. Die paneel moes raai wat die volgende lirieke gaan wees, met skreeusnaakse antwoorde en kommentaar.





31 AUG '18
DELUXE WEERGAWE VAN SIRKUS APPLOUS IS OPPAD



Die 15-stuk album heet Meer Sirkus Applous. Skaars 'n halfuur nadat V'more se Kersfees Remix op Facebook afgekondig is, volg nog 'n verrassende brokkie nuus - die enkelsnit is die voorganger vir 'n nuwe deluxe weergawe van die treffer album Sirkus Applous wat 5 addisionele liedjies bevat. Die album, wat herdoop is met die ekstra woord "Meer" vooraan die titel, word uitgereik ter viering van Egmond se 15de herdenking in die industrie. Die ekstra liedjies sluit nog verdere treffers in van sy katalogus waaronder die Kersfees weergawe van V'more. Die album word beplan vir uitreiking in Desember 2018 op ondermeer iTunes en GooglePlay.





31 AUG '18
V'MORE KERSFEES REMIX OPPAD



Opkomende Kersfees enkelsnit word op Facebook afgekondig. Kort op die hakke van Egmond se top 10 treffer Koebaai volg die nuus dat daar in November vanjaar 'n nuwe enkelsnit bekendgestel gaan word. Die liedjie, wat nes 2017 se This Morning (Christmas For The Broken-Hearted) 'n feesseisoen-mix gegee is, is natuurlik die Afrikaanse weergawe V'more. Die enkelsnit se omslag is die afgelope maand bekend gestel in die vorm van 'n legkaart nadat dit stuk vir stuk vertoon is totdat die volledige prentjie gewys het. Glenda Millar, wat op die oorspronklike enkelsnit ook agtergrond stemme gesing het, word ook op die liedjie gefeature.





14 AUG '18
KOEBAAI #6 HOSA RADIO TOP 25



Koebaai klim 2 posisies op Hosa Radio Top 25. Egmond se nuwe enkelsnit het sy debuut gemaak op Hosa Radio se Top 25 in die nommer 18 posisie, en is skaars drie weke daarna reeds in die nommer 6 posisie. Volg die skakel onder die STEM hofie om vir die liedjie te stem.





9 AUG '18
KOEBAAI LOK 20k+ KYKERS OP YOU TUBE



Die nuwe musiek video kry puik aftrek op You Tube. Skaars 'n maand nadat die nuwe enkelsnit Koebaai se musiek video op You Tube bekend gestel is, kan dit reeds spog met oor die 20 000 kyker getalle. Dit maak Koebaai Egmond se populerste musiek video op You Tube en ook sy eerste wat die 20 duisend merk verby steek. Twee ander musiek videos het reeds die 10 000 merk verbygesteek het, nl. Better Days (ft Algorrid3m) en Kom Red My.





8 AUG '18
KOEBAAI VIDEO OP "MYtv"



MYtv plaas Koebaai musiek video op rotasie. Die nuwe musiek video vir Egmond se enkelsnit Koebaai maak eerskomende Vrydag 10 Augustus sy debuut op die TV kanaal MYtv op StarSat. Die kanaal, voorheen bekend is ASTV, speel reeds sedert 2010 verskeie van Egmond se musiek videos. Die kanaal is nommer 460. Skakel in om die nuwe video van Koebaai op jou TV skerm te sien. Vir meer inligting oor MYtv, besoek www.mytv.co.za.





27 JUL '18
KOEBAAI MAAK DEBUUT IN TREFFERS RADIO TOP 30



Koebaai is nommer 24 op die Treffers Radio Top 30. Egmond se nuwe enkelsnit het gisteraand sy debuut gemaak op Treffers Radio se Top 30 in die nommer 24 posisie. Volg die skakel onder die STEM hofie om vir die liedjie te stem.





17 JUL '18
KOEBAAI AANDAG TREKKER OP HOSA RADIO



Die nuwe enkelsnit nou in aanmerking vir Top 25. Dae na die uitreiking van Koebaai kry die enkelsnit die geleentheid om die Hosa Radio Top 25 te betree. Die liedjie is gisteraand tydens die program gespeel as die week se "Aandag Trekker" en luisteraars kan nou stem vir die liedjie om in die Top 25 te kom.





15 JUL '18
SIRKUS APPLOUS & KOEBAAI UITGEREIK VANDAG



Die nuwe album en enkelsnit word vandag bekend gestel. Egmond se tweede grootste treffers album, Sirkus Applous, sowel as die lead single Koebaai, is van vandag af op iTunes te koop. Die nuwe musiek sal ook in die volgende paar dae beskikbaar wees op Google Play, Spotify en soortgelyke digitale platforms. Kyk hier na die album se promosie video op YouTube.

Die album speellys is as volg:
1) Kom Red My
2) Melkweg ReŽnboog
3) Koebaai
4) Better Days (ft Algorrid3m)
5) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
6) Dis Elektries (ft Yolandi)
7) Mors
8) Gee Voor Jy Groet
9) ReŽn Aan Die Brand Steek
10) Vlieg (duet met Yolandi)






13 JUL '18
TREFFER MUSIEK LYS KOEBAAI



Die Facebook vermaaklikheids bladsy lys die nuwe musiek video. Treffer Musiek het gisteraand die musiek video vir Koebaai gelys op hul Facebook bladsy en hul followers gemaan om die liedjie met hul vriende te deel.





12 JUL '18
KOEBAAI MUSIEK VIDEO & ENKELSNIT KRY DEBUUT



Die nuwe treffer Koebaai kry sy radio en video debuut. Die splinternuwe enkelsnit het vandag sy offisiŽle premiere gehad op You Tube en 4 radio stasies. Die enkelsnit en album Sirkus Applous word in die volgende week uitgereik op iTunes.





11 JUL '18
KOEBAAI RADIO & VIDEO PREMIERE MORE



Egmond se nuutste treffer Koebaai word 12 Julie bekend gestel. Die lead single Koebaai, vanaf Egmond se opkomende album Sirkus Applous, word more bekendgestel op radio stasies Teffers Radio, Radio Orania, Die Strandloper en ook HOSA Radio (waar die snit op 'n spesiale 90 minute rotasie geplaas word) vanaf 9h die oggend. Die musiek video sal terselfde tyd op You Tube en op Egmond.Co.Za bekend gestel. Die enkelsnit word eersdaags uitgereik op iTunes, Google Play, Spotify en soortgelyke digitale platforms.





11 JUL '18
"STAGE & SCREEN" DEEL KOEBAAI VIDEO



Top verhoog en skerm webwerf stel Koebaai video bekend. Die briljante STAGE & SCREEN webwerf het vandag die nuwe musiek video vir Koebaai eksklusief op hul webwerf bekend gestel. Die artikel se tong-in-die-kies opskrif lees "Koebaai se Musiek Video sÍ Hello". Kliek hier om die artikel te sien.





1 JUL '18
"STERRE" SKRYF OOR KOEBAAI



Die Afrikaanse vermaaklikheids webwerf gee 'n voorsmakie van Koebaai. Suid-Afrikaanse vermaaklikheids webblad STERRE het in die laaste week van Junie 'n eksklusiewe kykie na die nuwe enkelsnit Koebaai op hul webblad gehad. Lees die volledige berig hier.





8 JUN '18
EEN DING MUSIEK VIDEO VERRAS



Die iTunes Connect exclusive enkelsnit kry 'n musiekvideo. 'n Onverwagse plasing op Facebook het verlede week 'n komiese tekenprent uitgebeeld van 'n karikatuur wat verbasend na aan Egmond lyk met die subtitel "Kry jy koud?". Natuurlik was die agtergrond toneel sneeu-bedekte landskappe, terwyl daar duidelik sneeu korrels geval het van bo. Hierdie was niks anders as die eerste kykie na die splinternuwe musiekvideo vir die Bial Remix van Een Ding (ft Arnaldo Suarez) wat vandag uitgereik word op You Tube. Die liedjie se video is op Instagram afgekondig.





30 MEI '18
ONDERHOUD OP HOSA RADIO



Eerste radio onderhoud vir 2018 op Hosa Radio. Kort op die hakke van Better Days se sukses op die Hosa Radio Top 10 volg 'n splinternuwe radio onderhoud met Egmond op die stasie wat nie ophou raas nie. Die onderhoud het vanaand 30 Mei uitgesaai vanaf 7 uur tot 8 uur en het verskeie van Egmond se treffers gespeel, insluitende DJ, Jy's In My Bloed en Gee Voor Jy Groet. 'n Totaal van 7 van Egmond se treffers het tydens die onderhoud gespeel.





28 MEI '18
BETTER DAYS #1 OP HOSA RADIO



Die liedjie beklee die top posisie op die Hosa Radio Top 10. Die EDM collaboration met Algorrid3m, Better Days, het vanaand die #1 posisie gehaal op die HOSA Radio Engelse Top 10. Verlede week het die liedjie vir die tweede keer die nommer 2 posisie beklee, nadat dit oorspronklik die Top 10 in die nommer 3 posisie beklee het, geklim het na nommer 2 en toe geval het na nommer 4 toe.





6 MEI '18
BETTER DAYS MUSIEK VIDEO HAAL 10 DUISEND OP YOU TUBE



Die Algorrid3m collab haal verdere sukses. Better Days het oornag sukses behaal op You Tube nadat dit die tien duisend merk in kykergetalle oorskry het op Egmond se offisiŽle You Tube kanaal. Dit maak die video Egmond se tweede treffer wat die getal verbysteek. Die vorige video was Kom Red My wat in 2013 oor die 11 duisend kykers gehaal het.





4 MEI '18
REňN AAN DIE BRAND STEEK #4 OP TREFFERS RADIO



ReŽn Aan Die Brand Steek spring met 6 plekke op Treffers Radio. Na Egmond se treffer Melkweg ReŽnboog in mid Februarie die nommer een posisie gehaal het op Treffers Radio, het die "flip side" van die double A-side enkelsnit op die stasie se Top 30 verskyn in die nommer 22 posisie. Hierdie week het die liedjie 'n groot sprong gemaak en in die nommer 4 posisie verskyn, sy hoogste posisie nog.





23 APR '18
BETTER DAYS AANDAG TREKKER OP HOSA RADIO



EDM colab met Algorrid3m trek aandag op HOSA Radio. Die Engelse dans treffer Better Days, vanaf Egmond se 2017 EP Lights Blinding, is hierdie week die aandag trekker op die Engelse Top 10 op HOSA Radio. Die liedjie het twee keer tydens die program gespeel en sal ook vir die volgende week elke 100 minute speel op die stasie.





10 APR '18
MELKWEG REňNBOOG #3 OP HOSA RADIO



Die liedjie spring met 5 plekke in die Hosa Radio Top 25. Die enkelsnit Melkweg ReŽnboog het gistraand op Hosa Radio in die nommer 3 posisie verskyn tydens die stasie se Top 25 program, waar dit laas week in die nommer 8 posisie was.





27 MAR '18
KOEBAAI MUSIEK VIDEO WORD VERFILM IN MOSAMBIEK



Die nuwe musiek video word opgeneem in Pomene. Die opkomende enkelsnit Koebaai se musiek video is vandeesweek opgeneem in die Mosambiekse eiland Pomene. Egmond het op Facebook 'n video afkondiging gemaak dat die video verfilm was en dat dit einde Mei bekend gestel sal word. Daar is ook 'n nuwe 'agter die skerms' video vrygestel met die eerste klanke van die opkomende liedjie.





28 FEB '18
CALEDON FM LYS MELKWEG REňNBOOG EN MEER OP SPEELLYS



Die Overberg se Nommer 1 Stasie lys Egmond op hul speellys. CFM Overberg 89.3 het gisteraand Egmond se nuutste enkelsnit Melkweg ReŽnboog op hul speellys geplaas, saam met nog meer Egmond-treffers soos die onlangse dans nommer Better Days! Rig nou jou versoeke aan Caledon FM vir jou gunsteling Egmond liedjie deur hul te kontak op hul whatsapp lyn op 076 690 3689. Lees meer op hul webwerf hier.





27 FEB '18
MELKWEG REňNBOOG OP HOSA RADIO



Die liedjie is die week se "Aandagtrekker". Die enkelsnit Melkweg ReŽnboog het gisteraand op Hosa Radio gespeel as hierdie week se "Aandagtrekker" tydens die stasie se Top 25 program. Melkweg ReŽnboog staan nou ook die kans om die stasie se weeklikse Top 25 te haal en luisteraars en aanhangers word gemaan om te stem.





13 FEB '18
SKATKIS STEREO LYS MELKWEG REňNBOOG EN MEER OP SPEELLYS



Skatkis Stereo plaas Egmond se musiek op hul speellys. Afrikaanse radio stasie, Skatkis Stereo, het Egmond se nuwe treffer, Melkweg ReŽnboog, asook 'n verskeie van sy ander treffers, op hul speellys geplaas. Skakel gerus in op Skatkis Stereo en vra jou gunsteling Egmond liedjie aan. Lees meer op hul webwerf hier.





9 FEB '18
MELKWEG REňNBOOG IS #1 OP TREFFERS RADIO



Treffers Radio se nuwe #1 in die Top 30. Egmond se enkelsnit Melkweg ReŽnboog het gisteraand op Treffers Radio se Top 30 die nommer 1 posisie beklee. Die liedjie het 'n verdere 4 plekke gespring nadat dit verlede week in die nommer 5 posisie was, en die week voor dit in die nommer 15 posisie gedebuteer het.





1 FEB '18
REMIX VIDEO VIR MELKWEG REňNBOOG NOU UIT



Die nuwe "Club Mix" kry 'n musiek video. Die nuwe remix single van Melkweg ReŽnboog kry 'n gepaardgaande musiek video vir die eerste snit, nl. die "Club Mix". Die remix video, wat gebasseer is op die oorspronklike musiek video, is nou te sien op YouTube.





17 JAN '18
MELKWEG REňNBOOG KRY REMIXES SINGLE RELEASE



Drie nuwe remixes word uitgereik. Egmond stel 'n remix single bekend vir sy enkelsnit Melkweg ReŽnboog. Die single, wat drie nuwe remixes van die treffer bevat, word uitgereik kort op die hakke van die liedjie se YouTube sukses waar dit reeds die eerste duisend kykergetal gehaal het. Lees meer oor die enkelsnit hier.






NUUTSTE VIDEO

Koebaai

Die lead single vanaf Sirkus Applous is verfilm op die strande van die Mosambiekse kusdorpie Pomene.




Uitgereik
15 Julie 2018


UIT DIE ARGIEWE

Gee Voor Jy Groet

Die deurbraak single, en ook die debuut album Ongevraagde "Hello" se eerste enkelsnit, begin in Maart 2010 op ASTV speel.




AGTER DIE SKERMS

Agter die skerms van "Koebaai"

'n Kykie agter die skerms van die Koebaai musiek video.




NUUS ARGIEWE

Nuus Berigte 2003 - 2017

Kry jou oordosis "ou nuus" in die Nuus Argiewe. Lees meer hier.


© 2018 Egmond.