SINGLE

UITGEREIK 13 OKTOBER 2016
GISTER (2016 Remix)



Die onverwagte bekendstelling van die iTunes Connect-exclusive single Gister vier die 5de herdenking van Egmond se debuut album Ongevraagde "Hello" in 'n nuwe weergawe.

Gister is uitgereik op die iTunes Music Connect platform waar followers op die platform die eksklusiewe vrystelling gratis kan stream en ook aflaai. Volgens Egmond wou hy nog altyd Gister as enkelsnit uitgereik het, maar dat daar destyds ander liedjies was wat meer radio-friendly was. Die album weergawe was ook volgens Egmond uitgetoets aan 'n gehoor in 2006 maar was nie so goed ontvang soos die ander album snitte nie.

Om die debuut album se 5 jaar herdenking te vier, is Gister weer genader. Naas die bekendstelling van Dis Elektries se 2016 Remake, is daar ook vir Gister 'n nuwe baadjie aangetrek. "Die remix is 'n nuwe cut van die liedjie wat baie meer radio-friendly is as die album weergawe," vertel Egmond.

Die liedjie is in 2004 geskryf en was sy eerste oorspronklike Afrikaanse komposisie. "Voordat ek die Afrikaanse roete gegaan het, het ek net Engelse liedjies geskryf. Ek het nie geweet ek kan dit beter in Afrikaans doen nie. Die meeste van my debuut album snitte was oorspronklik geskryf as Engelse liedjies en ek het vir hulle almal (behalwe Gister en Verslaaf) nuwe Afrikaanse lirieke geskryf."

Egmond noem dat hy dit later sal oorweeg om die liedjie op alle ander digitale platforms bekend te stel, maar vir die album se herdenkings-vieringe bly dit vir eers eksklusief aan iTunes Connect. Die enkelsnit se omslag foto kom vanaf dieselfde foto sessie wat in 2004 gedoen is deur fotograaf Jeannie de Beer vir die debuut album. Die musiek video verteenwoordig ook daardie foto sessie en is in vroeg 2017 ook eksklusief of iTunes Connect bekend gemaak, en later in die You Tube kanaal se Ongevraagde "Hello"-playlist.





TRACKLISTING
1) Gister [2016 Remix]

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO

"Hello" - ongevraagde "hello". Ongevraagd soos botter op 'n droŽ stuk brood; water wat in slote loop. "Hello" - jou ongevraagde "hello". Ongevraagd soos spasie op 'n dubbel bed; visse in 'n tuna net. Gister, sonder jou was daar gister. MotgereŽnde blou. Nou is die dae waar ons hande kan vashou. In die water kan val as die vure ons neerklou. Gister. "Hello" - jou ongevraagde "hello". Ongevraagd soos aande saam voor ons tv; vakansies saam by die Kaapse see. "Hello" - ongevraagde "hello". Ongevraagd soos die goud wat om ons vingers draai; jou kyk as jy jou arms om my swaai.






SINGLE

UITGEREIK 19 MAART 2017
EEN DING [Remixes]
(ft Arnaldo Suarez)



Die iTunes Connect platform het sy 2de ekslusiewe single na vore gebring: die veel bespiegelde Een Ding! Die enkelsnit, wat uit twee remixes bestaan, is al laat 2016 reeds voltooi deur Arnaldo Suarez, wat saam met Egmond al in 2012 'n ander collaboration uitgereik het, nl. Ongelooflik.

Egmond het vertel dat hy en Arnaldo Suarez jare lank al oor die snit gepraat het, en dat Een Ding oorspronklik ook deel sou vorm van die 2012 album Ongevraagde "Ritmes". "Daar was net te min tyd gewees destyds om die deadline te haal," vertel hy verder. "Ons het toe maar besluit om net te fokus op Ongelooflik toe en het dit daar gelaat." Jare later is die snit weer besoek om deel te vorm van 'n beplande EP wat op sy geskuif is ten gunste van Egmond se opkomende 2018 projek Sirkus Applous. "Ek wou nogsteeds die remixes bekend stel, en wat 'n beter platform as iTunes Connect!"

Meer as 'n jaar nadat die enkelsnit ekslusief uitgereik is op iTunes Connect, kry dit weer verdere promosie toe die Bial Remix se promosie video uitgereik is in Junie 2018. Die video is 'n verkorte weergawe van die liedjie. Die "cartoon" musiek video weerspiŽel die karakters van beide Egmond en Arnaldo Suarez soos wat hul op die enkelsnit se omslag verskyn. Die beeldmateriaal was oorspronklik opgeneem in 2017 vir die toekomstige Melkweg ReŽnboog duet met Yolandi, maar daardie video is agtergelaat nadat die duet nooit plaasgevind het nie. Die video footage is toe herbruik in die Een Ding musiek video.

Een Ding se oorspronklike demo vorm is ook uitgereik op iTunes Connect in 2015. Die remixes, naamlik die Bial Remix en Sunday Mix, is albei uitgereik laat Maart 2017. Die Bial Remix was beplan om die b-side te word van Koebaai maar die remix is op die laaste nippertjie onttrek.





TRACKLISTING
1) Een Ding [Bial Remix]
2) Een Ding [Sunday Mix]

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO

Een ding - ah ah ah een ding! Hoe gaan dit? Verkwalik jy my nog vir die weerlose misverstand. Vergaan dit so maklik? Of is dit iewers in jou fyn brose hart? Een ding wat ek vir jou wil vra is of jy my kan vergewe en my verdra. En as daar tyd is vir ons om aan te gaan vra ek die een ding van jou en vat my saam vanaand. O ja. Ahaa. Is hierdie een ding te veel gevra?





© 2018 Egmond.