TRACKLISTING
1) Jy's In My Bloed [ft Glenda Millar]
2) Jy's In My Bloed [Original Version]
3) Jy's In My Bloed [Remix]

Woorde & Musiek: Egmond
Kopiereg SAMRO

Die donker van 'n lang nag verdwyn: vir altyd sonskyn. Jou glimag het die wolke laat kwyn en ek volg jou sein. Want jy bring hoop in tye wanneer ander rond soek. Bly in my spasie. Om reg te maak wat krom wil raak al is dit laat. Jy is my inspirasie - die vonk van lig wat lewe stig en nooit verlaat. Jy's in my bloed. En jy vul elke leemte in my. Voor jou is ek klei. Jy bring die beste mens uit in my. Net jy kon dit reg kry. Soos almal altyd ys moes afkry na storms waar die sneeu bly. Kon ek jou blou-groen blik nooit vermy - en nou's jy in my.


INLIGTING

UITGEREIK 12 APRIL 2013
JY'S IN MY BLOED
(ft Glenda Millar)

Jy's In My Bloed is die tweede single vanaf Egmond se tweede album Ongevraadge "Ritmes".

Glenda Millar van Clout-faam feature as die gaskunstenaar op die snit. Die internasionale superster het ook reeds haar stem geleen aan 2 ander snitte vir Egmond se debuut album, insluitend die treffer V'more, en die rock snit Gister. Volgens Egmond is dit 'n droom wat waar geword het toe hy gehoor het dat Glenda die gas kunstenaar was vir sy heel eerste opname, This Morning, in 2003. "Om haar boonop op drie van my Afrikaanse liedjies te h, is verby ongelooflik. Ek het as kind gesing dat die stof staan elke keer as sy as lid van Clout op die radio en TV gesing het. Wat 'n eer!!!"

Die HD musiek video volg die avontuur van Egg-finger en Glenda Finger Fairy (soos Egmond die karakters noem) in 'n sneeu bedekte landskap. 'n Skielike ontmoeting met 2 ThunderCats wat om hulp vra, lei tot die vertrek van Egg-finger en Glenda Finger Fairy, om tot hulp te wees vir die ander ThunderCats. Die avontuur neem hul na 'n prag weiveld waar die "nuwe" ThunderCats (of te wel, 2011 re-inkarnasie van die oorspronklike 1985 reeks) omsingel is deur Mumm-Ra en sy bende van slegdoeners. Egg-finger se gatskop ninja maneuver laat die bende vlug en die dag is gered.

Einde Desember 2012 is daar aangekondig dat die eerste beelmateriaal geskraap is om plek te maak vir 'n nuwe opname van die video in Januarie 2013. Opnames is aangeskuif na die eerste week van Februarie en die eerste foto van die nuwe video het op Facebook verskyn op 2 Februarie 2013. Die oorspronklike materiaal is in die video ingewerk wat bestaan uit stop motion animation. Op Valentyns Dag is Glenda Millar aangekondig as die gaskunstenaar in 'n spesiale "Reveal" video wat op die dag uitgereik is met die eerste 10 sekondes van die video as deel van die bekendmaking. Fotos van Glenda Millar is met permissie gebruik deur fotograaf Tiaan Volschenk.

Jy's In My Bloed se musiek video is voltooi laat Maart 2013. Die video het ook opslae gemaak in die ThunderCats aanhanger gemeenskap, wat die komiese video geprys het en selfs berig het op die forum ThunderCats.Org. Die akteur Larry Kenney, die stem van die hoofkarakter Lion-O in die reeks, het selfs ook die "thumbs up" gegee vir Egmond se video en dit op Facebook gedeel met 'n "very well done".

Daar is ook iets baie uniek aan die snit wat volgens Egmond hom weer terugneem na sy eerste treffer wat in 2010 uitgereik is. "Dit is eintlik 'n ironies kringloop as jy so daaraan dink. My eerste single Gee Voor Jy Groet en hierdie single Jy's In My Bloed is amper dieselfde liedjie!!" Gee Voor Jy Groet se oorspronklike melodie en woorde is volgens Egmond, "eintlik Jy's In My Bloed". Die dag voor Egmond in 2005 die nuwe studio weergawe van Gee Voor Jy Groet moes opneem, het hy besluit om die titel te verander na Jy's In My Bloed toe - "die res van die woorde het dieselfde gebly." Die enigste deel van die oorspronklike wysie wat nog te hoor is in die finale weergawe van Gee Voor Jy Groet, is die herhalende koor. "As jy die backtrack van GVJG neem en jy sing die woorde van JIMB daarop sal jy agterkom dit pas presies!"

In September 2015 is die oorspronklike demo van Gee Voor Jy Groet / Jy's In My Bloed uitgereik as deel van die snit se 5 jaar herdenking single op iTunes. In 2016 word die single ook digitaal beskikbaar gestel op beide iTunes en Amazon.Com. Die single bevat die oorspronklike 2005 weergawe asook 'n voorheen onbeskikbare remix wat dateer circa 2007.

2017 by Egmond.