TRACKLISTING
1) Kom Red My [2015 Remake]
2) Kom Red My [Vocal Up Remix]
3) Kom Red My [Live]

Woorde & Musiek: Egmond
Kopiereg SAMRO

As jy my wil h | Is daar dinge wat ek moet s | Sonder jou | Is my lewe so grys en grou || As jy my wil h | Dan verdwyn al die monsters weh | Vat my, gou! | Want ek weet eks die een vir jou || Soen my nou, vat my gou | Breek die spel en ek bly by jou || Kom red my | Waar is jy | Gedaantes hang hier rond en soek | Na helde en verhoed die vloek | Om gebreek te word as ons groet || Red my | Dis net jy | Wat al die spoke weg kan jaag | Die hekse en die wesen-plaag | Kan verwoes met jou soen so sag || As jy my wil h | Is daar dinge wat jy moet s | Jy weet nou | Daars 'n fors wat jou wil weg hou || As jy my wil h | Staan weer op en moet nooit gaan l | Vat my nou | Wys jou liefde onbreekbaar trou


INLIGTING

UITGEREIK 11 NOVEMBER 2015
KOM RED MY
[2015 Remake]

Nuus oor 'n nuwe opname van die tweede single vanaf die Vuil Wasgoed album het in September 2015 aan die lig gekom na die skielike ontrekking van die EP en die single. Egmond s die rede vir die 2015 Remake was baie eenvoudig. "Ek was so in my skik met die produksie van DJ (wat in Augustus 2015 uitgereik was), dat ek aangedring het om hierdie snit dieselfde "treatment" te gee. Dit was 'n maklike besluit om Kom Red My weer te takel en nuwe lewe daarin te blaas."

Die nuwe Kom Red My spog met hierdie nuwe produksie en het ook 'n opgedateerde musiek video ontvang wat in Oktober 2015 uitgereik is. Boonop spog die digitale single ook met 'n "Live" weergawe en 'n "Vocal Up Remix" tesame met die 2015 Remake wat op 11.11.2015 uitgereik was, presies 4 jaar na die lead single Vlieg vanaf die Vuil Wasgoed EP uitgereik is. Die nuwe weergawe is volgens Egmond weggelaat vanaf die Deluxe weergawe van Vuil Wasgoed omdat dit gebre is vir insluiting op die Nog Vuil Wasgoed album.

In Februarie 2016 betree Kom Red My die nuwe Uitsaaines Top 20 in die nommer 20 posisie, en bereik die nommer 17 posisie binne 3 weke voordat dit weer die Top 20 verlaat.

2017 by Egmond.