KOM RED MY REMIX

2020 DIGITAL SINGLE TRACKLISTING
1) Kom Red My (Vocal Up Remix)
Die tweede enkelsnit vanaf Egmond se Remixed album is die "Vocal Up Remix" van Kom Red My. In Oktober 2015 was 'n ander weergawe van hierdie remix ingesluit op die 2015 Remake enkelsnit.
In Desember 2018 verskyn dit weer, maar in sy oorspronklike remix vorm as die "2019 Remix" op die Meer Sirkus Applous album. Die weergawe was beplan om as enkelsnit uitgereik te word in 2019, vandaar die by-titel "2019 Remix". Die liedjie se uitreiking word gekanselleer maar in 2020 word dit as die Vocal Up Remix ingesluit op die album Remixed. Die liedjie word afgekondig as die album se volgende enkelsnit in Julie 2020.
Die musiek video vir Kom Red My is uitgereik vroeg in Mei 2020. Die video bestaan uit agter die skerms beeld materiaal, studio opnames en nog meer. Aanhangers van die oorspronklike enkelsnit se musiek video sal dus hierdie nuwe weergawe geniet met nuwe tonele wat nog nie voorheen gesien was nie. Die video word boonop uitgereik in "anomorphic widescreen".
As jy my wil hê | Is daar dinge wat ek moet sê | Sonder jou | Is my lewe so grys en grou || As jy my wil hê | Dan verdwyn al die monsters weh | Vat my, gou! | Want ek weet eks die een vir jou || Soen my nou, vat my gou | Breek die spel en ek bly by jou || Kom red my | Waar is jy | Gedaantes hang hier rond en soek | Na helde en verhoed die vloek | Om gebreek te word as ons groet || Red my | Dis net jy | Wat al die spoke weg kan jaag | Die hekse en die wesen-plaag | Kan verwoes met jou soen so sag || As jy my wil hê | Is daar dinge wat jy moet sê | Jy weet nou | Daars 'n fors wat jou wil weg hou || As jy my wil hê | Staan weer op en moet nooit gaan lê | Vat my nou | Wys jou liefde onbreekbaar trou
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO