TRACKLISTING
1) Better Days (ft Algorrid3m)
2) This Morning
3) Electric (ft Nathi Louw)
4) Proudly African
5) Better Days (ft Algorrid3m) - Alternate Intro

ALBUM CREDITS:
Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (1 en 5) musiek ook deur Algorrid3m en (3) woorde ook deur Kgomotso Makokwe
Opgeneem tussen Jun 2003 en Okt 2017.
Opnames gedoen by Air Studios (2 - 4) en Egg-Studios (1, 5).
Finale produksie en meng deur Bernie Millar (2 - 4) en Sandy Robbie (1, 5).
Oorspronklike produksie en programering deur Algorrid3m (1, 5), Thabang Makoe en Kgotso Shomang (3), Renier Henn (4).
Addisionele produksie en programering deur Sandy Robbie (1, 5).
Agtergrond stemme deur Glenda Millar (2).
Agtergrond stemme deur Pumi, Kefilwe en Sonto (4).
Kitaar deur Sandy Robbie (2, 3).
Algorrid3m verskyn op Better Days.
Nathi Louw verskyn op Electric.


INLIGTING

UITGEREIK 23 NOVEMBER 2017
LIGHTS BLINDING

Egmond se eerste Engelse (mini) album, Lights Blinding, is 'n versameling van al sy Engelse opnames, met die nuwe single Better Days aan't hoof van die EP.

Volgens Egmond het die album amper nie gebeur nie, maar dat Better Days die hele versameling saam gegroepeer het en na 'n eerste playback het die album vorm gekry. Die titel is te vinde in die lirieke van Better Days. Die album bevat ook 'n voorheen onbeskikbare snit, Proudly African, wat Egmond in 2007 opgeneem het. Die agtergrond stemme was 3 van sy kollegas, nl. Pumi, Kefilwe en Sonto. (Die liedjie was oorspronklik opgeneem as 'n jingle vir 'n winkelgroep maar is vir die album insluiting aangepas en ietwat verander.)

Die album sluit ook sy ander twee Engelse enkelsnitte, This Morning en Electric (ft Nathi Louw) in. 'n Alternatiewe weergawe van Better Days verskyn ook op die album. Hierdie weergawe bevat die oorspronklike intro van die Algorrid3m Remix wat later verander in die standaard single weergawe.

Die album is opgeneem in 2003, 2007 en 2017 en sou oorspronklik reeds in 2014 uitgereik geword het, maar Better Days was destyds op sy geplaas om plek te maak vir die Afrikaanse weergawe daarvan, nl. Paradys. Drie jaar later is die liedjie voltooi soos oorspronklik beplan en het die album finaal vorm gekry. Bernie Millar het gesorg vir opnames vir This Morning, Electric en Proudly African, met kitaar op die eerste twee snitte deur Sandy Robbie. Sandy Robbie het die produksie van Better Days gehandhaaf terwyl die oorspronklike produksie van die liedjie die werk is van die briljante kunstenaar Algorrid3m.


SINGLES


2018 Egmond.