Meer Sirkus Applous

TRACKLISTING
1) Kom Red My [2015 Remake]
2) Melkweg ReŽnboog
3) Koebaai
4) Better Days (ft Algorrid3m)
5) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
6) Dis Elektries (ft Yolandi) [2016 Remake]
7) Mors
8) Brug Lelies (ft Yolandi)
9) Paradys (ft Slay)
10) As Jy Wil
11) Gee Voor Jy Groet
12) Vlieg (duet met Yolandi)
13) Iewers
14) ReŽn (Aan Die Brand Steek) [2016 Remake]
15) V'more (ft Glenda Millar) [Kersfees Remix]

ALBUM CREDITS:
Sien vorige albums en enkelsnitte vir meer inligting.


INLIGTING

WORD UITGEREIK DES 2018
MEER SIRKUS APPLOUS

As deel van die 15-jaar feesvieringe van Egmond se loopbaan, kry die Sirkus Applous album 'n deluxe uitreiking wat die album met nog 'n addisionele 5 liedjies opstoot. Die insluitings sluit in 'n splinternuwe Kersfees weergawe van 'n bekende treffer asook 'n verdere vier van Egmond se enkelsnitte wat bekendheid verwerf het tussen 2003 en 2018.

Meer Sirkus Applous word uitgereik 15 jaar nadat Egmond sy eerste Afrikaanse enkelsnit, V'more, in Desember 2003 bekendgestel het aan die wÍreld. Die liedjie, wat die catalyst was vir die opname van sy debuut album Ongevraagde "Hello", is 'n vertaling van sy debuut Engelse enkelsnit This Morning, wat Augustus 2003 uitgereik was. In 2017 is die Engelse enkelsnit opgeneem met 'n Kersfees klank, en vir die album is V'more ook bederf met dieselfde Kers-produksie. Die oorspronklike opname is herbesoek om addisionele klem te plaas op die stem van Clout-sangeres Glenda Millar, wat hierdeur ook meer fokus kry in die nuwe weergawe van die treffer.

Tesame met Iewers, wat in 2011 bekendheid verwerf het vir sy kleurvolle musiekvideo, en Brug Lelies, wat ook daai jaar weer opgeneem was om Yolandi van Vlieg-faam in te sluit, het die debuut album ook die #1 dans treffer As Jy Wil opgelewer in 2009. Die Afrikaanse weergawe van Better Days wat in 2014 opgeneem was as deel van die Vuil Wasgoed EP se futuristiese musiek video het opslae gemaak toe dit in Julie daardie jaar uitgereik was as voorganger vir daardie album. Paradys verskyn dus ook op die album in sy oorspronklike video weergawe. Egmond het gesÍ dat sy ontmoeting met Algorrid3m 'n groot invloed op hom gehad het en dat dit 'n eer is om met die kunstenaar te werk.

Volgens Egmond is die deluxe weergawe van die album goed opgesom in die titel se eerste woord "nog". Na die oorweldige positiewe reaksie op die treffers album, en die navraag vir nog Egmond musiek, was dit die perfekte geleentheid (en ook die ideale manier) om terug te kyk na die begin van sy loopbaan en weereens 'n buiging te maak uit dank vir sy tyd in die musiek wÍreld.


SINGLES

© 2018 Egmond.