KRY "MORS" HIER

My kamer se deure is nat | Die laat nag se reën pad gevat | 'n Skielike vrees as dit so moes wees | dat jy met my mors | Die stories wat rondloop is woes | Maar jy sê dis strooi en dis roes | Jou lippe verlei as ek jou wil vry | Jy sallie met my mors | Moenie met my mors nie | Jy sal 'n duur prys betaal | Moenie my wil skors nie | As ek jou liefde kom haal | Moenie met my mors nie, mors nie | Hei jy, dit is fataal | Hei jy, ga lekke betaal | Ons passie se spele is rof | Jou woorde aan my vol van lof | As iets my sou pla het jy my gevra | Dan is alles wors | Die dae van alleen wees is jonk | As jy hier is weg is die tronk | Die vrede bewaar, die oomblikke raar | Gaan jy met my mors? | Moenie met my mors nie... | Met jou is ek 'n mens | Met jou is ek soms kens | Met jou gaan elke wens oor die grens

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO