TRACKLISTING
1) Mors
2) V'more
3) Gee Voor Jy Groet
4) As Jy Wil
5) Dis Elektries (ft Yolandi)
6) Iewers
7) Gister
8) Jy's In My Bloed
9) Verslaaf
10) Brug Lelies (ft Yolandi)

ALBUM CREDITS:
Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (10) musiek ook deur Nathi Louw.
Opgeneem tussen Jun 2003 en Okt 2011.
Opnames gedoen by Air Studios (2, 4, 7 - 10), Barend du Plessis (5), Pieter de Bruin (5) en AdRock Studios (1, 3, 6).
Oorspronklike produksie en programering deur Egmond (5).
Finale produksie en meng deur Bernie Millar (2, 4, 7 - 10), Egmond (5) en Renier Henn (1, 3, 6).
Yolandi Van Deventer verskyn op Dis Elektries en Brug Lelies.
Agtergrond stemme deur Glenda Millar (2, 7, 8).
Agtergrond stemme deur Esti Henn en Marisela (3).
Kitaar deur Sandy Robbie (2, 7 - 9).
Kitaar deur Nathi Louw en Tshepo Mohapi (10).


INLIGTING

UITGEREIK 17 OKTOBER 2011
ONGEVRAAGDE "HELLO"

Egmond se 10 stuk debuut album is opgeneem tussen 2003 en 2011. Die album se sukses is te danke aan die musiek video van Gee Voor Jy Groet, die eerste single, wat op ASTV begin draai het in Maart 2010. Die album het nog 'n groter treffer opgelewer, Dis Elektries featuring Yolandi, wat vir 8 weke lank nommer een was op Uitsaaines. Die uitstekende videos vir Iewers, Mors en V'more is geprys vir hul spesiale effekte. Die album het, soos wat die musiek video treffers uitgereik was tussen 2010 en 2011, gegroei na 'n volwaardige meesterstuk in sy eie reg. Watter kunstenaar kan spog met 8 treffers op net een album? (10 as jy die ander 2 latere uitreikings ook in tel!)

'n Gratis EP van die album was uitgereik in 2007 en het 5 liedjies bevat. Die eerste enkelsnit wat uitgereik was vanaf die album was Gee Voor Jy Groet en is gevolg deur die solo weergawe van Brug Lelies in 2008. Egmond het in 2008 die album uitgetoets aan die publiek deur radio onderhoude te voer. Verskeie snitte is ook gespeel op stasies regoor Suid-Afrika. Daar was slegs 50 van die album samplers gedruk in 2008 en is vandag 'n raar versamelaars item. Weens die goeie reaksie op verskei snitte en goeie raad deur verskeie bekendes in die industrie, is die vrystelling van die album teruggehou en die album is van 2008 tot 2011 verder aan gewerkskaf.

In 2009 het Egmond sy eerste nommer een treffer gehad - die dans nommer As Jy Wil, wat die mees gewildste download op die webwerf Wildhorse.Co.Za was in Januarie van daardie jaar. Verskeie enkelsnitte is uitgereik op Channel24.Co.Za, waarvan 'n promosie snit van Verslaaf ook deel was. Die snit Dis Elektries is in 2010 weer opgeneem vir die album as 'n duet met Yolandi, en die paar het weer in 2011 dieselfde gedoen met die treffer Brug Lelies wat laaste voltooi was vir die album. Die solo weergawe van Brug Lelies, asook die alternatiewe weergawe van Dis Elektries (herdoop as "Deel 2"), is ingesluit op die Ongevraagde "Ritmes" album.

Die meerderheid van die album is opgeneem by Bernie Millar van AIR Studios. Nog opnames is gedoen deur Renier Henn, Barend du Plessis, Yolandi van Deventer, Pieter de Bruyn en Egmond. Die talent van Nathi Louw, Tshepo Mohapi, Esti Henn, Marisela en 2 lede van die kult groep Clout (Glenda Millar en Sandy Robbie) is op verskeie van die liedjies gebruik.

Die debuut album was in Desember 2011 in Musicco winkels uitgereik vir 'n beperkte tydperk en is sedertien slegs op digitale platforms beskikbaar. In 2015 en 2016 is al die enkelsnitte ook uitgereik op iTunes met verskeie b-sides en demos as deel van die album se 5-jaar herdenking. 'n Spesiale remake van Dis Elektries het gevolg in Oktober 2016, terwyl 'n remix van Gister ook uitgereik is op iTunes Connect.


SINGLES



2018 Egmond.