TRACKLISTING
1) Paradys (ft Slay) [Single edit]

Woorde: Egmond
Musiek: Slay & Egmond
© Kopiereg SAMRO

LeŽ strate om my al die huise staan ook leeg. Voel niemand naby; het die mensdom weg beweeg? Die lug is wolkloos en die wind het ophou waai. 'n Stem roep woordloos en ek weet om om te draai. Kom vlug na waar ek wys. Hier's son en sneeu en ys. En as jy kyk sal jy sien jy's in paradys. Ervaar die see gesuis. Behels die groot paleis. En as jy sien sal jy weet jy's in paradys. Geen wolkekrabbers, net 'n enkel toring hoog. Hier's iemand anders wat gly op 'n mooi reŽnboog. Geen goudpot op sy net 'n poel van silwer wyn. 'n Stem roep na my en ek weet daar's niks meer pyn.


INLIGTING

UITGEREIK 21 JULIE 2014
PARADYS (ft Slay)

Paradys (ft Slay) is die derde uitreiking vanaf die EP Vuil Wasgoed en is 'n collaboration met briljante musikant Slay.

Paradys se opname is voltooi in die eerste week van April 2014. Stem opnames is gedoen deur Marc Skarda, wat ook op backing vocals feature. Die musiek is produce deur Slay. 'n Alternatiewe weergawe van die snit, getiteld Jy's In Paradys bevat akoestiese kitaar wat opgeneem is deur Sandy Robbie (hierdie weergawe is in Junie 2015 uitgereik as lead single vanaf die 1 Dosyn treffers album).

Die single is in die laaste helfde van Julie 2014 uitgereik op iTunes en YouTube. Volgens Egmond het die musiek video telkemale 'n transformasie ondergaan. "Die groot oog scenes was bedoel vir 'n ander liedjie se musiek video en was reeds in September 2013 al opgeneem. Daar was ook in November ander video opnames gedoen met 'n storie wat sou handel oor die hiernamaals, maar dit was geskraap en in die laai geplaas vir later. (Van daardie video opnames het in 2016 in die ReŽn (Aan Die Brand Steek) musiek video 'n tuiste gevind.) Die karakters van Gee Voor Jy Groet was ook veronderstel om in die video te verskyn, maar weens slegte tyds berekening is dit gelos vir 'n latere video."

Die single is te koop op iTunes en verskeie online winkels en bevat die single edit van die snit. Die album weergawe is ietwat langer.

Die liedjie is die Afrikaanse weergawe van die snit Better Days wat op die album Lights Blinding verskyn.

© 2017 by Egmond.