TRACKLISTING
1) Melkweg ReŽnboog (Single Edit)
2) ReŽn (Aan Die Brand Steek) [2016 Remake] (Single Edit)



Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO
Melkweg ReŽnboog: Ek mis jou so. Wie sou kon glo. Dat daardie aand my hart sou toor. Wat maak jy nou? My denke blou oor daardie aand. Ek hou van jou! Party van ons sterre is dieselfde saans. Jy daar in die verre agter berg en krans. As die maan skyn kyk omhoog, my hart aan jou beloof, die Melkweg ons reŽnboog. Die naweek kom. My hol maag grom. En daardie aand het my laat blom. Bel asseblief my hart se dief. Na daardie aand is ek verlief.

ReŽn (Aan Die Brand Steek): Jy was daar, nog altyd en toe kom jou afskeid. My hart so gebroke, ek voel so verlore, verlore. Ek sal die reŽn aan die brand steek, en tussen sterre verdwaal. Om voor jou te loop, om jou te gaan haal. Want jy is my feŽ verhaal, verhaal. En engel ek kom jou haal. Die dagbreek is elders, die maanskyn in kelders. Jou spasie leeg langs my. Jou grasie skort in my. Ek sal die reŽn aan die brand steek, en tussen sterre verdwaal. Om jou op te spoor, om jou te gaan haal. Ek sal die reŽn aan die brand steek, en al die wolke betaal om voor jou te loop as ek jou kom haal. Want jy is my feŽ verhaal, verhaal. Die lewe sonder jou faal, so faal. En engel ek kom jou haal.


INLIGTING

UITGEREIK 30 AUGUSTUS 2016
MELKWEG REňNBOOG / REňN (AAN DIE BRAND STEEK) [2016 Remake]

Melkweg ReŽnboog en ReŽn (Aan Die Brand Steek) is die derde enkelsnit vrystelling vanaf Egmond se Nog Vuil Wasgoed album en die eerste "double A-side single" vrystelling van Egmond se loopbaan. In 'n verbasende skuif het beide liedjies enkelsnit status gekry toe die official audio van Melkweg ReŽnboog en toe ReŽn (Aan Die Brand Steek) in Augustus op You Tube verskyn het en verwys het na die vrystelling as 'n "double A-side single". Volgens Egmond kon hy nie kies tussen die twee treffers nie en het hy eenvoudige besluit om in daardie geval beide uit te reik.

Die eerste snit Melkweg ReŽnboog is in Oktober 2008 geskryf in die Bosveld terwyl Egmond buite gesit en sterre kyk het. "Ek het deur 'n moeilike tyd gegaan daai tyd. Terwyl ek na die Melkweg gekyk het het die woorde en wysie van die juweel na vore gekom. Dit was soos 'n lig wat die donkerte laat weg smelt het. Natuurlik help dit dat dit geskryf is vir die liefde van my lewe en die storie vertel van hoe ons ontmoet het." Naas die feit dat dit 8 jaar lank geduur het om te voltooi, was die musiek reeds in 2013 opgeneem. Die liedjie se produksie is behartig deur Sandy Robbie. Die album weergawe van die liedjie is etwat langer as die single edit.

ReŽn (Aan Die Brand Steek) is teruggestuur studio toe in 2015 vir 'n nuwe treatment om beter by die album se styl te pas. Die finale produksie van die liedjie is laat Julie 2016 voltooi. Die liedjie, wat reeds in 2011 gepen is, is oorspronklik in Augustus 2014 opgeneem (dieselfde dag as DJ!!!) en ingesluit op die Vuil Wasgoed EP. Daardie studio opnames het twee weergawes van die liedjie vorendag gebring. (Die ander weergawe het sanger Marc Skarda gefeature as gaskunstenaar en is later uitgereik as 'n bonussnit op die Vuil Wasgoed Deluxe-album).

Volgens Egmond gaan ReŽn (Aan Die Brand Steek) oor die hulpelose gevoel wat agtergeblewendes het nadat iemand naby aan hul gesterf het. Egmond se worshond Sebastiaan is in April 2016 oorlede, 13 jaar nadat hy hom as geskenk gekry het. "Sebastiaan is oorlede terwyl die liedjie weer in produksie was en dit het gevoel asof die woorde deur iemand anders spesiaal vir my geskryf is. Ek voel nog sterker oor die boodskap hieragter en ek het besluit om hierdie liedjie aan Sebastiaan op te dra. Hy was daar van dag een af met my musiek loopbaan. Hy het my elke noot hoor skryf - insluitende hierdie liedjie s'n."

Die single se omslag is die eerste foto wat Egmond van homself en Sebastiaan geneem het toe hy hom gekry het in Augustus 2003. 'n Visual video clip vir ReŽn (Aan Die Brand Steek) is op iTunes Connect en YouTube bekend gestel in Augustus 2016 wat 'n homage aan Sebastiaan is.

Die offisiŽle musiek video vir ReŽn (Aan Die Brand Steek) is laat September 2016 bekend gestel op You Tube kort nadat 'n gedeelte daarvan verskyn het in die promosie advertensie van die Nog Vuil Wasgoed album. Egmond vertel dat die Kruger-broers wat in die musiek video verskyn alreeds in 2014 afgeneem was en dat dit destyds vir Paradys se video bedoel was, maar dit is in die laai geplaas en gebÍre totdat die regte liedjie te voorskyn gekom het. "Ek het hul elkeen eers 'n mock-up van die video gewys vir hul approval voordat die sing dele bygelas was. Almal het dadelik ingestem!"

Die musiek video vir Melkweg ReŽnboog was vir maande in pre-production en die eerste 15 sekondes daarvan is op 26 Maart 2017 bekend gestel. Die video was oorspronklik geskeduleer vir 'n Julie 2017 uitreiking maar is uitgestel om as 'n duet in 2018 uit te reik met die sangeres Yolandi. Die oorspronklike video is aangepas en 'n "sneak peek" is op Apple Music geplaas mid April 2017.

© 2017 by Egmond.