TRACKLISTING
1) Kom Red My
2) Melkweg ReŽnboog
3) Koebaai *
4) Better Days (ft Algorrid3m)
5) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
6) Dis Elektries (ft Yolandi)
7) Mors
8) Gee Voor Jy Groet
9) ReŽn Aan Die Brand Steek
10) Vlieg (duet met Yolandi)

* Nuwe opname

BOOKLET:
Kyk hier na die boekie wat in die CD weergawe van die album te vinde is.

ALBUM CREDITS:
ē Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (4) musiek ook deur Algorrid3m en (3) musiek ook deur Sandy Robbie.
ē Opgeneem tussen Desember 2003 en Junie 2018
ē 1, 2, 5 en 9 vanaf Nog Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
ē 4 vanaf Lights Blinding. Sien besonderhede hier.
ē 6, 7 & 8 vanaf Ongevraagde "Hello". Sien besonderhede hier.
ē 10 vanaf Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
ē Koebaai opgeneem tussen Februarie & Junie 2018 deur Sandy Robbie. Finale produksie en meng deur Sandy Robbie.
ē Dis Elektries [2016 Remake] addisionele opnames deur Egmond en Sandy Robbie in Oktober 2016.
ē Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg en Dis Elektries.
ē Algorrid3m verskyn op DJ en Better Days.
ē Sandy Robbie verskyn op DJ.


INLIGTING

UITGEREIK 15 JULIE 2018
SIRKUS APPLOUS

Egmond se tweede grootste treffers album, Sirkus Applous, is 'n versameling van sy mees populÍrste treffers wat uitgereik is as enkelsnitte tydens sy loopbaan wat strek vanaf 2003 tot 2018. Sirkus Applous se promosie is afgeskop in 2018 met die nuwe enkelsnit Koebaai. Die album sluit naas die nuwe opname 9 van Egmond se grootste treffers in, waaronder die #1 liedjies Melkweg ReŽnboog, Dis Elektries, en die onlangse Hosa Radio nommer #1 treffer Better Days (ft Algorrid3m).

Die Sirkus Applous projek is saamgestel om Egmond se onmiskenbare klank te verteenwoordig. Met oor die 800 duisend digitale eenhede wat reeds verkoop is, is die album se snitte gekies uit sy top verkope op iTunes, die kykergetalle op YouTube en radio gunstelinge die afgelope 15 jaar.

Die album titel Sirkus Applous het Egmond alreeds uitgedink in 2013 kort nadat hy verlief geraak het op Lady Gaga se liedjie 'Applause'. Egmond is self 'n groot Britney Spears aanhanger, en haar album 'Circus' was op sy lessenaar toe hy die 2 bymekaar gesit het in 'n titel wat hy geweet het hy eendag wou gebruik. "Dit is die regte titel vir die album wat my musiek loopbaan in twee woorde vasvat - 'n holderstebolder ervaring van 'n skouspel wat menige aanhangers gekweek het!" Die titel word ook ingesluit in die lirieke van Koebaai. Vir eers, 'n buiging gevolg deur 'n rondte sirkus applous...

VINNIGE FEITE
Kom Red My - Die weergawe wat hier ingesluit is, is die 2015 remake van die oorspronklike snit wat in 2013 uitgereik was. Die video het al reeds naby aan 13 000 kykers op You Tube gehad.

Melkweg ReŽnboog - Die liedjie was Egmond se eerste nommer 1 treffer in 7 jaar! Die enkelsnit, wat reeds in 2016 uitgereik was, het 'n jaar later eers 'n musiek video gekry en kort daarna sukses behaal op radio in vroeg 2018.

Koebaai - Die liedjie se musiek video is opgeneem in Mosambiek 3 maande voordat die liedjie voltooi was. Die oorspronklike demo wat gebruik was tydens die video opname was opgeneem in 'n laer stemtoon as die finale snit.

Better Days - 'n "Late bloomer" volgens Egmond - omdat dit 5 maande na sy bekendstelling amper oornag 10 000 You Tube kykers gehad het en ook nommer 1 geslaan het op Hosa Radio.

DJ - Die liedjie was veronderstel om die openingstreffer te wees vir die 2014 EP Vuil Wasgoed, maar is weggelaat vanaf die album en in 2015 uitgereik as die lead single vir Nog Vuil Wasgoed - wat self eers 'n jaar later verskyn het...

Dis Elektries - Egmond se tweede nommer 1 treffer het in 2016, ter viering van die debuut album se 5de herdenking, 'n remake treatment ontvang. Hierdie nuwe weergawe is by die album ingesluit.

Mors - Egmond se eerste liedjie wat op radio gespeel het in Maart 2004, het 7 jaar nadat dit sukses op stasies soos Radio Pretoria en Radio Laeveld gehad, die Uitsaaines Top 10 geklim tot in die #3 posisie in 2011!!!

Gee Voor Jy Groet - Egmond se eerste musiek video wat op TV gespeel het in 2010 was in twee weke voltooi - alhoewel die liedjie se opname 3 jaar geneem het.

ReŽn Aan Die Brand Steek - Die "Double A-side" enkelsnit (gepaard met Melkweg ReŽnboog in 2016) het ook soos sy single-genoot in 2018 sukses behaal op Treffers Radio se top 30.

Vlieg - Die lead single van Vuil Wasgoed is 'n duet met Yolandi wat in 2011 uitgereik is, en wat volgens Egmond een van sy beste liedjies ooit is.


SINGLES

© 2018 Egmond.