VERSLAAF

2008 DOWNLOAD TRACKLISTING
1) Verslaaf
2015 DIGITAL SINGLE TRACKLISTING
1) Verslaaf (2015 Remix) [Single edit]
2020 DIGITAL SINGLE TRACKLISTING
1) Verslaaf (Video Remix)
2) Verslaaf (Demo 2004)
Verslaaf was die sesde uitreiking vanaf die debuut album Ongevraagde "Hello" en het in Oktober 2008 op news24.com se musiek afdeling Channel24 sy debuut gemaak. Die enkelsnit was beskryf met "Fans of Modern Talking are going to go ga-ga over this Afrikaans synth-pop koeksissie off the heartbreaker's new CD, Ongevraagde 'Hello'." Dit was ook in Oktober 2009 uitgereik as gratis download op Wildhorse.Co.Za.
Kort na die sukses van die Gee Voor Jy Groet musiek video in vroeg 2010, is daar 'n plan uiteengesit vir 'n Verslaaf musiek video. Die doel was om tydens die opkomende musiek videos (wat beplan was vir sy debuut album) footage op te neem wat vir die Verslaaf video gebruik sou word. Die idee was om Verslaaf as die laaste van die beplande musiek videos uit te reik wat sou bestaan uit gedeeltes wat met al die vorige videos se temas sou spog. Die opnames het begin tydens die verfilming van die As Jy Wil musiek video in Maart 2010. Maar weens skedule probleme het die opnames vir die Verslaaf gedeeltes nie plaas gevind tydens die opvolg video Dis Elektries nie. Die reeds voltooide opnames was toe in die laai geplaas en "vergeet"! Die oorspronklike video snippet wat opgeneem was is 10 jaar later uitgereik op YouTube in Maart 2020.
Tydens die renaisance van Egmond se vorige enkelsnitte in 2010/2011 het Verslaaf agtergebly en was die enkelsnit nie weer beskikbaar gestel nie. Ten tyde van die grootste treffers album 1 Dosyn se beplanning is die enkelsnit Verslaaf weer genader. 'n 2015 Remix is spesiaal vir die album voltooi en uitgereik as die 2de enkelsnit vanaf 1 Dosyn in Augustus 2015.
Die vergete video footage wat in 2010 opgeneem is vir Verslaaf is uit die laai gepluk om 'n musiek video te voltooi wat 'n homage is aan Egmond se gunsteling fliek reeks The Lord of the Rings. Die ikoniese Middle Earth standbeeldjies wat deel vorm van Egmond se privaat versameling, asook die bekende "fonts" wat in die films gebruik word, maak dit 'n unieke video wat lyk na die end credits van die film reeks. Die 7 fotos wat verskyn in die tweede helfde van die video is ook gedoen in die styl van die fliek reeks se hoofrolle waar die fotos die ander 7 album enkelsnitte verteenwoordig wat uitgereik is vanaf Ongevraagde "Hello" (waarvan Verslaaf ook deel was in sy oorspronklike vorm). Vir diegene wat wonder - die skrif wat rondom die ring draai is nie die spreekwoord "One Ring To Rule Them All" nie, maar eenvoudig die enkelsnit se titel: "Egmond - Verslaaf". 'n Verkorte weergawe van die musiek video is op 30 Julie 2015 uitgereik op You Tube ter promosie van die album 1 Dosyn, terwyl die vollengte weergawe in Januarie 2016 die lig gesien het.
In laat April 2020, skaars 'n maand nadat die 2010 footage bekend gestel is in sy oorspronklike vorm, verskyn die eerste fotos van die voltooide musiek video vir die oorspronklike enkelsnit. Die musiek video, wat 'n ietwat ander weergawe is en die "Video Remix" herdoop is, bevat die opnames van 2010 asook splinternuwe opnames wat presies 'n dekade later in 2020 opgeneem is. Die video is 'n mengelmoes van beide dekades se footage wat saamgesmelt is in 'n nou voltooide musiek video wat die treffer nooit gehad het nie. Die video is ook 'n "vintage" gevoel gegee met 'n tong-in-die-kies spottery oor die ou beeld materiaal wat nou eers gebruik is in sy volle reg; en so ook die nuwe beeld materiaal laat skaamteloos saam smelt. Volgens Egmond was die inspirasie een van die ou ABBA musiek videos waar beide sangeresse se gesigte gewys het van verskillende kante af. Die effek is op verskeie plekke gereplikeer as 'n homage aan die groep.
Die "Video Remix" word as enkelsnit uitgereik in Junie 2020 en bevat ook die 2004 demo wat vir die liedjie opgeneem is. Die "Video Remix" dien ook as die lead single vir die album Remixed wat later in Junie uitgereik word.
Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Die wind verwaai 'n stilte wat nog duskant lakens lê. Jou oë se poele diep; trek my in net soos die ring. Jou soene sag en wilder as ek in jou arms lê. En ek weet weer vir 'n feit al my jare se jolyt is geen match met ons se more nie. Dis 'n deurmekaar geleentheid wat ek altyd sal onthou. Gister was jy 'n verleentheid, en nou's en verslaaf aan jou. Dis 'n liefde onbeskryflik groot. Kom na die Grey Havens op my boot. Jaloerse oë beloer - blind en doof is ek en jy. Die storms net leë wolke, al die sterre wil jou hê. Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Jou voetstappe kom nader - jy's die een wat ek wil hê.
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO