TRACKLISTING
1) Verslaaf (2015 Remix) [Single edit]

Woorde & Musiek: Egmond
Kopiereg SAMRO

Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Die wind verwaai 'n stilte wat nog duskant lakens l. Jou o se poele diep; trek my in net soos die ring. Jou soene sag en wilder as ek in jou arms l. En ek weet weer vir 'n feit al my jare se jolyt is geen match met ons se more nie. Dis 'n deurmekaar geleentheid wat ek altyd sal onthou. Gister was jy 'n verleentheid, en nou's en verslaaf aan jou. Dis 'n liefde onbeskryflik groot. Kom na die Grey Havens op my boot. Jaloerse o beloer - blind en doof is ek en jy. Die storms net le wolke, al die sterre wil jou h. Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Jou voetstappe kom nader - jy's die een wat ek wil h.


INLIGTING

UITGEREIK 14 AUGUSTUS 2015
VERSLAAF (2015 Remix)

Ten tyde van die grootste treffers album 1 Dosyn se beplanning is die enkelsnit Verslaaf weer genader. Die liedjie het tydens die renaisance van Egmond se debuut album in 2010/11 nie veel aandag gekry nie, en Egmond het gevoel dat dit weer tyd was om die snit in die kollig te bring.

'n 2015 Remix is spesiaal vir die album voltooi en uitgereik as die 2de enkelsnit vanaf 1 Dosyn in Augustus 2015.

Die vergete video footage wat in 2010 opgeneem is vir Verslaaf is uit die laai gepluk om 'n musiek video te voltooi wat 'n homage is aan Egmond se gunsteling fliek reeks The Lord of the Rings. Die ikoniese Middle Earth standbeeldjies wat deel vorm van Egmond se privaat versameling, asook die bekende "fonts" wat in die films gebruik word, maak dit 'n unieke video wat lyk na die end credits van die film reeks. Die 7 fotos wat verskyn in die tweede helfde van die video is ook gedoen in die styl van die fliek reeks se hoofrolle waar die fotos die ander 7 album enkelsnitte verteenwoordig wat uitgereik is vanaf Ongevraagde "Hello" (waarvan Verslaaf ook deel was in sy oorspronklike vorm).

Vir diegene wat wonder - die skrif wat rondom die ring draai is nie die spreekwoord "One Ring To Rule Them All" nie, maar eenvoudig die enkelsnit se titel: "Egmond - Verslaaf". 'n Verkorte weergawe van die musiek video is op 30 Julie 2015 uitgereik op You Tube ter promosie van die album 1 Dosyn, terwyl die vollengte weergawe in Januarie 2016 die lig gesien het.

2017 by Egmond.