TRACKLISTING
1) Vlieg (duet met Yolandi)
2) Dis Elektries (ft Yolandi) *
* CD-single only bonus track

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO
Ek was verlore en seer. Als het te ver gegaan vir weer probeer. Die grys lug buite so vreemd. 'n Duisend dinge wat my kop beklee. Toe breek die spieŽls toe jy opdaag - ek weet ek het 'n kans gevind om te ontsnap na 'n droom dag. Ek's verlief, ek voel weer soos 'n kind. En ek vlieg. Ek vlieg regoor die wÍreld. Ek vlieg tot daar by jou, jou. En ek vlieg. Ek vlieg oor oseane. Geen trane oor jou, jou. En ek vlieg. Die tyd van vreugde begin. Jy's 'n juwele kis om te ontgin. Jou hart van goud word besing. Die sprong na een wees vra 'n ja-trouring. En agter nuwe afdraendes - dis ruig, maar jy bring vrede mee. Jy red my net toe ek wegraak. Jy's daar, jou blou oe sien my en lees. En ek vlieg... En ek is die een wat by jou sal bly. Ek is die een wat jou vertrou en altyd vas wil hou.


INLIGTING

UITGEREIK 11 NOVEMBER 2011
VLIEG (duet met Yolandi)

Die eerste single vanaf Egmond se derde album Vuil Wasgoed is die treffer Vlieg. Die briljante eerste single het vir maande in Egmond se kop gemaal voordat hy dit uiteindelik in Julie 2011 as kitaar demo opgeneem het. Hy lag vandag steeds oor die video clip wat hy opgeneem het. "Die kitaar was terrible. My stem ook. Maar ek moes dit opneem om te hoor hoe dit klink." Volgens hom het hy besluit om die eerste single 'n duet te maak omdat hy geinspireer was deur wat in die Afrikaanse musiek industrie aan die gang was ten tyde die skrywe daarvan. "Ek wou graag iets soortgelyks doen en het besluit om Vuil Wasgoed so af te skop."

Die refrein het hom een oggend oorval in sy slaap, en hy het opgestaan met die melodie en dit op sy Blackberry opgeneem indien hy dit sou vergeet. Dit was nie nodig nie, want die wysie het by hom bly spook. Een aand laat in April het die woorde van die liedjie hom toegesak en het hy die wysie voltooi. Egmond het laat Oktober gerapporteer op Facebook dat hy die liedjie se woorde verander het omdat dit nie meer gepas het by die tempo van die snit nie. "Nadat ek die backtrack ontvang het van Bernie af, het ek besef die hartseer lirieke het 'n ander storie vertel as die 'opgejackte' melodie. Ek het Yolandi vir raad gevra, en sy het die hammer op die kop getref met haar wyse terugvoering. Ek het die woorde een Saterdag middag voltooi tussen gras sny en huis skoon maak!"

"Yolandi was baie opgewonde toe sy hoor van die nuwe liedjie en het dadelik ingestem om dit te doen. Sy het sowaar die mooiste stem."

Die opname van die duet het plaasgevind op 4 November 2011 in Sandton en Bernie Millar (van V'more-faam) het waargeneem in die studio met Duncan van Shilling Fox agter die "groot rekenaar". Sandy Robbie is verantwoordelik vir die musiek.

Vlieg was as digital single te koop op RhythmRecords.Co.Za en ook in fisiese CD formaat te koop. Die single het sy premiere gehad op 11.11.11 om 11.11am op Uitsaaines. Die musiekvideo is ook dieselfde dag uitgereik en is verfilm ten tyde van die opname van die liedjie. Vlieg het die week na sy uitreiking die Uitsaaines Top 10 om 10 betree in die nommer 10 posisie en het geklim na nommer 5 voordat dit die Top 10 verlaat het na 10 weke.

Vir die Nog Vuil Wasgoed album se insluiting is daar 'n nuwe / tweede weergawe van die musiek video uitgereik op You Tube ter viering van die album se uitreiking. Die weergawe was reeds in 2012 opgeneem, en alhoewel dit vir 'n korte wyle te sien was op You Tube, is dit verwyder ten gunste van die oorspronklike weergawe. Die 2016 weergawe bevat verdere veranderinge aan die tweede weergawe en is die Nog Vuil Wasgoed-weergawe gedoop ten tyde van die uitreiking in laat September 2016.

© 2017 by Egmond.