TRACKLISTING
1) V'more [Single Edit]
2) This Morning [Live Unplugged, May 2003]

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO

Ek sien jou - jy glimlag so blazť | En ek weet jou oŽ het geen berou | oor die tye saam met my | Dis verlate in my hart se koue kant | En die radio maak dit erger | Die musiek laat my verlang | En ek wonder: "Gaan die afstand langer bly?" | Seisoene vir die eensames | Ek's vas al is ek vry | Jy's die een vir my | Maar jy's so ver weg | My denke stomp in dom geveg | Jy't my getoor, my hart verloor | V'more | My boek van vergeet | Vergeef en aangaan | Is vol geskryf met jou mooi naam | Ek smag om jou weer vas te hou | V'more | Jou woorde hardloop rond hier in die wind | Maar jou stem bly hees, my foon te stil | Om die eensaamheid te vul | Dis waansin - die gevoel hier binne my | Die geheim is in bewaring | Maar ek wens ek kon jou kry | Na na na na na...


INLIGTING

UITGEREIK 30 JUNIE 2011
V'MORE

Egmond se 1ste liedjie wat in Afrikaans opgeneem was het die baan opener geword vir die album wat sou volg. Die engelse weergawe This Morning is ook oorspronklik die eerste liedjie wat hy geskryf het, wat sedert 1997 in Egmond se kop gedwaal het. Die wysie en lirieke van This Morning is voltooi in Engeland in 2000, die kitaar note is bygesit in Desember 2002, die liedjie is toe opgeneem Junie/Julie 2003 by Bernie Millar (met 2 lede van die kult groep Clout - Glenda Millar en Sandy Robbie - op die snit as deel van die span) en is toe vertaal in Desember van dieselfde jaar. "Mense het gesÍ dit sal cool wees in Afrikaans, toe probeer ek dit." Ook maar goed so, want die weergawe was so goed ontvang, dat 'n aand saam met Adam Tas op die verhoog 'n paar mense laat regop sit het. Egmond sÍ dat hy self regop gesit het toe hy by die studio ingestap het die dag toe hy die opname gehoor het. "Om Sandy Robbie te kon sien kitaar speel was amper soos 'n lewensles. Om boonop jou idol Glenda Millar te hoor sing saam met jou is nog 'n groter eer! Ek was star-struck toe ek haar ontmoet het met die opname van Jy's In My Bloed in 2005!"

Die liedjie het saam met Mors op radio gedebuteer in 2004. Daar was 'n musiek video opgeneem in Desember 2003 wat vir 'n tyd lank op Egmond.Co.Za gebruik was vir promosie, maar die video se kwaliteit was power. "Ek was baie excited na die reaksie van die gehoor oor V'more en het dadelik besluit om 'n video op te neem. Daar was destyds ook 'n video vir This Morning, maar beide is, wel, nie rerig wat dit moes wees nie." Vandag is die twee videos "rarities" wat volgens Egmond eendag weer iewers sal opduik.

Die woorde is geskryf in Hermanus vir iemand wat te diep ingekruip het eens op 'n dag by die see. Volgens Egmond was die titel die enigste "vertaling" wat plaasgevind het. "Ek het op my bed gesit met Sebastiaan, my worsie, wat die matte gekou het - hy was lekker stout toe hy 'n klein worsie was! Die woorde het net gevloei. En hy moes sit en luister! Hy is al 'n grysbaard wat nogsteeds moet sit en luister daarna! En ter ere van hom is daar ook 'n worshond in die video!"

V'more sou volgens Egmond altyd 'n single gewees het maar die volgorde keuse was moeilik. Iewers en V'more sou terselfdertyd uitgereik word as double A-side single. Daar is daarteen besluit sodat elke snit tot sy eie reg kon kom. Daar was tot 'n kompetisie gewees op MyVideo.Co.Za waar die ou weergawe van V'more moes kompeteer teen die 'live' weergawe van Iewers. Daar was nie 'n wenner nie omdat albei gelykop geeindig het.

'n Beplande uitreikings datum van laat Maart, vroeg April is verander na einde Mei, en toe einde Junie nadat die video op 44 sekondes gestaak is, geskrap is, en van voor af begin is. Volgens Egmond het die oorspronklike idee "nÍrens heen gegaan het nie". Die video is 'n kleurvolle "collage" wat ook 'herwinde' gedeeltes vanuit Egmond se ander musiek videos bevat. "Dis 'n tipe greatest hits, as jy wil, en omdat al die ander videos nooit sou ontstaan het as dit nie vir V'more was nie, het ek hulle ook hierby ingesluit - in een of ander vorm..."

In September 2011 het V'more die Uitsaaines Top 10 om 10 in die #9 posisie betree. V'more het hoŽr geklim na #8 waar dit vir 2 weke gestaan het, geval het na #9 en weer gespring het na #7. Nie sleg nie!!

V'more is ook ingesluit op die Ongevraagde "Ritmes" album in sy extended weergawe vorm, wat amper 'n minuut langer is as die album weergawe. In Augustus 2013 is V'more ook gelys op Channel24 as "Song Of The Week".

© 2017 by Egmond.