TRACKLISTING
1) Kom Red My
2) Vlieg (duet met Yolandi)
3) Paradys (ft Slay)
4) Ren Aan Die Brand Steek
5) Melkweg Renboog - Demo **
6) DJ (ft Slay) - Demo **
7) Paradys (ft Slay) - Extended Version **
8) Ren Aan Die Brand Steek - Version 2 (ft Marc Skarda) **
9) Kom Red My (Vocal Up Remix) **
10) Vlieg (ft Yolandi) - Acapella **

** Deluxe Edition only bonus track

ALBUM CREDITS:
Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (3, 6 & 7) musiek ook deur Algorrid3m.
Opgeneem tussen Nov 2011 en Sep 2014.
Opnames gedoen by Egg-Studios (5), Shilling-Fox (3 & 10), Marc Skarda (3, 4, 6 - 8) en Sesalos (1 & 9).
Finale produksie en meng deur Shilling-Fox (3 & 10), Sesalos (1), Sandy Robbie (5, 9) en Marc Skarda (3, 4, 6 - 8).
Oorspronklike produksie deur Sandy Robbie (1, 2, 4, 5, 8, 9) en Algorrid3m (3, 6 & 7).
Addisionale produksie deur Bernie Millar (2).
Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg.
Marc Skarda verskyn op Ren Aan Die Brand Steek.
DJ Slay / Algorrid3m verskyn op DJ en Paradys.
Agtergrond stemme deur Michelle Haarhof (4 & 8).
Agtergrond stemme deur Marc Skarda (3 & 7).


INLIGTING

UITGEREIK 4 OKTOBER 2014
VUIL WASGOED

Vuil Wasgoed se titel is reeds in 'n 2008 onderhoud bekend gemaak nadat die vraag gevra is oor wat die toekoms inhou na die debuut album. Egmond se antwoord was dat hy "reeds besig was om te werk aan die opvolg album Vuil Wasgoed." Drie jaar later, in 2011, is Vlieg, die eerste single vanaf Vuil Wasgoed, uitgereik. Die duet met Yolandi was 'n top 5 treffer in 2011/12 op Uitsaaines.

Egmond vertel dat hy 'n hele klompie liedjies geskryf het vir die album. S Egmond, "Kort voordat verdere opnames in 2012 sou begin het, het ek verhuis en moes die album nuwe wortels skiet in Natal. Dit was een van die redes hoekom die album so lank geneem het om te voltooi." Opnames het eers weer in 2013 gevolg. Kom Red My, die tweede single, was in September 2013 opgeneem en uitgereik as die opvolg enkelsnit. Die musiek video wat in Oktober gepremiere het op Channel24.Co.Za het baie aandag getrek op sosiale netwerke met meer as 11 000 kykers op You Tube.

Ten tyde van die album opname het Egmond se paaie gekruis met die van EDM meester Slay, aka Algorrid3m. Die kunstenaars het twee liedjies opgeneem, waaronder Paradys in Julie 2014 uitgereik is as derde single vanaf die album. Die ballade Ren Aan Die Brand Steek is opgeneem in Augustus 2014, dieselfde dag as die treffer DJ. Laasgenoemde sou oorspronklik die Vuil Wasgoed album geopen het, maar daardie weergawe was nie sterk genoeg nie en is dit op die laaste oomblik weggelaat.

Aangesien die album reeds vertraag was met 2 jaar, is die besluit geneem om 'n EP uit te reik op 4 Oktober 2014. Die 4 voltooide snitte was volgens Egmond sterk genoeg om 'n los-staande EP te vorm. Daar was afgekondig dat die balans van die album, naamlik DJ en Melkweg Renboog, later uitgereik sou word op 'n opvolg suster-EP, getiteld as Nog Vuil Wasgoed.

In Februarie 2016 is 'n Deluxe weergawe van Vuil Wasgoed uitgereik. Dit sluit die demo weergawes van Melkweg Renboog en DJ in asook ander weergawes van beide Paradys en Ren Aan Die Brand Steek.


SINGLES

2018 Egmond.