

Dis Elektries het ‘n geskiedenis wat terugdateer tot 2004! Egmond ontdek ‘n gratis CD met sagteware in ‘n tydskrif. Een van die programme is ‘n freeware musiek program, en vir die kunstenaar wat besig was om sy debuut album op te neem daardie tyd, was dit ‘n geval van “kom-ons-kyk-wat-gebeur-as-ek-dit-en-dit-druk”. Die resultaat was indrukwekkend, maar is op ys geplaas totdat dit weer ontdek word in 2006.
Alhoewel ‘n ander weergawe in 2008 uitgereik word, spook die polsende klanke van die demo by die kunstenaar en in 2010 word dit uitgereik as duet met Yolandi. Die liedjie was ‘n sukses en was #1 vir 8 weke lank op Uitsaaines se Top 10.
In 2016 word die enkelsnit ‘n remake treatment gegee. Daardie weergawe het op die Sirkus Applous album verskyn in 2018. Toe die tyd aanbreek in 2021 vir Ongevraagde “Hello” 2.0 word ‘n nuwe studio produksie voltooi deur Sandy Robbie. Tydens die opnames is veranderinge aan die liedjie gebring, en die verse voor die refrein kry ‘n nuwe wysie wat opbou na die koor. Een van die verse in die tweede helfde van die liedjie word ook uitgelaat om die polsende ritme te behou.
Die oorspronklike 2010 en 2016 remake weergawes word afgetree om plek te maak vir die nuwe studio produksie. Egmond se 2016 stem opnames, asook Yolandi se oorspronklike 2010 stem opnames, word hiervoor gebruik. Dis Elektries word uitgereik op 7 Mei, terwyl die musiek video premiere op die 27ste April. Beeldmateriaal wat vir die 2016 remake video gebruik is is herwin met nog nuwe footage wat nie voorheen te sien was nie. Weens die vorige weergawes wat afgetree is, is die nuwe weergawe uitgereik sonder enige subtitels.
Treffers Radio neem die liedjie op in hul Top 20 en dit maak sy debuut in die nommer 4 posisie, waarna dit sak na nommer 5 in die tweede week. Die snit is tans een van die kunstenaar se mees populêrste treffers op Spotify en iTunes.











KRY “DIS ELEKTRIES (2021 REMAKE)” HIER
Hulle sê as dit donker word en die maan se lig begin skyn | Is daar dinge wat verander en net die jonges kan dit voel | Hulle sê dis elektries | Hier staan ons | Ek sien jou hande soek verdwaald | Hier gaan ons | Na ‘n plek dus anderkant die maan | Kom saam ons | En jou eend verander in ‘n swaan | Voel jy dis elektries | Sien jy dis elektries | Hoor jy dis elektries | Ruik jy dis elektries | Verstaan ons | Die swart ring skadus is ons oë | Ontgaan ons | Die donker ritme hou ons bo | Bestaan ons in die buitekringe van jou naam
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO