Die 2016 Remake van die treffer Dis Elektries word op die herdenking van die debuut album se 5-jaar anniversary uitgereik. Die snit, wat hermeng is deur Sandy Robbie, is in Oktober 2016 uitgereik op iTunes en spog ook met ‘n bykomende musiek video wat selektiewe beeldmateriaal bevat van die oorspronklike 2010 musiek video treffer.
Volgens Egmond wou hy nog altyd Dis Elektries opdateer het. “Toe ek met die Vuil Wasgoed projek begin het in 2011, het ek baie keer gewonder hoe dit sou klink as ek hierdie liedjie die treatment kon gee wat van die nuwe liedjies gekry het. Nou, ses jaar nadat dit uitgereik was, het die tyd aangebreek. En wat ‘n beter manier as om die album waarvandaan die liedjie kom se 5-jaar herdenking te vier met ‘n herbesoekte weergawe van sy grootste treffer: Dis Elektries.”
Die duet met Yolandi bevat haar oorspronklike 2010 stem opnames wat tot meer prominensie gebring is en haar van featured artist na volledige duet geneem het. Egmond het nuwe stem opnames in Augustus 2016 vir die liedjie opgeneem. Die musiek video is voltooi in Oktober en alhoewel die oorspronklike video se aksie tonele 95% gesny is uit die video, bevat dit tonne voorheen onbeskikbare footage van Yolandi en Egmond. “Die video is beslis nie meer ‘n opvolg op As Jy Wil s’n nie, maar ‘n musiek video in sy eie reg,” vertel Egmond. “Daar is wel so ‘n klein homage aan die oorspronklike video te vinde.” Die musiek video het gepremiere 10 dae voor die iTunes vrystelling.
Alhoewel die Dis Elektries remake reeds as enkelsnit uitgereik was in 2016, is die musiek video weergawe vir die eerste keer beskikbaar gestel op die Sirkus Applous album in 2018. In 2021 is die enkelsnit afgetree om plek te maak vir die 2021 Remake wat deur Sandy Robbie voltooi is vir die 2.0 weergawe van die debuut album. Die musiek video wat vir die 2016 weergawe voltooi is, is gebruik vir die 2021 remake en verder aangepas met nog nuwe beeldmateriaal.
NOU BESKIKBAAR AS “DIS ELEKTRIES (2021 REMAKE)” HIER
Hulle sê as dit donker word en die maan se lig begin skyn | Is daar dinge wat verander en net die jonges kan dit voel | Hulle sê dis elektries | Hier staan ons | Ek sien jou hande soek verdwaald | Hier gaan ons | Na ‘n plek dus anderkant die maan | Kom saam ons | En jou eend verander in ‘n swaan | Voel jy dis elektries | Sien jy dis elektries | Hoor jy dis elektries | Ruik jy dis elektries | Verstaan ons | Die swart ring skadus is ons oë | Ontgaan ons | Die donker ritme hou ons bo | Bestaan ons in die buitekringe van jou naam
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO