

Die onverwagte bekendstelling van die iTunes Connect-exclusive single Gister vier die 5de herdenking van Egmond se debuut album Ongevraagde “Hello” in ‘n nuwe weergawe.
Gister is uitgereik op die iTunes Music Connect platform waar followers op die platform die eksklusiewe vrystelling gratis kan stream en ook aflaai. Volgens Egmond wou hy nog altyd Gister as enkelsnit uitgereik het, maar dat daar destyds ander liedjies was wat meer radio-friendly was. Die album weergawe was ook volgens Egmond uitgetoets aan ‘n gehoor in 2006 maar was nie so goed ontvang soos die ander album snitte nie.
Om die debuut album se 5 jaar herdenking te vier, is Gister weer genader. Naas die bekendstelling van Dis Elektries se 2016 Remake, is daar ook vir Gister ‘n nuwe baadjie aangetrek. “Die remix is ‘n nuwe cut van die liedjie wat baie meer radio-friendly is as die album weergawe,” vertel Egmond.
Die liedjie is in 2004 geskryf en was sy eerste oorspronklike Afrikaanse komposisie. “Voordat ek die Afrikaanse roete gegaan het, het ek net Engelse liedjies geskryf. Ek het nie geweet ek kan dit beter in Afrikaans doen nie. Die meeste van my debuut album snitte was oorspronklik geskryf as Engelse liedjies en ek het vir hulle almal (behalwe Gister en Verslaaf) nuwe Afrikaanse lirieke geskryf.”
Die enkelsnit se omslag foto kom vanaf dieselfde foto sessie wat in 2004 gedoen is deur fotograaf Jeannie de Beer vir die debuut album. Die musiek video verteenwoordig ook daardie foto sessie en is in vroeg 2017 ook eksklusief of iTunes Connect bekend gemaak, en later op die You Tube kanaal.
Die snit was vir 2 jaar eksklusief aan iTunes Connect en is in 2018 uitgereik as die b-side vir die enkelsnit Koebaai. In 2020 word die 2016 Remix ook ingesluit op die album Remixed wat uitgereik word op alle digitale platforms.
Die liedjie is weer opgeneem in 2021 as deel van die Ongevraagde “Hello” 2.0 projek. Dit is ook herdoop as Hello om te onderskei tussen die vorige weergawe.



KRY “GISTER (2016 REMIX)” HIER
“Hello” – ongevraagde “hello”. Ongevraagd soos botter op ‘n droë stuk brood; water wat in slote loop. “Hello” – jou ongevraagde “hello”. Ongevraagd soos spasie op ‘n dubbel bed; visse in ‘n tuna net. Gister, sonder jou was daar gister. Motgereënde blou. Nou is die dae waar ons hande kan vashou. In die water kan val as die vure ons neerklou. Gister. “Hello” – jou ongevraagde “hello”. Ongevraagd soos aande saam voor ons tv; vakansies saam by die Kaapse see. “Hello” – ongevraagde “hello”. Ongevraagd soos die goud wat om ons vingers draai; jou kyk as jy jou arms om my swaai.
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO