Die derde opname wat voltooi is vir Egmond se debuut album was in Johannesburg by Bernie Millar opgeneem in mid 2005. Die liedjie was geskryf in Engels en het geheet Inspiration. In laat 2003 / vroeg 2004 is die melodie een van die handjievol wat gekies is vir die Afrikaanse debuut album. Die Afrikaanse titel was Gee Voor Jy Groet, en het ook die Afrikaanse vertaling van die titel in die lirieke bevat.

Gee Voor Jy Groet was gekies as die 2de opname by Renier Henn, en gedurende 2004 is die liedjie se struktuur gebou met backing vocals wat opgeneem was, en stem opnames wat voltooi was. Maar die stem opnames het weens tegniese redes verlore gegaan, en die backtrack met backing vocals (deur Esti Henn en Marisela), is onvoltooid gelaat toe Egmond verhuis het na Johannesburg toe.

Egmond het weer kontak gemaak met Bernie Millar en die backtrack voorgelê. Die internasionale musiek toneel van 2005 het ‘n groot rol gespeel in die besluit om in ‘n ander rigting in te gaan, en Britney Spears en die Backstreet Boys se musiek styl het as inspirasie gedien. Met die nuwe Gee Voor Jy Groet backtrack gereed vir opname, is daar ‘n addisionele vers geskryf en die lirieke is ietwat aangepas. Die dag voor die opname maak die sanger ‘n belangrike besluit wat hy jare later dankbaar voor sou wees: die titel verander van Gee Voor Jy Groet tot Jy’s In My Bloed. Alle dele waar “gee voor jy groet” gesing word, word vervang met “jy’s in my bloed”.

Die stem opnames is voltooi maar Egmond was nie tevrede met die finale produk nie, en ‘n tweede opname het gevolg. Die intro is ook verander en die finale opname is voltooi in Junie. ‘n CD single word beskikbaar gestel op Egmond.Co.Za in 2005.

Die liedjie het sy debuut gemaak in Desember daardie jaar op Radio Kragbron. Nadat die album voltooi is in 2008 het Jy’s In My Bloed agter gebly weens sterker snitte wat gebruik was vir promosie. In 2012 word die eerste weergawe van die 2005 opname herontdek en ingesluit op die album Ongevraagde “Ritmes”, waarna dit as enkelsnit uitgereik is in 2013 met ‘n spesiale musiek video. Glenda Millar, wat backing vocals verskaf het vir die enkelsnit, is meer prominensie gegee in die 2012 weergawe, en het ook in die musiek video gespeel.

In September 2015 is die oorspronklike demo van Gee Voor Jy Groet uitgereik as deel van die snit se 5 jaar herdenking single op iTunes. In 2016 word die Glenda Millar weergawe ook digitaal beskikbaar gestel. Die enkelsnit bevat die oorspronklike 2005 weergawe asook ‘n voorheen onbeskikbare remix wat dateer circa 2007.

KRY “JY’S IN MY BLOED” HIER

Die donker van ‘n lang nag verdwyn: vir altyd sonskyn. Jou glimag het die wolke laat kwyn en ek volg jou sein. Want jy bring hoop in tye wanneer ander rond soek. Bly in my spasie. Om reg te maak wat krom wil raak al is dit laat. Jy is my inspirasie – die vonk van lig wat lewe stig en nooit verlaat. Jy’s in my bloed. En jy vul elke leemte in my. Voor jou is ek klei. Jy bring die beste mens uit in my. Net jy kon dit reg kry. Soos almal altyd ys moes afkry na storms waar die sneeu bly. Kon ek jou blou-groen blik nooit vermy – en nou’s jy in my.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO