Jy’s In Paradys (ft Slay) is die lead single vanaf die grootste treffers album 1 Dosyn en is ‘n collaboration met briljante musikant Slay. Die musiek video is bekendgestel op 1 Junie 2015 terselfde tyd as die iTunes release. Die liedjie is herdoop na ‘n besluit om ‘n alternatiewe weergawe van die treffer Paradys (vanaf die EP Vuil Wasgoed) in te sluit op die treffers album. Die weergawe word gelei deur akoestiese kitaar.

Beide weergawes van Paradys is opgeneem in April 2014. Die akoestiese kitaar word gespeel deur Sandy Robbie met agtergrond stemme deur Marc Skarda, waar stem opnames voltooi is.

Die musiek video is ‘n kombinasie van “behind the scenes footage” van al Egmond se vorige 12 musiek videos, asook optredes en vertonings waar hy betrokke was. Oor die video sê Egmond: “Wat agter die skerms gebeur tydens video shoots is partykeer skreeu snaaks. Die idee van die video was om die kykie agter die skerms te omskep in ‘n kleurvolle montage. Die eerste keer toe ek myself op TV gesien het is ook ingesluit, asook verskeie ander opnames van videos wat nooit die cut gemaak het of gebruik was nie. Hoe om left-overs in iets besonders te omskep, so te sê.”

Die enkelsnit is voor die album te koop aangebied op iTunes, eMusic, Amazon.com en verskeie online winkels. Die single sluit ook die B-side DJ in, wat ook in samewerking is met die briljante EDM kunstenaar Slay. Die weergawe is ‘n “live version” van die snit en was uitgereik voordat die enkelsnit se studio weergawe beskikbaar gestel was. DJ was reeds veronderstel om in 2013 uitgereik te wees, maar is teruggehou. Die “Live” weergawe was dus die eerste keer wat ‘n weergawe van die liedjies aan gehore beskikbaar was.

Die liedjie is die Afrikaanse weergawe van die snit Better Days wat op die album Lights Blinding verskyn.

KRY “JY’S IN PARADYS” HIER

Leë strate om my al die huise staan ook leeg. Voel niemand naby; het die mensdom weg beweeg? Die lug is wolkloos en die wind het ophou waai. ‘n Stem roep woordloos en ek weet om om te draai. Kom vlug na waar ek wys. Hier’s son en sneeu en ys. En as jy kyk sal jy sien jy’s in paradys. Ervaar die see gesuis. Behels die groot paleis. En as jy sien sal jy weet jy’s in paradys. Geen wolkekrabbers, net ‘n enkel toring hoog. Hier’s iemand anders wat gly op ‘n mooi reënboog. Geen goudpot op sy net ‘n poel van silwer wyn. ‘n Stem roep na my en ek weet daar’s niks meer pyn.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO