In September 2015 word die Kom Red My enkelsnit, wat in September 2013 die lig gesien het, onttrek vanaf digitale winkels met die nuus dat ‘n “remake” in November 2015 uitgereik gaan word. Die oorspronklike weergawe word afgetree en was vir ‘n beperkte tydperk slegs beskikbaar op die Grootste Treffers album, 1 Dosyn en die Deluxe weergawe van die Vuil Wasgoed album.
Volgens Egmond was die rede vir die 2015 Remake baie eenvoudig. “Ek was so in my skik met die produksie van DJ (wat in Augustus 2015 uitgereik was), dat ek aangedring het om hierdie snit dieselfde “treatment” te gee. Dit was ‘n maklike besluit om Kom Red My weer te takel en nuwe lewe daarin te blaas.”
Die nuwe Kom Red My spog met hierdie nuwe produksie en het ook die oorspronklike musiek video opdateer en vervang in Oktober 2015. Boonop spog die digitale single ook met ‘n “Live” weergawe en ‘n “Vocal Up Remix” tesame met die remake wat op 11.11.2015 uitgereik was, presies 4 jaar na die lead single Vlieg vanaf die Vuil Wasgoed EP uitgereik is. Die nuwe weergawe is volgens Egmond weggelaat vanaf die Deluxe weergawe van Vuil Wasgoed omdat dit gebêre was vir insluiting op die Nog Vuil Wasgoed album.
In Februarie 2016 betree Kom Red My die nuwe Uitsaaines Top 20 in die nommer 20 posisie en klim dit na die nommer 17 posisie in slegs 3 weke.
Die tong-in-die-kies klets program, die Van Coke Show, met aanbieder Francois Van Coke, het ‘n gedeelte van die musiek video gespeel ten tyde van die eerste episode van die program op KykNet in vroeg Oktober 2018 waar die paneel moes raai wat die volgende lirieke gaan wees, met skreeusnaakse antwoorde en kommentaar.
In Desember 2018 verskyn die “2019 Remix” van die liedjie op die Meer Sirkus Applous album. Die snit was beplan om as enkelsnit uitgereik te word in 2019, vandaar die by-titel “2019 Remix”. Die liedjie se uitreiking word gekanselleer maar in 2020 word die Vocal Up Remix ingesluit op die album Remixed en as enkelsnit uitgereik in Augustus 2020.
KRY “KOM RED MY (2015 REMAKE)” HIER
As jy my wil hê | Is daar dinge wat ek moet sê | Sonder jou | Is my lewe so grys en grou || As jy my wil hê | Dan verdwyn al die monsters weh | Vat my, gou! | Want ek weet eks die een vir jou || Soen my nou, vat my gou | Breek die spel en ek bly by jou || Kom red my | Waar is jy | Gedaantes hang hier rond en soek | Na helde en verhoed die vloek | Om gebreek te word as ons groet || Red my | Dis net jy | Wat al die spoke weg kan jaag | Die hekse en die wesen-plaag | Kan verwoes met jou soen so sag || As jy my wil hê | Is daar dinge wat jy moet sê | Jy weet nou | Daars ‘n fors wat jou wil weg hou || As jy my wil hê | Staan weer op en moet nooit gaan lê | Vat my nou | Wys jou liefde onbreekbaar trou
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO