

Die tweede enkelsnit vanaf Egmond se Remixed album is die “Vocal Up Remix” van Kom Red My. In Oktober 2015 was ‘n ander weergawe van hierdie remix ingesluit op die 2015 Remake enkelsnit.
In Desember 2018 verskyn dit weer, maar in sy oorspronklike remix vorm en herdoop as die “2019 Remix” op die Meer Sirkus Applous album. Die weergawe was beplan om as enkelsnit uitgereik te word in 2019, vandaar die by-titel “2019 Remix”.
Die enkelsnit se beplande uitreiking word gekanselleer in 2019 weens verskeie faktore. In 2020 word dit ingsluit op die album Remixed met die byskrif “Vocal Up Remix”.
‘n Musiek video vir hierdie weergawe van Kom Red My sien die lig vroeg in Mei 2020. Die video bestaan uit agter die skerms beeld materiaal, studio opnames en nog meer. Aanhangers van die oorspronklike enkelsnit se musiek video sal dus hierdie nuwe weergawe geniet met nuwe tonele wat nog nie voorheen gesien was nie. Die video word boonop uitgereik in “anomorphic widescreen”.
As gevolg van die pandemie word die Kom Red My (Remix) enkelsnit se uitreiking aangeskuif na Augustus 2020.
Hierdie weergawe van die snit het sedert sy uitreiking baie aandag begin trek op beide iTunes en Spotify, waar dit weekliks in die Top 10 snitte opkom as mees geluisterde liedjie vanaf die Egmond back-catalogue.










KRY “KOM RED MY (REMIX)” HIER
As jy my wil hê | Is daar dinge wat ek moet sê | Sonder jou | Is my lewe so grys en grou || As jy my wil hê | Dan verdwyn al die monsters weh | Vat my, gou! | Want ek weet eks die een vir jou || Soen my nou, vat my gou | Breek die spel en ek bly by jou || Kom red my | Waar is jy | Gedaantes hang hier rond en soek | Na helde en verhoed die vloek | Om gebreek te word as ons groet || Red my | Dis net jy | Wat al die spoke weg kan jaag | Die hekse en die wesen-plaag | Kan verwoes met jou soen so sag || As jy my wil hê | Is daar dinge wat jy moet sê | Jy weet nou | Daars ‘n fors wat jou wil weg hou || As jy my wil hê | Staan weer op en moet nooit gaan lê | Vat my nou | Wys jou liefde onbreekbaar trou
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO