Melkweg Reënboog en Reën (Aan Die Brand Steek) is die derde enkelsnit vrystelling vanaf Egmond se Nog Vuil Wasgoed album en die tweede “double A-side single” vrystelling van Egmond se loopbaan naas V’more / This Morning in Desember 2003 op CD-single. In ‘n verbasende skuif het beide liedjies enkelsnit status gekry toe die official audio van Melkweg Reënboog en toe Reën (Aan Die Brand Steek) in Augustus op You Tube verskyn het en verwys het na die vrystelling as ‘n “double A-side single”. Volgens Egmond kon hy nie kies tussen die twee treffers nie en het hy eenvoudige besluit om in daardie geval beide uit te reik.

Die eerste snit Melkweg Reënboog is in Oktober 2008 geskryf in die Bosveld terwyl Egmond buite gesit en sterre kyk het. “Terwyl ek na die Melkweg gekyk het het die woorde en wysie van die juweel na vore gekom. Dit was soos ‘n lig wat die donkerte laat weg smelt het.” Naas die feit dat dit 8 jaar lank geduur het om te voltooi, was die musiek reeds in 2013 opgeneem. Die liedjie se produksie is behartig deur Sandy Robbie. Die album weergawe van die liedjie is etwat langer as die single edit. Die enkelsnit het ook sy debuut gemaak in Treffers Radio se Top 30 en na drie weke die nommer 1 posisie bereik. Laat Februarie word Melkweg Reënboog opgetel as Hosa Radio se “Aandagtrekker” van die week en kom in aanmerking vir die Top 25. Die liedjie debuut in die nommer 22 posisie in sy eerste week, waarna dit die nommer 3 posisie bereik het in die sesde week, sy hoogste posisie op die stasie.

Reën (Aan Die Brand Steek) het op Vuil Wasgoed verskyn en sou uitgereik geword het as die laaste enkelsnit van die EP, maar dit is teruggehou en in 2015 het dit weer ‘n draai in die studio gemaak en die 2016 Remake is gebore. Die produksie van die liedjie is laat Julie 2016 voltooi. Die liedjie, wat reeds in 2011 gepen is, is oorspronklik in Augustus 2014 opgeneem (dieselfde dag as DJ!!!). Daardie studio opnames het twee weergawes van die liedjie vorendag gebring. (Die ander weergawe het sanger Marc Skarda gefeature as gaskunstenaar en is later uitgereik as ‘n bonussnit op die Vuil Wasgoed Deluxe-album).

Reën (Aan Die Brand Steek) het op Treffers Radio se Top 30 in Maart sy verskyning gemaak. Die liedjie se hoogste plek in die Top 30 was in die nommer 4 posisie. Die snit was vir meer as 12 weke lank in die Treffers Radio se Top 30 voordat dit uitgetree het om plek te maak vir Koebaai laat Junie 2018.

Volgens Egmond gaan Reën (Aan Die Brand Steek) oor die hulpelose gevoel wat agtergeblewendes het nadat iemand naby aan hul gesterf het. Egmond se worshond Sebastiaan is in April 2016 oorlede, 13 jaar nadat hy hom as geskenk gekry het. “Sebastiaan is oorlede terwyl die liedjie weer in produksie was en dit het gevoel asof die woorde deur iemand anders spesiaal vir my geskryf is. Ek voel nog sterker oor die boodskap hieragter en ek het besluit om hierdie liedjie aan Sebastiaan op te dra. Hy was daar van dag een af met my musiek loopbaan. Hy het my elke noot hoor skryf – insluitende hierdie liedjie s’n.”

Die enkelsnit se omslag beeld die eerste foto wat Egmond van homself en Sebastiaan geneem uit het toe hy hom as geskenk gekry het in Augustus 2003. ‘n “Visual Video” vir die enkelsnit is op iTunes Connect en YouTube bekend gestel in Augustus 2016 as ‘n homage aan Sebastiaan. Die offisiële musiek video vir Reën (Aan Die Brand Steek) is laat September 2016 bekend gestel op You Tube kort nadat ‘n gedeelte daarvan verskyn het in die promosie advertensie van die Nog Vuil Wasgoed album. Egmond vertel dat die Kruger-broers wat in die musiek video verskyn alreeds in 2014 afgeneem was en dat dit destyds vir Paradys se video bedoel was, maar dit is in die laai geplaas en gebêre totdat die regte liedjie te voorskyn gekom het. “Ek het hul elkeen eers ‘n mock-up van die video gewys vir hul approval voordat die sing dele bygelas was. Almal het dadelik ingestem!”

Die musiek video vir Melkweg Reënboog was vir maande in pre-production en die eerste 15 sekondes daarvan is op 26 Maart 2017 bekend gestel. Die video was oorspronklik geskeduleer vir ‘n Julie 2017 uitreiking as ‘n duet met die sangeres Yolandi. Die duet is later uitgestel. Die oorspronklike enkelsnit se musiek video materiaal is geskraap en weer in November 2017 opgeneem – dieselfde dag as Better Days se video opname. Die video is teruggehou om voorkeur te gee vir Better Days se release, en is verder teruggehou vir die Kersfees-weergawe van This Morning se vroeë Desember uitreiking. Die anamorphic widescreen video, wat geinspireer is deur ‘n Natalie Imbruglia musiek video waar sy self die kamera vashou, is ‘n liefdes video “selfie” boodskap. Die video het die lig gesien op Kersdag 2017.

KRY “MELKWEG REËNBOOG / REËN AAN DIE BRAND STEEK” HIER

Jy was daar, nog altyd en toe kom jou afskeid. My hart so gebroke, ek voel so verlore, verlore. Ek sal die reën aan die brand steek, en tussen sterre verdwaal. Om voor jou te loop, om jou te gaan haal. Want jy is my feë verhaal, verhaal. En engel ek kom jou haal. Die dagbreek is elders, die maanskyn in kelders. Jou spasie leeg langs my. Jou grasie skort in my. Ek sal die reën aan die brand steek, en tussen sterre verdwaal. Om jou op te spoor, om jou te gaan haal. Ek sal die reën aan die brand steek, en al die wolke betaal om voor jou te loop as ek jou kom haal. Want jy is my feë verhaal, verhaal. Die lewe sonder jou faal, so faal. En engel ek kom jou haal.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO

Ek mis jou so. Wie sou kon glo. Dat daardie aand my hart sou toor. Wat maak jy nou? My denke blou oor daardie aand. Ek hou van jou! Party van ons sterre is dieselfde saans. Jy daar in die verre agter berg en krans. As die maan skyn kyk omhoog, my hart aan jou beloof, die Melkweg ons reënboog. Die naweek kom. My hol maag grom. En daardie aand het my laat blom. Bel asseblief my hart se dief. Na daardie aand is ek verlief.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO