Die treffer Melkweg Reënboog, die derde enkelsnit vrystelling vanaf Egmond se Nog Vuil Wasgoed album (en ook ‘n double A-side single met Reën Aan Die Brand Steek), is in vroeg 2018 weer uitgereik in die vorm van ‘n remix single wat drie nuwe weergawes van die liedjie bevat.

Kort na die musiek video se bekendstelling op Kersdag 2017, het die video se kykersgetal gespring na ‘n 1000 + views. Om die video verder te bemark is die idee vir ‘n remix single gebore.

Die eerste remix is ‘n Club Mix wat Egmond sê hom dadelik laat dink het aan die club scene, en hy noem dat “dit voorwaar ‘n mengelmoes van dubsteps en heavy beats is met die koor wat elke nou en dan opduik. Dis freaky!” Daar is ook ‘n musiek video geproduseer vir die Club Mix wat ‘n nuwe verwerking is van die oorspronklike musiek video. Die Remix video is op 1 Februarie 2018 bekend gestel.

Die tweede remix is die “Vocal Up” weergawe wat ‘n paar tweaks het op die oorspronklike single version, en ook ‘n paar nuwe krieke bevat!!! Die bridge se lirieke is ook anders as die in die musiek video.

Die laaste remix, getitled die Yup Yup Remix is ‘n tipe house weergawe van die liedjie wat ten tyde van die mixing die woord “jup” laat vashaak het en so ontpop het in ‘n mellow weergawe van die liedjie wat nes die Club Mix ook ‘n kleurvolle kombinasie van klanke is.

In laat Januarie 2018 het die enkelsnit sy debuut gemaak in Treffers Radio se Top 30 en na drie weke die nommer 1 posisie bereik. Laat Februarie word Melkweg Reënboog opgetel as Hosa Radio se “Aandagtrekker” van die week en kom in aanmerking vir die Top 25. Die liedjie debuut in die nommer 22 posisie in sy eerste week, waarna dit die nommer 3 posisie bereik het in die sesde week, sy hoogste posisie op die stasie, voordat dit twee weke later uitgeval het.

KRY “MELKWEG REËNBOOG REMIXES” HIER

Ek mis jou so. Wie sou kon glo. Dat daardie aand my hart sou toor. Wat maak jy nou? My denke blou oor daardie aand. Ek hou van jou! Party van ons sterre is dieselfde saans. Jy daar in die verre agter berg en krans. As die maan skyn kyk omhoog, my hart aan jou beloof, die Melkweg ons reënboog. Die naweek kom. My hol maag grom. En daardie aand het my laat blom. Bel asseblief my hart se dief. Na daardie aand is ek verlief.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO