

Mors (2021 Version) is een van die produksies wat oorspronklik vir die Ongevraagde “Hello” 2.0 album voltooi is. Daar was reeds in 2017 gewerk aan ‘n remix vir Mors, maar dit was gestaak omdat die regte klank nie gevind kon word nie. Die 2.0 weergawe van Ongevraagde “Hello” se beplanning het gesorg dat dit weer besoek is en vir weke was daar gewerk aan die liedjie se nuwe mix – met ‘n balans wat eer betoon aan die oorspronklike maar dit ook meer modern maak. Die mix is voltooi vroeg April 2021.
Beeldmateriaal is opgeneem vir ‘n musiek video in Maart 2021. ‘n Teaser is uitgereik later daardie maand wat afgekondig het dat die liedjie in April sou volg. Dit is later onttrek en vervang deur Dis Elektries.
Halfpad deur die album se opnames is die 2021 weergawe onttrek vanaf die projek. Die rede daar voor was eenvoudig – die oorspronklike weergawe sou beter pas by daardie projek en daar word besluit om die nuwe 2021 weergawe van Mors by ‘n ander projek in te sluit – Ongevraagde Ritmes 2.0. Ongelukkig is die projek gekanselleer, maar die enkelsnit is steeds uitgereik. ‘n Nuwe omslag van die enkelsnit is bekend gemaak in Augustus 2021.
‘n Nuwe musiek video is voltooi vanaf die oorspronklike 2011 beeldmateriaal wat herwin is vir die nuwe weergawe. Dit bevat ook opnames van Egmond se eerste groot konsert in Maart 2004, naamlik die Abraham Kriel Kinderhuis konsert wat in Modimolle gehou was saam met twee 7de Laan sterre.
Die September 2021 uitreikings datum is gekies omdat dit die 10de herdenking is van die oorspronklike 2011 musiek video se debuut op YouTube.









KRY “MORS (2021 VERSION)” HIER
My kamer se deure is nat | Die laat nag se reën pad gevat | ‘n Skielike vrees as dit so moes wees | dat jy met my mors | Die stories wat rondloop is woes | Maar jy sê dis strooi en dis roes | Jou lippe verlei as ek jou wil vry | Jy sallie met my mors | Moenie met my mors nie | Jy sal ‘n duur prys betaal | Moenie my wil skors nie | As ek jou liefde kom haal | Moenie met my mors nie, mors nie | Hei jy, dit is fataal | Hei jy, ga lekke betaal | Ons passie se spele is rof | Jou woorde aan my vol van lof | As iets my sou pla het jy my gevra | Dan is alles wors | Die dae van alleen wees is jonk | As jy hier is weg is die tronk | Die vrede bewaar, die oomblikke raar | Gaan jy met my mors? | Moenie met my mors nie… | Met jou is ek ‘n mens | Met jou is ek soms kens | Met jou gaan elke wens oor die grens
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO