

Kort op die hakke van die 20ste herdenking van die eerste Afrikaanse enkelsnit V’more, volg die “20th Anniversary Edition” van Mors – die deurbraak enkelsnit wat in vroeg 2004 gesorg het vir lugtyd op Radio Pretoria en Radie Laeveld.
Die enkelsnit, wat opgeneem was by Renier Henn, is begin kort voor Kersfees 2003, en in Januarie 2004 is die eerste weergawe van die enkelsnit voltooi. Hierdie demo word vir die eerste keer uitgereik en ingesluit op die digitale uitreiking. Alhoewel ‘n tweede backtrack bestaan vir ‘n ander weergawe van Mors, was die stemopnames vir die opname verlore en is daardie weergawe geskraap ten gunste van die finale weergawe wat in Februarie 2004 uitgereik is.
Die 2011 Single Edit, asook die 2021 Version van die snit, is by die enkelsnit ingesluit.
Die omslag vir die 2004 CD-single is herwin vir die uitreiking. Die 2004 musiek video, destyds gedoop die “Memories Video”, het spesiaal vir die uitreiking ‘n nuwe remastered edit ontvang wat op 10 Februarie 2024 om middernag premiere het op YouTube.
Lees hier oor die oorspronklike enkelsnit se reis sedertien dit in 2004 uitgereik was, en later in 2011 weer sukses behaal het en ‘n top 3 treffer geword het op Uitsaaines.
KRY “MORS” HIER
My kamer se deure is nat | Die laat nag se reën pad gevat | ‘n Skielike vrees as dit so moes wees | dat jy met my mors | Die stories wat rondloop is woes | Maar jy sê dis strooi en dis roes | Jou lippe verlei as ek jou wil vry | Jy sallie met my mors | Moenie met my mors nie | Jy sal ‘n duur prys betaal | Moenie my wil skors nie | As ek jou liefde kom haal | Moenie met my mors nie, mors nie | Hei jy, dit is fataal | Hei jy, ga lekke betaal | Ons passie se spele is rof | Jou woorde aan my vol van lof | As iets my sou pla het jy my gevra | Dan is alles wors | Die dae van alleen wees is jonk | As jy hier is weg is die tronk | Die vrede bewaar, die oomblikke raar | Gaan jy met my mors? | Moenie met my mors nie… | Met jou is ek ‘n mens | Met jou is ek soms kens | Met jou gaan elke wens oor die grens
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO