2007

OPNAMES & OPTREDES

2 MAR ’07

Twee nuwe liedjies word opgeneem maar nie voltooi nie.
In Junie 2006 was daar sprake dat 2 liedjies opgeneem is vir die debuut album en dit kan bevestig word dat beide Dis Elektries en Gee Voor Jy Groet in Johannesburg by Barend du Plessis opgeneem was, maar die liedjies nie voltooi is nie. ‘n Nuwe demo vir die beplande duet met Marisella, getiteld Rooi, is ook opgeneem maar nog geen datum is vasgemaak vir die opname nie. Egmond het ook nuwe musiek geskryf, onder andere die ballade Brug Lelies saam met Nathi Louw. Intussen is daar ‘n handjievol vertonings gelewer vir klein gehore in Rosebank en Sandton.

VRYSTELLING VAN EP

12 APR ’07

Die eerste offisiële EP vir Ongevraagde “Hello” word gratis uitgereik.
Egmond.Co.Za stel vandag die EP vir gratis aflaai beskikbaar. Die idee vir die EP het onstaan met die geboorte van die opkomende “Ekstras Album” wat ook beplan word om later vanjaar bekend gestel te word. Die EP bevat 5 liedjies waarvan 4 reeds op radio gespeel het. Daar is ook ‘n omslag vir die EP ontwerp wat jy kan aflaai en tuis druk. Besoek die ALBUMS afdeling om die EP af te laai. Die EP sal slegs vir ‘n beperkte tydperk beskikbaar wees.

ARTIKELS AANLYN NA EP SUKSES

30 APR ’07

Die Ongevraagde “Hello” EP haal verskeie voorblaaie.
Met meer as 10 000 besoekers binne 24 uur aan Egmond se webwerf kort na die EP bekendstelling, het die nuus versprei die afgelope maand op verskeie websites, insluitend Kuier.Co.Za, Vetseun.Co.Za, Musiek.Co.Za, AfrikaansNet.Co.Za asook Rieme.Co.Za.

NOG RADIO STASIES BEGIN EGMOND SPEEL

1 JUN ’07

Vier radio stasies lys Egmond se musiek op hul speellyste.
Twee van RFM se stasies asook Radio Lichtenburg en Kraaipromosies het die afgelope paar maande Egmond se musiek begin speel. Op Sondag 27 Mei is die EP voluit gespeel tydens die Vrystaat Mambo op die internet stasie Uitsaaines, waar Egmond se musiek ten minste 1 keer per dag op die stasie gespeel word. Tydens die spesiale speling van die EP het omroeper Raymond Greenberg Egmond bekend gestel aan die luisteraars en die lewendige terugvoering van die gehoor was uit die boonste rakke.

GEE VOOR JY GROET WORD VOLTOOI

7 JUL ’07

Gee Voor Jy Groet is voltooi!!!!
Met meer as 3 jaar se gewag om die liedjie te voltooi, het Egmond baie in sy noppies vertel dat Gee Voor Jy Groet voltooi is. Die liedjie is begin in Februarie 2004 met producer Renier Henn agter die stuur. In Julie 2004 het stemopnames begin in Modimolle. Die agtergrond sangers was Renier se vrou Esti en Marisella, ‘n plaaslike nagtegaal. Kort daarna het Egmond verhuis en vir meer as ‘n jaar het die liedjie in die laai gelê tot ‘n herskrywe as Jy’s In My Bloed by Bernie Millar opgeneem is in Junie 2005. Die oorspronklike musiek van Gee Voor Jy Groet het ‘n nuwe melodie gekry en is teenoor ‘n gehoor getoets in 2006. Die reaksie het was die regte boost om die snit terug in die studio te kry. Die stem is opgeneem by Bernie Millar op 4 Julie saam met ‘n nuwe weergawe van Dis Elektries. Volgens Egmond sal die liedjie gebruik work om die opkomende album te bemark.

DIS ELEKTRIES: 7DE LIEDJIE VOLTOOI

11 JUL ’07

Wat onstaan het as ‘n remix vir Gee Voor Jy Groet, het later ontaard in ‘n liedjie van sy eie.
Dis Elektries se lirieke is geskryf in Junie 2006 en nog dieselfde maand opgeneem by Barend du Plessis, maar die musiek se ontstaan het reeds in 2004 plaasgevind toe Egmond met sagteware ‘n liedjie aanmekaar geslaan het was sou dien as ‘n remix van Gee Voor Jy Groet. Daar was tot agtergrond stemme opgeneem daarvoor met Anndeline Botha (wat in die This Morning musiek video speel). Tot 2006 toe ‘n ander deuntjie ontdek was in die musiek. “Ek’t gehou van die rave weergawe wat ek in 2006 opgeneem het maar iets was missing. Tot ek een van my kollegas gevra het of hy die liedjie sou kon mix.” Thabang Makoe (foto inlas) en sy vennoot Kgotso Shomang het die musiek oorgedoen en ‘n house weergawe het ontstaan! Die oorspronklike musiek is voltooi in Maart 2007 maar die stem is eers verlede week 4 Julie voltooi. Om die liedjie daai bietjie ekstra skop te gee, het Bernie Millar voorgestel om weer vir Sandy Robbie te gebruik vir ‘n bietjie elektriese kitaar. Die resultaat is elektries! Die liedjie is vandag as voltooi afgemerk.

ELECTRIC (FT. NATHI LOUW) RECORDED

13 JUL ’07

Hot on the heels of Dis Elektries is a surprise English version.
The song was recorded on request from a famous South African retail chain for its ACE program. The demo, first titled Electrical, was approved with a request to change the title slightly. The song was recorded with Nathi Louw and released as a limited edition CD-single. The track was also performed at its debut in Johannesburg this past week in front of 130 employees.

PROUDLY AFRICAN RECORDED

15 OCT ’07

Egmond records another theme song for a retail group.
On October 10th Egmond returned to the studio to record a new song called Proudly African. The new song uses the meldoy of his Afrikaans track Gee Voor Jy Groet, albeit with additional African drums and instruments. The song, which contains the company’s jingle, was further enhanced by 3 of its employees who has been employed the longest with the company. The trio, Pumi, Kefilwe and Sonto, joined Egmond at Air Studios where producer Bernie Millar completed the song. Lyrics were co-written by Kgomotso Makokwe, one of the company’s employees.

AS JY WIL LIEDJIE OPGENEEM

25 OKT ’07

As Jy Wil, ‘n nuwe dans nommer, word voltooi.
Na 4 jaar se gespog oor die liedjie As Jy Wil wat nog net ‘n paar mense gehoor, kan daar met trots aangekondig word dat die liedjie voltooi is vir die album! “Dit is my beste liedjie ooit!” vertel Egmond. “Toe ek dit geskryf het in 2003, het ek geweet dis ‘n cool liedjie. Ek’t nooit geweet dat dit so sou uitdraai nie!!” Met ‘n totale nuwe klank en ritme is As Jy Wil perfek vir die dansvloer! Die liedjie was veronderstel om saam met die ballade Rooi opgeneem te word, maar Egmond vertel dat daar besluit is om die ballade ‘n ruskans te gee en eers volgende aan Brug Lelies te werk in November.

BRUG LELIES LIEDJIE VOLTOOI

28 NOV ’07

Die veel bespiegelde snit word voltooi vir die debuut album.
Die eerste keer toe Brug Lelies genoem was op Egmond.Co.Za was in Maart vanjaar. Die ballade, wat saam met oud-kollega Nathi Louw geskryf is, het dadelik sy plek losgeslaan op die album en het die veel gedugte Rooi vervang (wat sedert 2004 hier bespiegel is). Vandag kan daar met trots aangekondig word dat die snit voltooi is vir die album. “Ek’t reeds in Julie vir producer Bernie Millar die snit gegee om na te luister. Dit was amper opgeneem in Oktober, maar As Jy Wil het die ballade voorgespring. Die tyd was nou reg!”. Die snit, wat ‘n briljante diep liedjie is, verbaas tot die sanger. “Ek’t nooit gedink dat die liedjie wat ontstaan het as ‘n grap, so sou uitdraai nie!”. Nathi vertel dat hy in die kantien besig was om op sy kitaar rond te speel toe hy na Egmond toe oorgeloop het en hom gechallenge het om woorde by die musiek te sit wat hy besig was om te ontdek. “It came naturally to him,” herinner Nathi. “He just started humming to the melody and moments later he pulled out his diary and wrote the lyrics to the song.” Egmond lag oor Nathi se probeerslae om die titel uit te spreek. Beide kunstenaars het in Julie vanjaar vir die eerste keer saam opgetree waar hul die snit Electric opgevoer het. Nathi speel kitaar op Brug Lelies en word ondersteun deur Tshepo Mohapi, ‘n lid van Nathi se band, wat die solo gespeel het vir die liedjie.