2009

AS JY WIL #1
1 MAR ’09
Egmond spog met sy eerste nommer 1 treffer.
As Jy Wil, die 5de enkelsnit vanaf Ongevraagde “Hello”, is met die nommer een posisie bekroon op die Independent SA Artists se charts dieselfde week toe dit daarop vrygestel is. Dit is die hoogste posisie wat Egmond se musiek op die charts behaal het. Die eerste enkelsnit, Gee Voor Jy Groet, het die nommer 2 posisie behaal, en die opvolg Brug Lelies was nommer 3.

TERUG OP DIE VERHOOG
14 MAR ’09
Egmond tree vir die eerste keer weer op in twee jaar.
Egmond het gister aand, Vrydag 13 Maart 2009, opgetree by die skouspelagtige Music In The Park byeenkoms te Bela-Bela. Egmond het 3 liedjies gesing vanaf sy debuut album as opening act vir die groep Safire Duo. Die vertoning het begin met die enkelsnit Gee Voor Jy Groet, wat gevolg is deur die eerste vertonings van As Jy Wil en Brug Lelies. Laasgenoemde is ook baie goed ontvang. Hier verskyn hy saam met sy suster Elda backstage.

GEE VOOR JY GROET VERSKYN OP VERSAMELINGS ALBUM
30 APR ’09
Die treffer is ingesluit op die Independent SA Artist Vol 1.
Die compilation album Independent SA Artists Vol 1 is die afgelope maand uitgereik in The Matrix Warehouse winkels landswyd en Gee Voor Jy Groet is ingesluit as een van 20 treffers. Die album sou oorspronklik die liedjie Ongelooflik ingesluit het, wat in Augustus 2008 opgeneem is vir die projek, maar op die laaste oomblik onttrek is van die album. Volgens Egmond sal Ongelooflik vir sy tweede studio album Vuil Wasgoed gebêre word.

MORS TERUG IN DIE KOLLIG
13 JUN ’09
Die liedjie word gratis digitaal uitgereik.
Mors is vandag as die nuutste digitale enkelsnit vanaf die debuut album op Wildhorse.Co.Za uitgereik. Volgens berigte sou ‘n nuwe duet weergawe van Dis Elektries uitgereik word met ‘n briljante sangeres, maar weens agter-die-skerms probleme is daardie uitreiking geskraap en het Mors die plek ingeneem. Die liedjie is reeds as CD-single uitgereik en ontvang sedert 2004 radio speeltyd op verskeie stasies.

BRUG LELIES MUSIEK VIDEO OPPAD
1 DES ’09
Die treffer ballade se video is tans in produksie.
Daar word vandag bekend gemaak dat Brug Lelies ‘n nuwe musiek video ontvang, met die eerste foto vanuit die video wat op Facebook gedeel is. Volgens Egmond het die inspirasie vir ‘n musiek video gekom nadat hy meegedeel is dat die liedjie se mede-skrywer, Nathi Louw, die wysie op Muvhango gespeel het toe hy daarin verskyn het. Opnames vir die video is reeds begin in November. Die video sal in vroeg 2010 uitgereik word.