2022
HELLO ENKELSNIT & VIDEO PROMO
13 JAN ’22
Die nuwe enkelsnit is oppad volgende maand.
Die musiek video vir die volgende treffer Hello is die afgelope naweek opgeneem in Hermanus. ‘n 27 Sekonde snippet is gedeel op sosiale media, kort nadat die eerste foto van die “green screen” opname geplaas is op Instagram, Facebook en Twitter. Die digitale enkelsnit en musiek video sal premiere op 4 Februarie 2022.
OLKA BOLKA ONDERHOUD
29 JAN ’22
Die web tydskrif voer ‘n onderhoud met Egmond.
Vandag verskyn ‘n onlangse onderhoud wat gevoer is deur Miggie K op die webwerf en Facebook blad van Olka Bolka Web & E-Magazine. Lees meer oor die nuwe enkelsnit Hello asook wat als tans in die pyplyn is vir die sanger in 2022 en 2023.
HELLO MUSIEK VIDEO & ENKELSNIT NOU UIT
4 FEB ’22
Die pop treffer is nou uit op YouTube en digitale winkels.
Egmond se nuwe enkelsnit Hello is vandag te koop. Die musiek video is ook vandag uitgereik op YouTube. Kry die enkelsnit op jou gunsteling digitale winkel vandag.
ENCORE (OP DIE RADIO) PROMO & PRE-SAVE
8 APR ’22
Die nuwe enkelsnit word uitgereik 22.4.22.
Die lead single vanaf die opkomende treffer album Sirkus Applous Encore se eerste promosie video is nou te sien op YouTube. Die musiekvideo word reeds geprys as die sanger se beste uitreiking nog, en dit premiere om 7vm op dieselfde dag as die uitreiking. Die enkelsnit se video sal ook sy debuut maak op Next Music se suster’s YouTube Kanaal PlayZA hier. Pre-save die opkomende enkelsnit op jou gunsteling digitale winkel vandag nog deur op die skakel te kliek.
ENCORE (OP DIE RADIO) ENKELSNIT & VIDEO
22 APR ’22
Die nuwe treffer is nou uit op YouTube en digitale winkels.
Egmond se 24ste enkelsnit, Encore (Op Die Radio) is vandag uitgereik. Die uitreiking is op alle vooraanstaande digitale winkels beskikbaar. ‘n Uitstekende musiek video maak ook vandag sy debuut op YouTube, en die video word boonop ook op Next Music se suster’s YouTube Kanaal PlayZA uitgereik vandag.
DIS TYD VIR ‘N ENCORE
5 JUN ’22
Die treffers album Sirkus Applous kom terug.
Daar word reeds in Julie verlede jaar gerapporteer oor die nuwe inkarnasie en “sibling” van Sirkus Applous en Meer Sirkus Applous. Vandag word die derde inkarnasie van die album se splinternuwe omslag bekendgestel tesame met die uitreikings datum daarvan. Die 10-stuk grootste treffers album sal op 17 Junie 2022 uitgereik word. Die nuwe enkelsnit Encore (Op Die Radio) het die album afgeskop in April en word ingesluit in ‘n nuwe alternatiewe “Album Version”. Daar is boonop ook ‘n musiek video opgeneem vir hierdie tweede weergawe wat eersdaags premiere. Lees meer oor die album hier. Pre-save die album hier.
ENCORE (OP DIE RADIO) SPOG MET NUWE MUSIEK VIDEO – DEBUUT SAAM TREFFER ALBUM!
17 JUN ’22
Die gatskop treffer album van Afrikaans se koeksister pop-rocker word gevier met ‘n nuwe musiek video.
Encore (Op Die Radio) het reeds sedert die enkelsnit se bekendstelling aandag getrek op YouTube met ‘n kleurvolle musiek video. As voorloper vir die treffer album Sirkus Applous Encore was die aandag reeds vir 2 maande op die 10-stuk versameling wat vandag die lig sien. ‘n Alternatiewe “Album Version” is spesiaal vir die album voltooi en die nuwe weergawe kry ook ‘n prettige musiek video wat vandag sy premiere maak op YouTube. Kry Sirkus Applous Encore hier.
OLKA BOLKA E-TYDSKRIF ONDERHOUD
17 JUN ’22
Afrikaanse vermaaklikheids webwerf rapporteer oor Encore (Op Die Radio), die treffer album en Pyn!
Egmond keer terug na die voorblad van die ikonisie digitale e-tydskrif, Olka Bolka, en Miggie Krauspe het weer ‘n onderhoed gevoer met die pop-rocker. Lees meer oor die nuwe enkelsnit, album, en ook die opkomende opname Pyn. Ondersteun ook die webwerf en volg hul vandag nog op sosiale media. Lees die nuwe onderhoud hier.
MAROELA MEDIA BERIG OOR ENCORE (OP DIE RADIO)
21 JUN ’22
Die media magnaat lys nuwe treffer Encore (Op Die Radio) op Spotify speellys.
Bekende Afrikaanse nuus en vermaaklikheis webwerf Maroela Media het berig oor Egmond se nuwe uitreiking. Die artikel, wat die Maroela Media Afrikaanse Top 20 afkondig vir die afgelope week, is geskryf deur bekende Groot FM persoonlikheid, Pieter Cloete. Die enkelsnit word genoem onder die “Nuwe Uitreikings” hofie, en lys nuwe uitreikings op ‘n Spotify speellys. Lees die artikel hier.
HAPPENING RADIO GESELS MET EGMOND
28 JUN ’22
Omroeper Ruan Bronkhorst praat met die pop rocker.
Die internet radio stasie in Gordonsbaai, Happening Radio, het ‘n regstreekste onderhoud gevoer met Egmond en gesels oor sy loopbaan van toeka tot nou. Die Suid-Afrikaaanse stasie spog reeds met die sanger se nuwe enkelsnit Encore (Op Die Radio) op hul speellys. Skakel gerus in en dring aan op jou gunsteling musiek.
ONDERHOUD OP MAROELA MEDIA
31 DES ’03
Joernalis Mizanne Hattingh gesels met Egmond.
Suid-Afrika se voorste Afrikaanse nuus en vermaaklikheis webwerf, Maroela Media, het onlangs gesels met die pop rocker oor sy loopbaan, die nuwe uitreiking Sirkus Applous Encore, en meer! Voorverlede week het die webwerf Encore (Op Die Radio) geplaas op hul “Nuwe Uitereikings” Spotify speellys. Lees die onderhoud hier.
GALORE SA DEEL NUWE ALBUM
2 AUG ’22
Suid-Afrikaanse vermaak webwerf berig oor nuwe treffer album.
Galore SA Online deel vandag die pers verklaring oor Egmond se nuwe treffer album Sirkus Applous Encore op hul webwerf en sosiale media kanale. Lees gerus die artikel hier en volg / like hul verskeie platforms op Instagram, Twitter en Facebook.
BEHIND THE SCENES OF NEW REMAKE SINGLE EVERYTHING WE SAY
18 SEP ’22
The exclusive look included teases of the upcoming video.
“The Sandy Robbie Remake” of Everything We Say, set for release later this year, was an unexpected announcement on social media platforms this past month, with confirmation coming in the form of a series of photographs from the set of the video. Now a behind the scenes look at the new single’s video shows the first two teases of the remake that is scheduled for release at the end of the year. Stay tuned for more news coming soon.
VIER VLIEG SE 11DE HERDENKING
11 NOV ’22
Die top 5 treffer word met ‘n nuwe musiek video gevier.
11 jaar gelede het Egmond en Yolandi hul 3de duet opgeneem, kort op die hakke van hul nommer 1 treffer Dis Elektries. Musiek industrie grotes soos Brian Currin en selfs Channel24 het die nuwe treffer gedeel. Om die duet se 11de verjaardag te vier, word daar om 11h11 vandag ‘n splinternuwe remastered HD musiek video uitgereik op YouTube as deel van die herdenking.
OLKA BOLKA SKRYF OOR VLIEG
11 NOV ’22
Die bekende e-tydskrif rapportere oor die nuwe musiek video.
Die vermaak tydskrif Olka Bolka E-Magazine berig oor Egmond en Yolandi se duet Vlieg wat vandag ‘n nuwe “HD-Remastered” video uitreik ter viering van die snit se 11de herdenking. Lees die berig hier.
SPOTIFY WRAPPED 2022
30 NOV ’22
Spotify kondig hul jaarlikse statistieke af.
Die pop-rocker se Spotify profiel het hoogtepunte gedeel van die afgelope jaar se luisteraars. Egmond se musiek is vir 17 ure lank gespeel (bykans 5 ure meer as in 2021) en 382 streams is die afgelope jaar na geluister – net duskant 130 meer as in 2021. #SpotifyWrapped
PYN (FT KALEY) LIRIEKE VIDEO
2 DES ’22
Die opkomende enkelsnit se lirieke video sien die lig.
Die duet met Australiaanse nagtegaal Kaley maak vandag sy premiere op YouTube in die vorm van ‘n lirieke video. Pyn, een van twee enkelsnitte wat uitgereik word op 9 Desember, is die eerste van die nuwe treffers wat sy debuut maak. Pyn is die afgelope jaar in Suid-Afrika en Australië opgeneem deur producer Sandy Robbie. Presave Pyn hier.
OLKA BOLKA BERIG OOR PYN
2 DES ’22
Die vermaaklikheids webwerf rapporteer oor Pyn se lirieke video.
Skaars ‘n paar weke sedert Egmond op die voorblad verskyn het van die ikonisie digitale e-tydskrif, Olka Bolka, is hy terug met die nuwe enkelsnit Pyn. Lees meer oor die nuwe enkelsnit wat volgende Vrydag uitgereik word saam met Everything We Say. Lees die persverklaring hier.
EVERYTHING WE SAY MUSIC VIDEO & SINGLE OUT NOW
9 DEC ’22
The Sandy Robbie Remake is available on all digital platforms.
After months of discussions, the brand new co-lead single of Koeksister Pop, Everything We Say, is out now. The smash hit has both EDM and dance flavours, mixed in with traditional pop, and features the talents of Algorrid3m and newcomer Kaley. Kaley, who also participates in the singer’s new Afrikaans single Pyn, is an Australian artist who cameos very briefly in the new music video out today on YouTube.
EGMOND & KALEY BIED AAN: PYN
9 DES ’22
Die prag duet met die Australiaanse nagtegaal is vandag uit.
Pyn, die splinternuwe enkelsnit vanaf die opkomende album Koeksister Pop, is vandag beskikbaar en word vergesel met ‘n splinternuwe musiekvideo. Die pop-rocker sprei sy vlerke regoor die Indiese Oseaan – al die pad tot in Australië met die nuwe produksie wat opgeneem is in die bekende Gold Coast, asook die Noordkus van Suid-Afrika. Kaley is ‘n Australiaanse nagtegaal wat Afrikaans foneties geleer is vir die nuwe treffer. Die enkelsnit word boonop vergesel deur ‘n tweede uitreiking op dieselfde dag, nl. die “Sandy Robbie Remake” van Everything We Say. Die dans treffer wat spog met die klanke van Algorrid3m, bevat ook subtiele ondersteuning deur Kaley. Beide enkelsnitte word uitgereik deur Next Music.
NOG ‘N OLKA BOLKA ARTIKEL
14 DES ’22
Olka Bolka E-Magazine deel die nuus oor die nuwe uitreikings.
In minder as 4 weke pronk die pop-rocker reeds drie maal op die voorblad van die vermaaklikheids e-tydskrif. Die persverklaring oor Pyn (ft Kaley) asook Everything We Say (The Sandy Robbie Remake ft Kaley, Algorrid3m) kan nou gelees word hier.