Ongevraagde “Hello” is op Skrikkeljaar 2008 uitgereik as CD op Egmond.co.za en digitaal op Lulu.com. Die album was later in 2010 ontrek en weer uitgereik met bonus snitte, en in 2011 in sy finale vorm uitgereik op CD en digitaal.

In 2020 is hierdie oorspronklike 2008 weergawe vir die eerste keer digitaal uitgereik, en aangesien dit ook op Skrikkeljaar gebeur, en boonop die 3de Skrikkeljaar is sedert 2008, is daar drie bonus snitte bygesit wat nie die album gehaal het nie. Die liedjies is ondermeer die akoestiese weergawe van In My Arms wat opgevoer is in 2003, asook die studio demos van Rooi en Een Ding. Die oorspronklike album omslag is weer gebruik vir die vrystelling tesame met die onderskrif Skrikkeljaar. Die omslag bring hulde aan die debuut album van Egmond se gunsteling musiek groep, Roxette. Daardie album, Pearls of Passion, het ‘n soortgelyke byskrif gehad het toe dit weer uitgereik was in 1997, 11 jaar na sy debuut.

Verskille tussen die 2011 weergawe en die oorspronklike 2008 weergawe sluit in die liedjies Dis Elektries en Brug Lelies wat beide in duette in verander is, met Dis Elektries wat ‘n totale ou demo weergawe uit die argiewe laat kom het om weer opgeneem te word as ‘n meer dans georienteerde weergawe. Ander liedjies soos Gister en Gee Voor Jy Groet het klein veranderings ondergaan in post-production. Die album het ook ‘n ander hardloop orde gehad, met Brug Lelies en Verslaaf wat plekke omgeruil het. Die liedjie Dis Elektries het ook in die 2011 weergawe opgeskuif in die nommer 5 posisie omdat die liedjie se nuwe styl meer ingepas het by die begin van die album.

Brug Lelies se solo weergawe is uiteindelik in 2020 digitaal uitgereik as deel van die album se promosie. Verslaaf sou self deel vorm van die bemarkings veldtog maar die remix weergawe is op die ou einde gebruik vir die Remixed album.

Tracklisting

1) Mors
2) V’more
3) Gee Voor Jy Groet
4) As Jy Wil
5) Iewers
6) Gister
7) Jy’s In My Bloed
8) Dis Elektries
9) Brug Lelies
10) Verslaaf
11) In My Arms [Live & Unplugged]
12) Een Ding [Demo]
13) Rooi [Demo]

Enkelsnit

KRY “ONGEVRAAGDE ‘HELLO’ SKRIKKELJAAR” HIER

• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (9) musiek ook deur Nathi Louw.
• Opgeneem tussen Jun 2003 en Feb 2008.
• Opnames gedoen by Air Studios (2, 4, 6 – 10) en AdRock Studios (1, 3, 5).
• Finale produksie en meng deur Bernie Millar (2, 4, 6 – 10), en Renier Henn (1, 3, 5).
• Agtergrond stemme deur Glenda Millar (2, 6, 7).
• Agtergrond stemme deur Esti Henn en Marisela (3).
• Kitaar deur Sandy Robbie (2, 6, 7).
• Kitaar deur Nathi Louw en Tshepo Mohapi (9).
• Kitaar deur Tshepo Mohapi (10).
• Oorspronklike produksie en programering deur Egmond (11-13).

© Kopiereg SAMRO