![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/verslaaf2015-1024x284.png)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/verslaafremix.jpg)
Tydens die beplanning vir Egmond se eerste grootste treffers album in 2015, was Verslaaf weer genader nadat die oorspronklike 2008 enkelsnit weggeraak het in die oorvloed uitreikings in 2010/2011.
‘n 2015 Remix is spesiaal vir die album voltooi en uitgereik as die 2de enkelsnit vanaf 1 Dosyn in Augustus 2015. Die enkelsnit weergawe is korter as die album weergawe wat verskyn op 1 Dosyn.
Die vergete video footage wat in 2010 opgeneem is vir Verslaaf is uit die laai gepluk om ‘n musiek video te voltooi wat ‘n homage is aan Egmond se gunsteling fliek reeks The Lord of the Rings. Die ikoniese Middle Earth standbeeldjies wat deel vorm van Egmond se privaat versameling, asook die bekende “fonts” wat in die films gebruik word, maak dit ‘n unieke video wat lyk na die end credits van die film reeks.
Die 7 fotos wat verskyn in die tweede helfde van die video is ook gedoen in die styl van die fliek reeks se hoofrolle waar die fotos die ander 7 album enkelsnitte verteenwoordig wat uitgereik is vanaf Ongevraagde “Hello” (waarvan Verslaaf ook deel was in sy oorspronklike vorm). Vir diegene wat wonder – die skrif wat rondom die ring draai is nie die spreekwoord “One Ring To Rule Them All” nie, maar eenvoudig die enkelsnit se titel: “Egmond – Verslaaf”.
‘n Verkorte weergawe van die musiek video is op 30 Julie 2015 uitgereik op You Tube ter promosie van die album 1 Dosyn, terwyl die vollengte weergawe in Januarie 2016 die lig gesien het.
Dele van die 2015 Remix was herwin vir die 2021 Version se uitreiking.
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers06-2-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers11-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers13-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers08-2-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers10-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers01-2-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers02-2-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers04-2-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers05-2-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers07-2-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers03-2-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers09-300x169.jpg)
![](https://egmond.co.za/wp-content/uploads/2022/12/vers12-300x169.jpg)
KRY “VERSLAAF (2015 REMIX)” HIER
Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Die wind verwaai ‘n stilte wat nog duskant lakens lê. Jou oë se poele diep; trek my in net soos die ring. Jou soene sag en wilder as ek in jou arms lê. En ek weet weer vir ‘n feit al my jare se jolyt is geen match met ons se more nie. Dis ‘n deurmekaar geleentheid wat ek altyd sal onthou. Gister was jy ‘n verleentheid, en nou’s en verslaaf aan jou. Dis ‘n liefde onbeskryflik groot. Kom na die Grey Havens op my boot. Jaloerse oë beloer – blind en doof is ek en jy. Die storms net leë wolke, al die sterre wil jou hê. Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Jou voetstappe kom nader – jy’s die een wat ek wil hê.
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO