In mid Februarie 2021 word daar skielik afgekondig dat ‘n nuwe weergawe van Verslaaf, getiteld die “2021 Version”, as enkelsnit uitgereik gaan word. Tydens ‘n sosiale media veldtog word daar in die volgende week fotos vrygestel van die musiek video wat bevestig was as ‘n aangepaste weergawe van die 2020 “Video Remix”. Daar word verder gedeel dat die snit deel vorm van ‘n opkomende 10de herdenkings uitreiking van die 2011 album Ongevraagde “Hello”.
Die treffer is ‘n samestelling van al die beste dele van die Verslaaf uitreikings deur die jare. Die intro is byvoorbeeld soortgelyk aan die 2015 Remix, en die robot stemme van die 2020 “Video Remix” word behou in die eerste twee refreine.
Die outro is ook aangepas met die oorspronklike 2010 laer stem opnames wat nou vir die eerste keer apart gehoor kan word van die hoër oktaaf. Hierdie nuutste weergawe van Verslaaf word ingesluit op die album Ongevraagde “Hello” 2.0. Volgens Egmond is die doel van die 2.0 album om nuwe, beter en alternatiewe weergawes van die debuut album snitte uit te reik as ‘n opgedateerde album wat die mylpaal vier.
Die musiek video het sy premiere gehad middernag op 26 Februarie 2021. Dit is die eerste weergawe van die “Video Remix” wat op die laaste nippertjie in 2020 verander was na ‘n wit en swart weergawe. Die flitsende kleure, wat ook gebruik was in die Melkweg Reënboog video, was vir daardie rede destyds weggelaat sodat dit nie enige verwarring veroorsaak nie. Vir die 2021 weergawe, is die video nog verder aangepas en die kleur terug gebring.
Die video het sukses behaal op YouTube met meer as 4000 kykergetalle sedert dit vrygestel is.
KRY “VERSLAAF (2021 VERSION)” HIER
Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Die wind verwaai ‘n stilte wat nog duskant lakens lê. Jou oë se poele diep; trek my in net soos die ring. Jou soene sag en wilder as ek in jou arms lê. En ek weet weer vir ‘n feit al my jare se jolyt is geen match met ons se more nie. Dis ‘n deurmekaar geleentheid wat ek altyd sal onthou. Gister was jy ‘n verleentheid, en nou’s en verslaaf aan jou. Dis ‘n liefde onbeskryflik groot. Kom na die Grey Havens op my boot. Jaloerse oë beloer – blind en doof is ek en jy. Die storms net leë wolke, al die sterre wil jou hê. Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Jou voetstappe kom nader – jy’s die een wat ek wil hê.
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO