

Verslaaf was die sesde uitreiking vanaf die debuut album Ongevraagde “Hello” en het in Oktober 2008 op news24.com se musiek afdeling Channel24 sy debuut gemaak. Die enkelsnit was beskryf met “Fans of Modern Talking are going to go ga-ga over this Afrikaans synth-pop koeksissie off the heartbreaker’s new CD, Ongevraagde ‘Hello’.” Dit was ook in Oktober 2009 uitgereik as gratis download op Wildhorse.Co.Za.
Kort na die sukses van die Gee Voor Jy Groet musiek video in vroeg 2010, is daar ‘n plan uiteengesit vir ‘n Verslaaf musiek video. Die doel was om tydens die opkomende musiek videos (wat beplan was vir sy debuut album) footage op te neem wat vir die Verslaaf video gebruik sou word. Die idee was om Verslaaf as die laaste van die beplande musiek videos uit te reik wat sou bestaan uit gedeeltes wat met al die vorige videos se temas sou spog. Die opnames het begin tydens die verfilming van die As Jy Wil musiek video in Maart 2010. Maar weens skedule probleme het die opnames vir die Verslaaf gedeeltes nie plaas gevind tydens die opvolg video Dis Elektries nie. Die reeds voltooide opnames was toe in die laai geplaas en “vergeet”! Die oorspronklike video snippet wat opgeneem was is 10 jaar later uitgereik op YouTube in Maart 2020.
Tydens die renaisance van Egmond se vorige enkelsnitte in 2010/2011 het Verslaaf agtergebly en was die enkelsnit nie weer beskikbaar gestel nie. Dit is later op die grootste treffers album 1 Dosyn uitgereik as die 2015 Remix.
In laat April 2020, skaars ‘n maand nadat die 2010 footage bekend gestel is in sy oorspronklike vorm, verskyn die eerste fotos van ‘n nuwe musiek video vir Verslaaf. Die nuwe enkelsnit, wat deel gevorm het van die Remixed projek, word afgekondig as die “Video Remix”. Lees meer daaroor hier.






NOU BESKIKBAAR AS “VERSLAAF (VIDEO REMIX)” HIER
Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Die wind verwaai ‘n stilte wat nog duskant lakens lê. Jou oë se poele diep; trek my in net soos die ring. Jou soene sag en wilder as ek in jou arms lê. En ek weet weer vir ‘n feit al my jare se jolyt is geen match met ons se more nie. Dis ‘n deurmekaar geleentheid wat ek altyd sal onthou. Gister was jy ‘n verleentheid, en nou’s en verslaaf aan jou. Dis ‘n liefde onbeskryflik groot. Kom na die Grey Havens op my boot. Jaloerse oë beloer – blind en doof is ek en jy. Die storms net leë wolke, al die sterre wil jou hê. Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Jou voetstappe kom nader – jy’s die een wat ek wil hê.
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO