

Om die 20ste herdenking vieringe af te sluit word daar ‘n spesiale “20th Anniversary Edition” van die eerste Afrikaanse enkelsnit V’more uitgereik op 12.12.23, presies 20 jaar na die oorspronklike uitreiking.
Vir die okkasie, is die enkelsnit se oorspronklike omslag uit die argiewe gehaal en aangepas met die “20th Anniversary Edition” soos per die This Morning uitreiking in Augustus 2023.
Alhoewel die liedjie destyds as double A-side CD single met This Morning uitgereik was, was daar ook ‘n solo digitale uitreiking van die titelsnit sonder die Engelse weergawe, en vir die uitreiking is dieselfde benadering gevolg.
Die oorspronklike musiek video wat in Desember 2003 uitgereik was, en vir ‘n tydjie gebruik was vir promosie, word weer beskikbaar gestel op YouTube ter viering van die mylpaal in ‘n nuwe gerestoreerde form. Die nuwe weergawe sal op die herdenkings dag op YouTube om 9vm premiere.
Die enkelsnit se 2021 Remaster is weer verwerk om ‘n 2023 Remaster Single Edit in te sluit op die uitreiking, asook die voorheen onbeskikbare Studio Demo van Desember 2003.
Lees hier oor die oorspronklike enkelsnit se reis sedertien dit in 2003 uitgereik was, en later in 2011 weer sukses behaal het en ‘n top 5 treffer geword het met die hulp van ‘n nuwe musiek video.
PRE-SAVE “V’MORE” HIER
Ek sien jou – jy glimlag so blazé | En ek weet jou oë het geen berou | oor die tye saam met my | Dis verlate in my hart se koue kant | En die radio maak dit erger | Die musiek laat my verlang | En ek wonder: “Gaan die afstand langer bly?” | Seisoene vir die eensames | Ek’s vas al is ek vry | Jy’s die een vir my | Maar jy’s so ver weg | My denke stomp in dom geveg | Jy’t my getoor, my hart verloor | V’more | My boek van vergeet | Vergeef en aangaan | Is vol geskryf met jou mooi naam | Ek smag om jou weer vas te hou | V’more | Jou woorde hardloop rond hier in die wind | Maar jou stem bly hees, my foon te stil | Om die eensaamheid te vul | Dis waansin – die gevoel hier binne my | Die geheim is in bewaring | Maar ek wens ek kon jou kry | Na na na na na…
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO