2018

MELKWEG REËNBOOG KRY REMIXES ENKELSNIT

17 JAN ’18

Drie nuwe remixes word uitgereik.
Egmond stel ‘n remix enkelsnit bekend vir sy enkelsnit Melkweg Reënboog. Die enkelsnit, wat drie nuwe remixes van die treffer bevat, word uitgereik kort op die hakke van die liedjie se YouTube sukses waar dit reeds die eerste duisend kykergetal gehaal het.

REMIX VIDEO VIR MELKWEG REËNBOOG NOU UIT

1 FEB ’18

Die nuwe “Club Mix” kry ‘n musiek video.
Die nuwe remix enkelsnit van Melkweg Reënboog kry ‘n gepaardgaande musiek video vir die eerste snit, nl. die “Club Mix”. Die remix video, wat gebasseer is op die oorspronklike musiek video, is nou te sien op YouTube.

MELKWEG REËNBOOG IS #1 OP TREFFERS RADIO

9 FEB ’18

Treffers Radio se nuwe #1 in die Top 30.
Egmond se enkelsnit Melkweg Reënboog het gisteraand op Treffers Radio se Top 30 die nommer 1 posisie beklee. Die liedjie het ‘n verdere 4 plekke gespring nadat dit verlede week in die nommer 5 posisie was, en die week voor dit in die nommer 15 posisie gedebuteer het.

SKATKIS STEREO LYS MELKWEG REËNBOOG EN MEER OP SPEELLYS

13 FEB ’18

Skatkis Stereo plaas Egmond se musiek op hul speellys.
Afrikaanse radio stasie, Skatkis Stereo, het Egmond se nuwe treffer, Melkweg Reënboog, asook ‘n verskeie van sy ander treffers, op hul speellys geplaas. Skakel gerus in op Skatkis Stereo en vra jou gunsteling Egmond liedjie aan.

MELKWEG REËNBOOG OP HOSA RADIO

27 FEB ’18

Die liedjie is die week se “Aandagtrekker”.
Die enkelsnit Melkweg Reënboog het gisteraand op Hosa Radio gespeel as hierdie week se “Aandagtrekker” tydens die stasie se Top 25 program. Melkweg Reënboog staan nou ook die kans om die stasie se weeklikse Top 25 te haal en luisteraars en aanhangers word gemaan om te stem.

CALEDON FM LYS MELKWEG REËNBOOG EN MEER OP SPEELLYS

28 FEB ’18

Die Overberg se Nommer 1 Stasie lys Egmond op hul speellys.
CFM Overberg 89.3 het gisteraand Egmond se nuutste enkelsnit Melkweg Reënboog op hul speellys geplaas, saam met nog meer Egmond-treffers soos die onlangse dans nommer Better Days! Rig nou jou versoeke aan Caledon FM vir jou gunsteling Egmond liedjie deur hul te kontak op hul whatsapp lyn op 076 690 3689.

KOEBAAI MUSIEK VIDEO WORD VERFILM IN MOSAMBIEK

27 MAR ’18

Die nuwe musiek video word opgeneem in Pomene.
Die opkomende enkelsnit Koebaai se musiek video is vandeesweek opgeneem in die Mosambiekse eiland Pomene. Egmond het op Facebook ‘n video afkondiging gemaak dat die video verfilm was en dat dit einde Mei bekend gestel sal word. Daar is ook ‘n nuwe ‘agter die skerms’ video vrygestel met die eerste klanke van die opkomende liedjie.

MELKWEG REËNBOOG #3 OP HOSA RADIO

10 APR ’18

Die liedjie spring met 5 plekke in die Hosa Radio Top 25.
Die enkelsnit Melkweg Reënboog het gistraand op Hosa Radio in die nommer 3 posisie verskyn tydens die stasie se Top 25 program, waar dit laas week in die nommer 8 posisie was.

BETTER DAYS ON HOSA RADIO

23 APR ’18

EDM collab with Algorrid3m makes waves on HOSA Radio.
The dance smash Better Days, from Egmond’s 2017 EP Lights Blinding, is this week’s “attention grabber” for the English Top 10 on HOSA Radio. It was played twice during the show and will also be played every 100 minutes during the course of the next week on the station.

REËN AAN DIE BRAND STEEK #4 OP TREFFERS RADIO

4 MEI ’18

Reën Aan Die Brand Steek spring met 6 plekke op Treffers Radio.
Na Egmond se treffer Melkweg Reënboog in mid Februarie die nommer een posisie gehaal het op Treffers Radio, het die “flip side” van die double A-side enkelsnit op die stasie se Top 30 verskyn in die nommer 22 posisie. Hierdie week het die liedjie ‘n groot sprong gemaak en in die nommer 4 posisie verskyn, sy hoogste posisie nog.

BETTER DAYS #1 ON HOSA RADIO

28 MAY ’18

The single reaches the top position on the Hosa Radio Top 10.
The EDM collaboration with Algorrid3m, Better Days, hit the #1 position on HOSA Radio’s English Top 10. Last week the song stayed at the number 2 position for its second consecutive week, after it originally entered the Top 10 in the number 3 spot, climbed to number 2 and then fell to number 4 before skyrocketing to the number 1 position, making it Egmond’s first English #1 smash.

ONDERHOUD OP HOSA RADIO

30 MEI ’18

Eerste radio onderhoud vir 2018 op Hosa Radio.
Kort op die hakke van Better Days se sukses op die Hosa Radio Top 10 volg ‘n splinternuwe radio onderhoud met Egmond op die stasie wat nie ophou raas nie. Die onderhoud het vanaand 30 Mei uitgesaai vanaf 7 uur tot 8 uur en het verskeie van Egmond se treffers gespeel, insluitende DJJy’s In My Bloed en Gee Voor Jy Groet. ‘n Totaal van 7 van Egmond se treffers het tydens die onderhoud gespeel.

EEN DING MUSIEK VIDEO VERRAS

8 JUN ’18

Die iTunes Connect exclusive enkelsnit kry ‘n musiekvideo.
‘n Onverwagse plasing op Facebook het verlede week ‘n komiese tekenprent uitgebeeld van ‘n karikatuur wat verbasend na aan Egmond lyk met die subtitel “Kry jy koud?”. Natuurlik was die agtergrond toneel sneeu-bedekte landskappe, terwyl daar duidelik sneeu korrels geval het van bo. Hierdie was niks anders as die eerste kykie na die splinternuwe musiekvideo vir die Bial Remix van Een Ding (ft Arnaldo Suarez) wat vandag uitgereik word op You Tube. Die liedjie se video is op Instagram afgekondig.

“STERRE” SKRYF OOR KOEBAAI

1 JUL ’18

Die Afrikaanse vermaaklikheids webwerf gee ‘n voorsmakie van Koebaai.
Suid-Afrikaanse vermaaklikheids webblad STERRE het in die laaste week van Junie ‘n eksklusiewe kykie na die nuwe enkelsnit Koebaai op hul webblad gehad. Lees die volledige berig hier.

“STAGE & SCREEN” DEEL KOEBAAI VIDEO

11 JUL ’18

Top verhoog en skerm webwerf stel Koebaai video bekend.
Die briljante STAGE & SCREEN webwerf het vandag die nuwe musiek video vir Koebaai eksklusief op hul webwerf bekend gestel. Die artikel se tong-in-die-kies opskrif lees “Koebaai se Musiek Video sê Hello”. Kliek hier om die artikel te sien.

KOEBAAI MUSIEK VIDEO & ENKELSNIT KRY DEBUUT

12 JUL ’18

Die nuwe treffer Koebaai kry sy radio en video debuut.
Die splinternuwe enkelsnit het vandag sy offisiële premiere gehad op You Tube en 4 radio stasies. Die enkelsnit en album Sirkus Applous word in die volgende week uitgereik op iTunes.

Update 9 Aug ’18:
Skaars ‘n maand nadat die nuwe enkelsnit Koebaai se musiek video op You Tube bekend gestel is, kan dit reeds spog met oor die 20 000 kyker getalle. Dit maak Koebaai Egmond se populerste musiek video op You Tube en ook sy eerste wat die 20 duisend merk verby steek. Twee ander musiek videos het reeds die 10 000 merk verbygesteek het, nl. Better Days (ft Algorrid3m) en Kom Red My.

TREFFER MUSIEK LYS KOEBAAI

13 JUL ’18

Die Facebook vermaaklikheids bladsy lys die nuwe musiek video.
Treffer Musiek het gisteraand die musiek video vir Koebaai gelys op hul Facebook bladsy en hul followers gemaan om die liedjie met hul vriende te deel.

SIRKUS APPLOUS & KOEBAAI UITGEREIK VANDAG

15 JUL ’18

Die nuwe album en enkelsnit word vandag bekend gestel.
Egmond se tweede grootste treffers album, Sirkus Applous, sowel as die enkelsnit Koebaai, is van vandag af op iTunes te koop. Die nuwe musiek sal ook in die volgende paar dae beskikbaar wees op Google Play, Spotify en soortgelyke digitale platforms.

KOEBAAI AANDAG TREKKER OP HOSA RADIO

17 JUL ’18

Die nuwe enkelsnit nou in aanmerking vir Top 25.
Dae na die uitreiking van Koebaai kry die enkelsnit die geleentheid om die Hosa Radio Top 25 te betree. Die liedjie is gisteraand tydens die program gespeel as die week se “Aandag Trekker” en luisteraars kan nou stem vir die liedjie om in die Top 25 te kom.

KOEBAAI DEBUUT IN TREFFERS RADIO TOP 30

27 JUL ’18

Koebaai is nommer 24 op die Treffers Radio Top 30.
Egmond se nuwe enkelsnit het gisteraand sy debuut gemaak op Treffers Radio se Top 30 in die nommer 24 posisie.

KOEBAAI VIDEO OP “MYtv”

8 AUG ’18

MYtv plaas Koebaai musiek video op rotasie.
Die nuwe musiek video vir Egmond se enkelsnit Koebaai maak eerskomende Vrydag 10 Augustus sy debuut op die TV kanaal MYtv op StarSat. Die kanaal, voorheen bekend is ASTV, speel reeds sedert 2010 verskeie van Egmond se musiek videos. Die kanaal is nommer 460. Skakel in om die nuwe video van Koebaai op jou TV skerm te sien. Vir meer inligting oor MYtv, besoek www.mytv.co.za.

KOEBAAI #6 HOSA RADIO TOP 25

14 AUG ’18

Koebaai klim 2 posisies op Hosa Radio Top 25.
Egmond se nuwe enkelsnit het sy debuut gemaak op Hosa Radio se Top 25 in die nommer 18 posisie, en is skaars drie weke daarna reeds in die nommer 6 posisie.

EGMOND OP DIE VAN COKE SHOW

8 OKT ’18

Die Kom Red My musiek video draai in nuwe klets program.
Die tong-in-die-kies klets program, die Van Coke Show, met aanbieder Francois Van Coke, het ‘n gedeelte van die Kom Red My musiek video gespeel ten tyde van die eerste episode van die program wat op KykNet in vroeg Oktober 2018 begin draai het. Die paneel moes raai wat die volgende lirieke gaan wees, met skreeusnaakse antwoorde en kommentaar.

V’MORE KERSFEES REMIX UITGEREIK

31 OKT’18

Die enkelsnit featuring Glenda Millar is nou beskikbaar.
Nes Egmond se top 10 treffer Koebaai, word die nuwe enkelsnit V’more se Kersfees Remix bekendgestel as voorganger vir die Meer Sirkus Applous opvolg album. Die liedjie is soos 2017 se This Morning (Christmas For The Broken-Hearted) ‘n feesseisoen-mix gegee is. Die enkelsnit se omslag is die afgelope tyd bekend gestel in die vorm van ‘n legkaart nadat dit stuk vir stuk vertoon is totdat die volledige prentjie gewys het. Glenda Millar, wat op die oorspronklike enkelsnit ook agtergrond stemme gesing het, word ook op die liedjie gefeature. Die musiek video word more bekend gestel op You Tube.

DELUXE MEER SIRKUS APPLOUS NOU BESKIKBAAR

3 DES ’18

Die 15-stuk album is nou te koop.
Die nuwe deluxe weergawe van die treffer album Sirkus Applous word vandag bekendgestel op digitale platforms. Die album bevat 5 addisionele liedjies, asook ‘n nuwe remix van die treffer Kom Red My. Die album word uitgereik ter viering van Egmond se 15de herdenking in die industrie. Die ekstra liedjies sluit nog verdere treffers in van sy katalogus waaronder die Kersfees weergawe van V’more.

HOSA RADIO TOP 150 VAN 2018

28 MAY ’18

Drie Egmond treffers verskyn in die Top 100.
HOSA Radio het vandag hul Top 150 treffers van 2018 bekendgemaak. Drie van Egmond se enkelsnitte het daarop verskyn, almal in die Top 100 van die charts. Die liedjie Koebaai was in die nommer 97 posisie, gevolg deur Melkweg Reënboog in nommer 69, met Better Days ft Algorrid3m wat die nommer 30 posisie beklee het.