Die grootste treffers album sluit in 20 hoogtepunte, insluitende die Afri-Indie genomineerde Pyn (ft Kaley), en die nuwe treffer Ongelooflik (ft Kaley).

Ontdek waar alles begin het 20 jaar gelede. Die nuwe EPK vertel die storie van Egmond se begin in die musiek industrie met die enkelsnit This Morning, tot en met die nuwe treffer album Koeksister Pop, en die splinternuwe opname Ongelooflik (ft Kaley).

Kry die treffer album op CD vandag! Plaas jou bestelling per
e-pos vir ‘n getekende kopie van Koeksister Pop.

Met ‘n 8 bladsy boekie vol hoogtepunte oor die 20 treffers,
insluitende die nuwe enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley), is die
album ideaal vir enige musiek liefhebber se versameling.

CD prys R150.00
Sluit koerier dienste uit

Die Afri-Indie genomineerde pop-rocker is wéér terug op die radiospeellyste met ’n soeter-as-soetse koeksister-treffer, Ongelooflik, wat spog met die Australiaanse nagtegaal, Kaley, in dié Sandy Robbie produksie

Die eerste Afrikaanse enkelsnit kry ‘n 20ste herdenkings uitreiking om twee dekades te vier van Afrikaanse musiek en word vrygestel op 12 Desember 2023 op alle digitale platforms.

ONDERHOUDE

Die Afri-Indie genomineerde duet met Australiaanse nagtegaal Kaley is ‘n prag ballade met ‘n ryk geskiedenis.

WAT’S NUUS?

Kry al die nuutste skinner, verwikkelinge en onderhoude hier

Wie is Egmond?

Afrikaanse pop sensasie en koeksister rocker Egmond is reeds sedert 2003 op die musiek toneel met musiek video treffers en #1 liedjies wat opspraak maak en aandag trek regoor die wêreld.

Kyk maar na die verskeie vermaaklikheids webtuistes se voorblaaie wat hy reeds gehaal het die afgelope twee dekades, nasionale televisie wat sy videos speel en radio stasies waar hy luisteraars vermaak. Met digitale verkope oor die miljoen eenhede is daar iets uniek aan die veelsydige liedjie skrywer en sanger. Hy begin skryf aan sy eerste liedjie op 17 maar neem dit eers ses jaar later op.

MUSIEK VIDEOS

Geniet verskeie musiek videos, album playlists en meer op YouTube