Discography

Albums

17:28

Word uitgereik 2027

Egmond se nuutste studio album is tans in produksie en sluit die onlangste #1 treffer Aardbewing in, asook die opkomende enkelsnit Stop.

ULTIMATE!

Collectors LP/CD uitgereik 12 Desember 2025

Die album word ekslusief uitgereik as CD en LP, en bied luisteraars 4 verskillende weergawes om van te kies. Die versameling sluit in die #1 treffer Aardbewing, asook die radio gunstelinge Spookasem, Pyn en Ongelooflik. Dit is slegs as limited edition beskikbaar met 50 eksemplare per weergawe.

1 DOSYN REVISITED

Uitgereik 15 Augustus 2025

Nadat die oorspronklike treffer album in 2018 afgetree is om plek te maak vir die Sirkus Applous versameling, is daar steeds ‘n leemte gewees vir die groepie vroeë treffers wat die sanger se eerste 12 jaar saamgevat het. ‘n Opgedateerde weergawe is uitgereik met verskeie alternatiewe weergawes van die oorspronklike tracklisting om die 10de herdenking van die album te vier. Dit word ook as ‘n limited edition uitgereik op CD en LP.

KARNAVAL

Uitgereik 15 November 2024

Die EP sluit in die Top 10 treffer Spookasem en is ook uitgereik as Deluxe 10-stuk album met bonus snitte. ‘n Collectors LP & CD van die EP word in 2026 uitgereik.

KOEKSISTER POP

Uitgereik 30 Junie 2023

Die 20-stuk treffer album sluit in die nuwe opnames Ongelooflik, Pyn en Everything We Say featuring Kaley. ‘n Collectors LP & CD van die album word in 2026 uitgereik, met twee weergawes van die plaat beskikbaar.

SIRKUS APPLOUS ENCORE

Uitgereik 17 Junie 2022

‘n Opgedateerde weergawe van die treffer album sien die lig met nuwe treffer Encore (Op Die Radio), asook onlangste treffers Hello en Dis Elektries (ft Yolandi). ‘n Collectors LP & CD van die album word in 2026 uitgereik met nuwe remasters en alternatiewe weergawes van 5 treffers.

ONGEVRAAGDE “HELLO” 2.0

Uitgereik 3 Desember 2021

Die “2.0” weergawe van die debuut album word uitgereik in 2021 ter viering van die 2011 reissue se 10de herdenking. ‘n Collectors LP & CD van die album sal op die 5de herdenking laat in 2026 uitgereik word.

REMIXED

Uitgereik 9 Junie 2020

Die remix album sluit in 11 alternatiewe weergawes van bekende treffers, insluitende voorheen onbeskikbare weergawes, nuwe mixes en meer. ‘n Collectors LP & CD van die album word in 2026 uitgereik.

MEER SIRKUS APPLOUS

Uitgereik 3 Desember 2018

‘n Deluxe weergawe van Sirkus Applous word uitgereik met 5 bonus snitte ‘later die jaar’n paar maande na die oorspronklike album. ‘n Collectors LP & CD van die album word in 2026 uitgereik met ‘n opgedateerde looporde en snitte.

SIRKUS APPLOUS

Uitgereik 15 Julie 2018

Om die sanger se 15de jaar van musiek maak te vier word ‘n 10-stuk treffer album uitgereik met die nuwe treffer Koebaai. ‘n Collectors LP & CD van die album word in 2026 uitgereik.

LIGHTS BLINDING

Released 23 November 2017

The EP includes the #1 smash Better Days (ft Algorrid3m), the house-anthem Electric, and the debut single This Morning. The Collectors LP & CD was released in 2025 with an updated tracklisting, including the Sandy Robbie remake of Everything We Say.

NOG VUIL WASGOED

Uitgereik 31 Augustus 2016

Die susters projek op die Vuil Wasgoed EP sluit in die nuwe treffers DJ en Melkweg Reënboog in, asook die remakes van Kom Red My en Reën Aan Die Brand Steek. ‘n Collectors LP & CD van die oorspronklike album is in 2025 uitgereik en sluit die nuutste Remake van Jy’s In Paradys in.

1 DOSYN

Uitgereik 19 Augustus 2015

Die eerste treffer album vier ‘n dosyn jare in die industrie met 12 van die sanger se grootste treffers tot op hede. ‘n Opgedateerde Collectors LP & CD van die 2015 album word in 2025 uitgereik.

VUIL WASGOED

Uitgereik 4 Oktober 2014

Die beplande 2de studio album is as verkorte EP uitgereik met die treffers Vlieg (ft Yolandi), Paradys (ft Algorrid3m) en Kom Red My in. ‘n Deluxe Weergawe van die EP was ook vir ‘n tydperk beskikbaar. ‘n Collectors LP & CD is in 2025 uitgereik.

ONGEVRAAGDE “RITMES”

Uitgereik 29 Februarie 2008

Die “ekstras” album is dieselfde dag uitgereik as die debuut album. In 2012 word ‘n nuwe weergawe van die album vrygestel en sluit alternatiewe weergawes van verskeie debuut album snitte in, asook die remix van Ongelooflik. Die 2012 uitreiking van die album verskil van die oorspronklike 2008 weergawe. ‘n Extended Collectors LP & CD is in 2025 uitgereik.

ONGEVRAAGDE “HELLO”

Uitgereik 29 Februarie 2008

Die debuut album is in 2008 uitgereik. Na verskeie musiek videos in 2010 sukses behaal het, is die album weer uitgereik met ‘n nuwe weergawe van Dis Elektries (ft Yolandi). In 2011 sien die album finaal die lig met ‘n duet weergawe van Brug Lelies (ft Yolandi). ‘n Skrikkeljaar weergawe met 3 bonus snitte is uitgereik ter viering van die album se “derde skrikkeljaar” herdenking. ‘n Collectors LP & CD is in 2025 uitgereik.