Wie is Egmond?
Afrikaanse pop sensasie en koeksister rocker Egmond is reeds sedert 2003 op die musiek toneel met musiek video treffers en #1 liedjies wat opspraak maak en aandag trek regoor die wêreld. Kyk maar na die verskeie vermaaklikheids webtuistes se voorblaaie wat hy reeds gehaal het die afgelope twee dekades, nasionale televisie wat sy videos speel en radio stasies waar hy luisteraars vermaak. Met digitale verkope oor die miljoen eenhede is daar iets uniek aan die veelsydige liedjie skrywer en sanger. Hy skryf sy eerste liedjie op 17 maar neem dit eers op ses jaar later.






































In 2004 trek Mors, sy tweede Afrikaanse opname, aandag op Radios Pretoria en Laeveld. Sy debuut album Ongevraagde “Hello” volg in 2008, en lewer As Jy Wil as sy eerste #1 treffer op in 2009. Sy deurbraak kom egter in 2010 op ASTV (nou MYtv) met die Gee Voor Jy Groet musiek video. ‘n Opgedateerde weergawe van Ongevraagde “Hello” in 2011 lewer die treffer Dis Elektries (ft Yolandi) op wat 8 weke lank #1 kraai op Uitsaaines en 22 weke in die top 10 spandeer.
Vlieg is die opvolg duet met Yolandi wat laat 2011 en vroeg 2012 op verskeie radio stasies ‘n tuitse vind. Next Music teken Egmond as kunstenaar in 2013 en reik sy katalogus op digitale platforms uit, insluitende iTunes, Amazon en Spotify. Kom Red My premiere op Channel24.co.za in September met ‘n verrassende 11 000 kykers op You Tube. 2018 lewer die nommer 1 treffers Melkweg Reënboog en Better Days (ft Algorrid3m) op en laasgenoemde se musiek video raap 10 000 kykergetalle op You Tube. Die top 10 treffer Koebaai vanaf Sirkus Applous se musiek video word opgeneem in Pomene, Mosambiek. Die video sorg vir Egmond se terugkeer op MYtv en lok boonop 20 duisend kykers op YouTube. Die jaar eindig op ‘n hoogtepunt met Kom Red My wat op die kykNET program, die Van Coke Show, gespeel word.
‘n Dekade na die 2011 uitreiking van die debuut album sien Ongevraagde “Hello” 2.0 die lig met nuwe weergawes van Dis Elektries (ft Yolandi) en Hello (voorheen Gister). Encore (Op Die Radio) en die treffer album Sirkus Applous Encore land die sanger op verskeie vermaaklikheids voorblaaie in 2022, insluitend Maroela Media. Everything We Say se “The Sandy Robbie Remake (ft Kaley, Algorrid3m)” asook Pyn (ft Kaley) verskyn Desember 2022 as voorsmakie van Koeksister Pop. Die 20-stuk treffer album word 30 Junie 2023 uitgereik ter viering van die pop-rocker se 20 jare van musiek maak. Pyn word ‘n weghol treffer vroeg 2023 met radio onderhoude regoor Suid-Afrika, en word boonop benoem vir ‘n Afri-Indie Musiek Toekenning. Die kleurvolle opvolg enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley) speel op radio golwe regoor die land en bereik bykans 2 miljoen luisteraars. Gepaard met onderhoude en 6000 kykers wat die futuristiese musiek video op YouTube kyk, word dit ook ‘n top 10 treffer op Overvaal Stereo.
Die volgende dekade skop af met nuus dat die 2017 remix van Better Days gelys is op BBC6 se Don Letts Spotify Playlist. Na aanleiding van die onverwagte sukses word daar nuwe remixes uitgereik van Everything We Say wat regoor die land die radio golwe vermaak. Spookasem, ‘n nuwe soetsappige konkoksie, word Oktober 2024 uitgereik as voorloper vir die EP en album Karnaval. Die skouspel begin nou eers….
Next Music distrubeer Egmond se musiek op digitale platforms. Egmond word verteenwoordig deur Lydia Winchester. Vir meer besonderhede, kontak musiek@egmond.co.za.

