Nuus

ONDERHOUD OP RADIO OVERBERG
28 SEP ’23
Omroeper Anne-Marie Burger gesels weer met Egmond oor alles “ongelooflik”.
Om 10:15vm vanoggend het ‘n nuwe onderhoud op Radio Overberg 101.8fm uitgesaai tydens die program ‘Ommie Tafel’. Anne-Marie Burger, wat self een van die twee bekende omroepers is wat ‘n cameo in die nuwe enkelsnit maak, het gesels oor die nuwe treffer en die liedjie se geskiedenis. Besoek radiooverberg.co.za of luister hier na die onderhoud.

ONDERHOUD OP LEKKERFM
26 SEP ’23
Egmond kuier vir die eerste kuier op die lekker stasie.
‘n Nuwe onderhoud is vandag uitgesaai op LekkerFM 98.3 om 17:20nm. Die populêre omroeper Fanus Pienaar gesels met Egmond tydens die program ‘Huistoe Gaan Tyd’ oor die nuwe enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley), hoe hy balans hou met werk en musiek maak, asook die storie agter die Australianer Kaley se deelname. Skakel gerus hier in om te luister na LekkerFM, of besoek www.lekkerfm.com, en luister hier na die onderhoud.

ONGELOOFLIK STEEDS IN TOP 10 OP OVERVAAL STEREO
21 SEP ’23
Die nuwe treffer is steeds ‘n gunsteling op Overvaal Stereo.
‘n Maand nadat die nuwe enkelsnit sy debuut gehad het tydens ‘n onderhoud op Overvaal Stereo, staan Ongelooflik (ft Kaley) steeds sterk op die stasie se Top 10. Boonop is die polsende voetstamper in die Top 10 van beide die laaste week en die laaste maand! Luister aanlyn hier en versoek die nuwe treffer.
Onlangse onderhoude
Hoogtepunte

ONGELOOFLIK DEBUUT OP RSG

PYN BENOEM VIR AFRI-INDIE

ONDERHOUD OP MAROELA MEDIA