

Egmond het skaars Nee opgeneem, of ‘n familie besoek lewer ‘n titel op wat hy nog nooit gehoor het nie. Kort voordat hy huis toe vertrek het na ‘n besoek by sy broer, DP, en skoonsuster, Ryna, in Pretoria, noem hy dat hy vroeg in die kooi gaan wees. Sy “skonie”, soos hy haar noem, antwoord dat hy seker al teen 8 uur sy eerste droom sal download. Egmond sê dat hy omtrent sy kop omgeruk het van opgewondenheid toe sy dit sê. “Ek het nog nooit die uitdrukking gehoor nie, en het haar dadelik gevra om dit te repeat. Ek het sommer daar en dan gesê dat dit is ‘n great liedjie titel en dat ek iets gaan doen daarmee.”
‘n Week later sit Egmond voor die rekenaar met die titel en geen idee wat om te doen nie. Vertel hy, “die 17:28 album was klaar geskryf en al die liedjies gekies. So daar was nie rerig nodig vir enige nuwe musiek nie. Maar die titel het my so goed bekoor dat ek besluit het vandag sit en skryf ek iets nuuts.” Hy noem ook dat die skryf proses heeltemal anders was as die onlangse nuweling Nee. “Met Nee het ek ou onvoltooide musiek gevat en dit bymekaar gegooi. Die keer was daar niks meer oor wat onvoltooid was nie, en al het ek klomp ander liedjies gehad wat nog nie opgeneem was nie, het ek gedink vandag skryf ek iets van scratch af. En ek het. En ek was geskok oor die resultaat.”
Die demo was so vars en anders, dat Egmond daar en dan besluit het om dit op 17:28 te plaas. Dit het ook volgens hom die hele album afgesluit, maar dit ook verkort in ‘n EP in. Hy noem dat die 4 liedjies was almal met ‘n spesifieke storie geskryf, en almal pas in by mekaar om ‘n tydlyn te vorm van die volle verhaal. Die ander liedjies, alhoewel goed, het net nie meer gepas by die storie nie. Hy wou ook die liedjie as die 3de uitreiking vanaf die EP vrystel, maar is aangeraai om dit terug te hou as die finale verrassing. “Dit is maklik die beste ding wat ek nog gedoen het.”
Die liedjie word in Oktober opgeneem by Leon Barnardt.
Die enkelsnit sal op pre-order geplaas word deur ElasticStage en uitgereik word as CD-Single en 12″ Vinyl.
Droom Download se radio premiere sal weer by Kosmos Stereo plaasvind.
Release history
Streaming – 24 January 2027
CD-Single – 24 January 2027
LP-Single – 24 January 2027
Video stills – coming soon
“DROOM DOWNLOAD” IS OPPAD 24 JANUARIE 2027
Ek onthou nog die dag toe jy voor my hek gestop het | Met ‘n aura van goud en ‘n reënboog se silhouette | Ons het klippe gekou, kop gestamp maar weer gereboot | Want diep binne in jou was ‘n lig so strooisuiker soet | Kyk waar staan ons vandag | Aan die anderkant van die nag | En jou lippe nogsteeds sag | As jy my Gmails in wag – extra, extra!! | Voordat ek vanaand my eerste droom download | Wil ek vir jou se dat jy’s die peper vir my sout | Ek bestel jou bday gift sommer by Takealot | Skryf vir jou ‘n brief en teken hartjies agterop | Wanneer ek vanaand my laaste droom download | Hoop ek dat jy warm slaap al is dit vrek koud | More stuur ek iets vir jou na julle Lockers toe | In die boks my hart vermom soos iets wat jy kan proe | Dit was net nourie nag toe jy weer voor my hek gestop het | De ja vu waar jy staan met ‘n glimlag wat my kon red | Jy’t my hand vasgehou, en belowe dat jy terugkom | Ek die maan, jy die see, ‘n magneet wat klou, wondergom | Kyk waar staan ons vandag | Aan die anderkant van die nag | En jou lippe nogsteeds sag | As jy my WhatsApps in wag – extra, extra!! | Voordat ek vanaand my eerste droom download…
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO





