Nog voordat Stop die groot treffer geword het wat dit is, het Egmond by Kosmos Stereo se deure uitgestap na die enkelsnit vir die eerste keer op radio gespeel het, en geweet – nou gaan hy moet uithaal en wys. Vertel hy, “toe die onderhoud verby was het die wonderlike stasie bestuur Anna vir my gesê ek moet nog sulke musiek maak, en dat Stop groot gaan wees. Skielik het ek die pressure gevoel!”

Oppad huis toe het hy besluit dat die volgende dag, wat hy beplan het as ‘n af dag, besig gaan wees om die volgende enkelsnit te kies. Alhoewel hy reeds op Einde Van Die Begin besluit het, was die vrees daar dat dit nie sterk genoeg kan wees nie. “Die wete dat Stop ‘n impak gaan maak het my laat besef dis nou of nooit. Toe ruk ek die argiewe oop en begin krap en eksperimenteer.”

Dit was tydens die Sondag oggend sessie dat Egmond onthou het van drie onvoltooide liedjies. Die eerste, Span, was geskryf in 2022, maar hy kon nooit iets anders skryf wat daarby gepas het nie. Die tweede en derde melodiëe wat in 2004 geksyr was het nie een titels gehad nie, en terwyl een woorde gehad het, was die ander een woordloos en net ‘n klomp ‘na na na’s’. Die wysies was sterk genoeg, en een vir een het Egmond die drie liedjies aanmekaar geheg. Ewe skielik sit het met die splinternuwe treffer Nee.

“Ek het in trane uitgebars toe ek dit opgeneem het,” sê hy met trots. “Ek kon dit nie glo nie. Die drie ou stukkies musiek van toeka se dae het saamgesmelt met nuwe lirieke. Ek was so verbaas oor die resultaat, en ek het niks verder gedoen daardie dag nie – dit was nie nodig nie. Ek het die volgende enkelsnit gehad.”

Einde Van Die Begin is toe op sy geskuif om plek te maak vir Nee, wat die verhaal vertel van ‘n “missed connection”. Waar die inspirasie vandaan kom swyg die musikant. Hy bieg wel dat die nommers wat daarin geskryf is met opset gekies was, en dat die vyf, agt en twintig almal verwys na die album titel, wat onlangs in die snit Stop opgeduik het. Daar word ook verwys na die “vier nommers” op sy foon, wat 17:28 is soos uitgebeeld in die musiek video vir Stop. Selfs die stop straat waarna verwys word is ‘n direkte refleksie op die Stop enkelsnit.

Opnames is in vroeg Augustus begin by Leon Barnardt, wat pas teruggekeer het van Las Vegas af in die VSA. Egmond noem dat hulle reeds in Junie al die opname vasgemaak het, en dat hy beplan om die hele album by LB Produksies gaan voltooi. Egmond vertel dat hy ‘n addisionele keychange vir die snit geskryf het nadat hy na sy demo se eerste playback geluister het, om sodoende die storie agter die lirieke beter af te sluit en mense nie in die lug te laat hang oor wat gebeur het nie.

Al word Nee vroeg opgeneem, sal dit eers in November uitgereik word. Die musiek video sal ook deur Leon Barnardt vervaardig word.

Die enkelsnit sal op pre-order geplaas word deur ElasticStage en uitgereik word as CD-Single en 12″ Vinyl.

Nee se radio premiere sal weer by Kosmos Stereo plaasvind.

Release history

Streaming – 13 Nov 2026
CD-Single – 13 Nov 2026
LP-Single – 13 Nov 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) Nee
2) TBD

12″ VINYL Tracklisting

A1) Nee
B1) TBD

Video stills – coming soon

“NEE” IS OPPAD 13 NOVEMBER 2026

Vroeg op om ver te ry | Geel rose reg langs my | ‘n Tjoklit, tjips en bier | Vandag gaan ons iets vier | Na 85 dae | Is ek in 20 daar | Ek gaan jou hand vashou | Jou druk en styf vas klou | Tyd was wreed | Ek is gereed | Om die stop straat oor te steek | Ek kyk na die vier nommers op my foon | Wat aftel soos ‘n bom sonder ‘n droom | Die karre ry verby | Waar is jy? | Wag is dit jy? | Nee! | Ek hang in die parkering rond en hoop | Dat jy dalk by ‘n winkel gaan uitloop | Die mense stap verby | Waar is jy? | Wag is dit jy? | Nee! | En my hart skree | Dis tyd vir huiswaarts keer | Die les duur om te leer | Jy het gesê jy kom | Maar nou’s jou naam ook stom | Daar is ‘n kans dat jy | Dalk by die huis moes bly | Ek wil nog glo in jou | En eendag met jou trou | Tyd bly wreed | Ek’s nog gereed | Om die stop straat oor te steek. | Ek kyk op van die stilte op my foon | Ek sien jou in die sonlig soos ‘n droom | Die karre ry verby | Daar is jy! | Gaan jy verby?
Nee! | Jou arm is in gips, jou oë vol hoop | Die dokter wou sê “nee” maar jy’t geloop | Die mense gaan verby | HIer is jy! | Is ons verby? | Nee!| En my hart skree…

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO