Jy’s In Paradys (ft Slay) is die lead single vanaf die grootste treffers album 1 Dosyn en is ‘n collaboration met briljante musikant Slay. Die musiek video is bekendgestel op 1 Junie 2015 terselfde tyd as die iTunes release. Die liedjie is herdoop na ‘n besluit om ‘n alternatiewe weergawe van die treffer Paradys (vanaf die EP Vuil Wasgoed) in te sluit op die treffers album. Dié weergawe word gelei deur akoestiese kitaar. Stemwerk is opgeneem in April 2014. Die akoestiese kitaar word gespeel deur Sandy Robbie met agtergrond stemme deur Marc Skarda, wat ook die finale produksie voltooi het van die 2015 weergawe.

Die musiek video is ‘n kombinasie van “behind the scenes footage” van al Egmond se vorige 12 musiek videos, asook optredes en vertonings waar hy betrokke was. Oor die video sê Egmond: “Wat agter die skerms gebeur tydens video shoots is partykeer skreeu snaaks. Die idee van die video was om die kykie agter die skerms te omskep in ‘n kleurvolle montage. Die eerste keer toe ek myself op TV gesien het is ook ingesluit, asook verskeie ander opnames van videos wat nooit die cut gemaak het of gebruik was nie. Hoe om left-overs in iets besonders te omskep, so te sê.”

Die enkelsnit is voor die album te koop aangebied digitaal, en sluit die B-side DJ (Live) in, wat ook in samewerking is met die briljante EDM kunstenaar Slay. Die weergawe is uitgereik voordat die enkelsnit se studio weergawe beskikbaar gestel was. DJ was reeds veronderstel om in 2013 uitgereik te wees, maar is teruggehou. Die “Live” weergawe was dus die eerste keer wat ‘n weergawe van die liedjies aan gehore beskikbaar was.

Vir die 10de herdenking van die treffer album word ‘n remake van die liedjie uitgereik ter viering hiervan. Elemente van die Engelse weergawe Better Days is vir die nuwe remake gebruik, wat ‘n alternatiewe intro het. Volgens Egmond wou hy sedert die 2017 weergawe voltooi is ook die Afrikaanse weergawe hierdie behandeling gegee het. “Daar was elke keer iets anders wat voorgeval het, maar die geleentheid om iets anders te doen vir die 1 Dosyn Revisited projek het hierdie ideaal gemaak.” Die liedjie het wel sy kop reeds uitgesteek as ‘n verassing ‘n ‘n paar maande tevore as deel van die Karnaval Deluxe album. “Dit was aspris daar ingesluip,” terg Egmond.

Die digitale enkelsnit sluit ‘n interessante B-side in, wat die solo weergawe van die 2023 opname Ongelooflik is. Kaley, wat oorspronklik daarop verskyn het, asook die gas stemme wat tydens die pouses gesels het, verskyn nie in daardie weergawe nie.

‘n Musiek video word uitgereik saam met die enkelsnit op 1 Augustus 2025. Die video is mid Julie opgeneem. ‘n Lirieke video was ook uitgereik ‘n maand voor die enkelsnit vrygestel was. Skaars ‘n week na die musiek video verskyn staan dit reeds oor die 3000 kykergetalle op YouTube, en binne die eerste maand het dit duskant 8000 kykers gelok. Weens die sukses is die enkelsnit as die hoof weergawe van die liedjie uitgereik.

In Januarie 2026 word die offisiele CD-single uitgereik wat te koop is via ElasticStage. Die enkelsnit bevat 2 snitte, beide die 2024 Remake en die oorspronklike 2015 weergawe. Die omslag spog ook met die Algorrid3m logo. In Junie 2026 word die enkelsnit as ‘n limited edition 12″ Vinyl uitgereik op Elastic Stage.

Release history

Streaming – 1 Junie 2015
Streaming – 1 Augustus 2025 (2024 Remake)
CD Single – 30 Januarie 2026
LP-Single – 14 Junie 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) 2024 Remake
2) 2015 Version

12″ VINYL Tracklisting

A1) 2024 Remake
B1) 2015 Version

2015 Version video stills

2024 Remake video stills

STROOM “JY’S IN PARADYS” 2024 REMAKE HIER

Leë (T) strate om my al die huise staan ook leeg. Voel niemand naby; het die mensdom weg beweeg? Die lug is wolkloos en die wind het ophou waai. ‘n Stem roep woordloos en ek weet om om te draai. Kom vlug na waar ek wys. Hier’s son en sneeu en ys. En as jy kyk sal jy sien jy’s in paradys. Ervaar die see gesuis. Behels die groot paleis. En as jy sien sal jy weet jy’s in paradys. Geen wolkekrabbers, net ‘n enkel toring hoog. Hier’s iemand anders wat gly op ‘n mooi reënboog. Geen goudpot op sy net ‘n poel van silwer wyn. ‘n Stem roep na my en ek weet daar’s niks meer pyn.

Woorde: Egmond | Musiek: Egmond & Algorrid3m
© Kopiereg SAMRO